10 Gevaarlike “Cravings” – En Hul Oplossings

10 Gevaarlike “Cravings” – En Hul Oplossings

“Cravings” kan enige dieet se grootste vyand wees. 

 

Dit kan moeilik word om weg te bly van die verkeerde kosse wanneer die “cravings” te erg word.

Soms het “cravings” jou net lus om ‘n hap van ‘n groot, sappige burger te vat. Of om pizza te eet terwyl jy op die bank sit en fliek kyk. Of om ‘n stuk romerige sjokolade in jou mond te laat wegsmelt.

 

Hoekom kry ons “cravings”?

Dit is hoofsaaklik as gevolg van die liggaam wat ons smeek vir ‘n suiker of koolhidrate om ons energievlakke ‘n hupstoot te gee. Dit gebeur omdat ons so afhanklik van suiker as ons hoofbron van energie geword het. Suiker kom voor in meeste van die kosse wat ons deesdae eet, en is die maklikste manier vir die liggaam om vinnig brandstof te kry om te verbrand vir energie. Die probleem is dan dat die liggaam nie meer nodig het om gestoorde vette te gebruik vir energie nie, siende dat ons waarskynlik binnekort nog suiker gaan eet wat makliker is om te gebruik as energie. 

 

Wat is die mees algemene “cravings”? En wat kan ek in plaas daarvan eet?

  1. Roomys:

Roomys is ‘n klassieke slaggat in enige dieet – op flieks en in die regte lewe. Een enkele porsie roomys bevat omtrent 230 kalorieë. En wie stop na net een porsie?

Eet Eerder: Bevrore joghurt. Dit bevat minder vet en die helfte van die kalorieë. En deesdae kry ‘n mens ‘n onbeperkte klomp keuses van geure!

  1. Aartappelskyfies:

Hierdie kan ‘n absolute pes wees. As jy eers een geëet het, kan jy nie jou hand uit die pak hou nie. ‘n Klein pakkie aartappelskyfies bevat meer as 150 kalorieë. Dit kan regtig ‘n probleem word as jy jou gunsteling program op TV kyk terwyl jy weglê aan ‘n pak skyfies en ‘n bakkie doopsous.

Eet Eerder: Seldery of wortelstokkies. Hummus of avokado maak heerlike doopsouse en dit is die beste gesonde alternatief vir TV-kyk peuselhappies. 

  1. Sjokolade:

Mans wys dalk vinger en sê dat vroue daaraan skuldig is om groot hoeveelhede sjokolade in te prop om hul “cravings” in toom te hou. Maar ons weet dat hierdie mans in die geheim ook nou en dan weglê aan ‘n stafie soet, romerige sjokoladegenot.

Eet Eerder: Donker sjokolade. Dit is ‘n eenvoudige bederfie. Maak seker dit bevat ten minste 60% kakao – hoe meer, hoe beter. Hou ook by 1-3 klein blokkies per dag.

  1. Fliek Springmielies:

Springmielies wat sonder olie gemaak word, is ‘n gesonde peuselhappie wat min kalorieë bevat. Die springmielies wat by die fliekteaters verkoop word, is egter alles behalwe gesond. Dit word in ongesonde olie gespring. ‘n Groot houer fliek springmielies bevat nagenoeg 1000 kalorieë.

Eet Eerder: Soos reeds genoem, is springmielies wat sonder olie gemaak word, ‘n wonderlike peuselhappie. Gebruik natuurlike kruie en speserye vir geur.

  1. Pizza:

Ons hou almal van goeie Italiaanse pizza. Maar pizza voeg baie kalorieë by ons dieet. ‘n Sny pizza bevat tussen 250 – 350 kalorieë of selfs meer – hang af van wat jy alles daarop sit.

Eet Eerder: Maak jou eie pizza deur ‘n volgraan basis te maak. Sit dan gesonde groente en ‘n bietjie vleis bo-op, asook ‘n bietjie laevet kaas.

  1. Pasta:

Nog ‘n gunsteling van Italiaanse oorsprong is ‘n groot bak ryk, romerige pasta. Hoewel baie pastasouse taamlik ongesond is, is die grootste probleem egter die feit dat ons dit bo-op ‘n groot hoop verfynde pasta skep. Die koolhidrate hierin sal jou kalorie-telling die hoogte laat inskiet.

Eet Eerder: Volgraan pasta en sous met ‘n groente-basis.

  1. Slaptjips:

Dit kan baie moeilik wees om kos by ‘n restaurant te bestel en te sê dat jy nie slaptjips daarmee saam wil hê nie. Slaptjips bevat egter genoeg kalorieë om ‘n hele ete op sy eie te wees.

Eet Eerder: Probeer om soet te wees en (indien dit ‘n opsie is) eerder slaai of vrugte te bestel as bykos.

  1. Gesoute en Geroosterde Neute:

Dit is belangrik om te onthou dat nie alle neute goeie neute is nie. Neute wat gesout en gerooster is, kan baie vinnig die kalorieë laat saampak. En, soos met aartappelskyfies, kan dit moeilik wees om op te hou eet as jy eers begin het.

Eet Eerder: Rou amandels, okkerneute en pekanneute is baie gesonder, maar bevat steeds baie kalorieë, so hou dit in gedagte.

  1. Koffie:

Koffie self bevat min kalorieë. Die probleem is egter die suiker, volroommelk, room of selfs geklopte room wat ons by ons boeretroos voeg. Nadat jy dit alles bygevoeg het, sit jy dalk met ‘n koppie wat omtrent 400 kalorieë bevat. En dit maak jou nie eers versadig nie.

Eet Eerder: Die beste opsie is om koffie sonder melk of suiker te drink. As dit vir jou te drasties is, kies dan laevet melk of sojamelk en bly steeds weg van die suiker.

  1. Die 3-uur Peusel-aanval:

As jy gewoonlik smiddae lus is om iets by die kiosk te gaan koop, ervaar jy heel moontlik ‘n daling in bloedsuiker tussen etes. Ongelukkig is ‘n pakkie sjokoladekoekies net ‘n korttermyn oplossing – met boonop baie kalorieë.

Eet Eerder: Eet peuselhappies wat ‘n proteïen met heelgraan kombineer, soos ‘n laevet kaas op heelgraan kraakbeskuitjies. Gesonde peuselhappies kan “cravings” in bedwang hou en help dat jy by jou dieet hou.

 

So wat kan ek doen om “cravings” te keer?

  1. Eet Gesonde Peuselhappies

Cravings vind gewoonlik tussen etes plaas wanneer jy begin honger word. Om klein, gesonde peuselhappies tussen etes te eet kan die “cravings” help verminder. Maak seker dat jou peuselhappies nie meer as 200 kalorieë bevat nie. 

Goeie opsies is vars vrugte, ‘n hardgekookte eier of vars groente soos baba ertjies.

  1. Gaan Stap ‘n Ent

Dit is algemene kennis wat jy genoeg oefening moet inkry saam met ‘n gesonde dieet as jy jou figuur wil behou. Wat meeste mense egter nie weet nie, is dat ‘n kort entjie se stap (10-15 minute) jou “cravings” kan help wegneem. Maak net seker jy stap nie verby die lekkergoedmasjien nie!

  1. Lae-koolhidraat Dieet

Hoewel baie mense skepties oor lae-koolhidraat diëte is en daarna verwys as ‘n “foefie”, het studies egter al bewys dat mense wat so ‘n dieet al vir 1 – 2 jaar volg, wel baie minder “Cravings” het as ooit vantevore. Dit sluit ‘n lus vir soetgoed en koolhidrate sowel as vetterige kosse in. Gaan kyk gerus na die Manna Dieet vir ‘n volledige lae-koolhidraat gids.

  1. Manna Blood Sugar Support

Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…

Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit kan dan op sy beurt help om jou bloeddruk vlakke ook af te bring, en is dan ook baie goed vir gewigsverlies!

 

Hoe Manna Blood Sugar Support werk ?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
  • Neem dit “cravings” weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie No-Brainer aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!

 

Waar koop ‘n mens dit?

More articles

Leave a Reply