11 Verrassende Redes Vir Gewigstoename!

11 Verrassende Redes Vir Gewigstoename!

Wat gaan aan? Ek hou aan om gewig op te tel?

Indien jy meer kalorieë inneem, meer EET as gewoonlik, of minder beweeg (oefen) is dit nie ‘n verrassing dat jy gewig optel nie.  Die skaal se naald kruip al hoe meer na die regterkant toe! MAAR sê nou maar jy doen ALLES om gewig te verloor en jou gewig neem nog steeds toe? Kom ons kyk na verrassende redes vir gewigstoename.

 

Hier is 11 verrassende redes vir gewigstoename:

1. Tekort aan slaap

Daar is twee faktore aan die werk met slaap en gewigstoename.

Indien jy te laat gaan slaap is dit heel moontlik dat jy laat in die aand gaan eet, of heelwaarskynlik gaan peusel, en dit sal jou kalorie inname verhoog.

Die tweede rede is, wat gebeur wanneer jy ontneem word van slaap? Wat gebeur biochemies in jou liggaam? – Jou hormoon vlakke word versteur wat jou honger maak, en dit veroorsaak ook dat jy nie versadig voel na ‘n ete nie.

2. Stres? Spanning?

Wanneer die lewe se verwagtinge te intens raak draai ons liggame na oorlewing. Kortisol, die stres hormoon, word vrygestel wat die aptyt verhoog. En dan natuurlik is hoë kalorie trooskos baie keer ‘n uitweg om die stres te hanteer. Hierdie kombinasie is die perfekte groeiplek vir gewig!

Leer hoe jy maklik gewig verloor as ook veilig..

3. Antidepressante

‘n Onaangename newe effek van die meeste antidepressante is gewigstoename! Gesels met jou dokter oor moontlike verandering aan jou behandelingsplan, indien jy dink dat jou medikasie jou gewig laat optel. Maar MOENIE self jou medikasie stop of aanpas nie.

Daar is wel party mense wat gewig optel na die begin van die gebruik van DIE medikasie, net eenvoudig omdat hulle beter voel, en dit lei tot ʼn verhoging in aptyt. Depressie opsigself kan ook veranderinge in jou gewig meebring.

4. Steroïde

Anti-inflammatoriese steroïde medikasie soos prednisoon is berug vir newe effekte wat gewigstoename insluit. Water retensie en ‘n verhoogde aptyt is 2 van die hoof newe-effek.  Alhoewel gewigstoename algemeen is met die gebruik van die medikasies is die intensiteit daarvan na aanleiding van die dosis wat jy neem en vir hoe lank.

Daar is wel ‘n tydelike verdeling van vet as gevolg van hierdie medikasie, en dit gaan na liggaamsdele soos die nek, gesig en maag.

5. Medikasie wat gewigstoename vermeerder

Daar is heelwat voorgeskrewe medisyne wat verbind kan word met gewigstoename.  Dit sluit in antipsigotiese middels wat voorgeskryf word vir die behandeling van skisofrenie en bi-polêre steurnisse, asook medikasie wat voorgeskryf word vir die behandeling van migraine, stuiptrekkings, hoë bloeddruk en diabetes.

Werk saam met jou dokter en vra of daar ‘n medikasie is wat jou simptome kan behandel maar met minder newe effekte.

Leer meer oor 12 Dieet Foute en hoe om dit te voorkom…

6. Moenie die PIL blameer nie!

Teenstrydig met die algemene siening is daar ‘n tekort aan bewyse dat kombinasie geboorte beperking pille (estrogeen en progestien) volgehoue gewigstoename verhoog!  Daar is wel vroue waarby gewigstoename kan voorkom wat ‘n kombinasie pil neem, want dit lei tot  water retensie. Dit is gewoonlik van korte duur. Gesels met jou dokter vir meer inligting hieroor.

7. Hypo-thyrodisme (Hypothyroidism)

Indien jou skildklier nie genoeg hormone produseer nie kan jy moontlik moeg, flou en koud voel EN jy kan gewig optel. Sonder genoeg hormone wat deur die skildklier geproduseer word sal die metabolisme stadiger word en gewigstoename heelwaarskynlik vermeerder.

Indien jou skildklier selfs onderaktief is met die produsering van hormone kan dit OOK gewigstoename veroorsaak. Deur die toestand te behandel met medikasie kan help om gewig te verloor.

8. MOENIE menopouse blameer nie!

Daar is wel vroue wat gewig optel gedurende menopouse, maar hormone is heelwaarskynlik nie al wat daartoe bydra nie. Ouderdom maak die metabolisme stadig en minder kalorieë word verbrand, jou leefstyl verander ook want soms oefen jy minder. Tydens menopouse versamel vet gewoonlik rondom die middel en nie rondom die heupe en dye nie.

9. Cushing se Sindroom

Gewigstoename is ‘n algemene simptome van Cushing se Sindroom, ‘n kondisie waar jy blootgestel woord aan die hormoon kortisol, wat ook dan gewigstoename veroorsaak en ander abnormaliteite. Hierdie sindroom kan voorkom wanneer jy steroïde vir asma, artritis en lupus gebruik. Dit kan ook voorkom wanneer jou adrenalien kliere te veel van hierdie hormoon produseer. Die gewigstoename kan in die geval van DIE sindroom rondom die gesig, nek en die rug, asook die middel voorkom.

10. PCOS – Polycystic Ovary Syndroom (Polisistiese Eierstok Sindroom)

PCOS is ‘n algemene hormonale probleem wat voorkom onder vroue gedurende hul vrugbaarheidsjare. Die meeste vroue met PCOS kan ‘n klein sist of ‘n paar aan die eierstokke ontwikkel.  Hierdie toestand lei dan tot ‘n hormoon wanbalans wat ‘n vrou se maanstonde  kan affekteer en kan lei tot buitengewone liggaamshare en aknee.

Vroue met die toestand is insulien weerstandig en dit kan natuurlik lei tot gewigstoename. Die gewig sit veral aan rondom die abdomen wat vroue se risiko verhoog tot hartsiektes.

11. HOU OP ROOK!

Oor die algemeen tel mense wat ophou rook minder as 5kg op! Hoekom? Want sonder nikotien:

      • Jy ervaar ‘n vermindering in jou metabolisme sonder om jou kalorie inname te verminder.
      • Kan jy hongerder voel en meer eet. (Dit sal wel weggaan na ‘n paar weke.)
      • Jy vind dat kos lekkerder smaak en dit kan lei tot ooreet!
      • Jy eet meer peuselhappies met hoë vet en wat ryk is aan suiker en jy kan ook meer alkohol drink.  

 

Indien jy gewig optel volg ‘n paar riglyne:

  • Moenie ophou om jou medikasie te neem alvorens jy met jou dokter gesels het nie. Besef die belangrikheid van jou medisyne, dit mag van lewensbelang wees vir jou gesondheid.
  • Moenie jouself vergelyk met ander mense wat dieselfde medikasie as jy neem nie. Nie alle mense ervaar dieselfde newe effekte met dieselfde medisyne nie. Medisyne wat een persoon laat gewig optel kan die volgende een wel laat gewig verloor. Gesels met jou dokter!
  • Moenie paniekerig raak indien jou gewigstoename as gevolg van water retensie is nie, DIT is nie permanente gewigstoename nie. Wanneer jy jou kursus medikasie voltooi het en jou mediese kondisie onder beheer is sal die opgeblase gevoel van water retensie verdwyn. Hou by ‘n lae natrium dieet om water retensie teen te werk.
  • Gesels met jou dokter oor ander medikasie wat jy kan gebruik.  In heelwat gevalle kan jy wel ander medisyne gebruik met minder newe effekte.
  • Neem tyd om jou metabolisme aan die werk te kry indien jou medikasie jou metabolisme se werking beïnvloed. Hou aan met oefen! 

 

Ons beveel die volgende aan:

Vir vinnige en effektiewe gewigsverlies volg die dieet program in die GRATIS Manna Weight Loss e-book.
Neem die Manna Blood Sugar Support tablette met elke maaltyd om jou bloedsuiker vlakke en aptyt te beheer.
Albei hierdie produkte kan saam met enige dieet program gebruik word. Gebruik ook die Manna F.A.T Burner en doen oefening om jou metabolisme te versnel en vet vinniger te verbrand. Jy kan wel hierdie produk saam met jou medikasie gebruik!

More articles

Leave a Reply