Die Eerste Simptome van Tipe 2 Diabetes

Die Eerste Simptome van Diabetes

This article is also available in English

Baie mense ly aan tipe 2 diabetes sonder dat hulle dit eers weet. 

 

Dit is hoekom dit so nood belangrik is om dit in die vroeë stadium raak te sien en vas te vat. 

Hoe vroeër ons dit raaksien, hoe makliker is dit gewoonlik om dit onder beheer te bring en dit effektief te behandel voordat dit ernstige skade verrig. Diabetes kan enige iemand beetkry, so almal moet maar op die uitkyk wees vir hierdie simptome…
In sommige gevalle kan die simptome stadig, oor ‘n lang tyd ontwikkel. Maar in ander gevalle kan dit skielik te voorskyn kom.

 

Wat ook al die geval mag wees, hier is die 5 mees algemene simptome van diabetes…

  1. Konstante dors

Die bogenoemde proses lei tot die dehidrasie van die liggaam, wat sodoende ‘n konstante dors veroorsaak.
Wanneer ons dan meer vloeistof inneem om die dors te les, vererger dit net die urinering soos genoem in die vorige punt. 

  1. Gereëlde urinering

Diabetes veroorsaak dat oortollige glukose (suiker) opbou in die bloedstroom. Dit veroorsaak dat die niere harder moet werk om die oormatige hoeveelheid glukose te filtreer en te absorbeer.
As die niere nie kan byhou met die verwerking van al die glukose nie, word die oortollige glukose, sowel as vloeistowwe wat uit die liggaamsweefsel getrek word, uitgeskei deur urinering. Dit veroorsaak meer gereelde urinering as normaal.

  1. Onduidelike Visie

Onduidelike visie is dikwels ‘n teken van diabetes. Dit is as gevolg van dehidrasie oor ‘n lang tydperk waar hoë bloedsuiker vlakke die vloeistof uit die ooglense trek. Dit veroorsaak dan dat die oë nie behoorlik kan fokus nie. As dit nie behandel word nie, kan diabetes die retina beskadig en lei tot verswakte visie of self blindheid.

  1. Moegheid

Dit is so ‘n moeg, uitgeputte gevoel waar jy fisies en soms selfs emosioneel swak voel. Dit word veroorsaak deur meer as een faktor.
Faktore sluit in: die konstante urinering en daaropvolgende dehidrasie, asook die liggaam se onvermoë om te werk soos dit moet omdat suiker nie behoorlik gebruik word om energie te produseer nie. 

  1. Brandende of seer voete

As dit voel asof jy op kole loop of asof jy heeldag op spykers gestaan het, kan dit ‘n baie duidelike teken wees van diabetes en diabetiese senuwee skade.

Raad vir brand voete…

 

Watter ander simptome van diabetes is daar? 

  • Droë mond

Dit is nog ‘n gevolg van die dehidrasie soos voorheen genoem, waar die gebrek aan vloeistof in die liggaam lei tot ‘n droë gevoel in die mond.

  • Onverklaarbare Gewigsverlies

Diabetes lyers verloor soms gewig, selfs al eet hulle die heeltyd. Dit lei tot gewig veranderings waar mens die heeltyd gewig verloor, dit optel, weer verloor, en so duur dit dan voort.

  • Hoofpyn

Diabetes kan weens verskeie redes (Dehidrasie, oog probleme,. bloeddruk, ens.) gereeldehoofpyn veroorsaak.

  • “Vrugtige” Asem

Omdat suiker nie behoorlik in die selle opgeneem word weens die ondoeltreffendheid van insulien nie, gebruik die liggaam eerder vet om energie te produseer. ‘n Spesifieke tipe ketoon, asetoon, veroorsaak dat die asem ‘n “vrugtige” reuk het, amper soos dié van naellak verwyderaar.

  • Altyd Honger

Dit is veral duidelik as mens nog honger is selfs direk na ‘n maaltyd.
Insulien help met die vervoer van glukose na die liggaamselle. Wanneer die selle meer bestand is teen insulien, kan glukose nie die selle bereik nie en word die selle van glukose en ontneem. 

  • Stadige Genesing van Sere en Kneusplekke

Dit is as gevolg van die hoë bloedsuiker vlakke wat die senuwees beskadig en dan sodoende die bloedsomloop verswak. Dit kan veral opgemerk word op die bene en voete.

  • Gis infeksies

Diabetes kan baie infeksies soos gis infeksies, vel infeksies, urine infeksies, of tandvleis- en mond infeksies veroorsaak. Dit is as gevolg van diabetes wat die bloedsomloop en senuweestelsels beskadig.

  • Jeukerige Vel

Die mees algemene vorm van hierdie jeukerigheid kom gewoonlik in die vaginale- of lies-gebied voor. Oorsake van die jeuk kan infeksie, droogheid, of swak bloedsomloop wees. 

  • Prikkelbaarheid

Dit word veroorsaak deur die veranderinge in bloedsuiker vlakke, siende dat dit dikwels kan buierigheid of selfs net ‘n verandering in ‘n mens se bui veroorsaak.

  • Gevoelloosheid of Tinteling in die Ledemate

Hoë bloedsuikervlakke kan ‘n tintelende gevoel in die arms, bene, hande, en voete veroorsaak as gevolg van skade aan die senuweestelsel. Dit staan bekend as neuropatie. Hierdie simptoom verskyn dikwels eers na ‘n paar jaar, en as dit dan dus een van jou simptome is beteken dit jy moet DRINGEND iets aan jou bloedsuiker vlakke doen.

  • Erektiele disfunksie of impotensie

Tipe 2-diabetes kan seksuele verwante probleme veroorsaak wat die seksdrang beïnvloed, erektiele disfunksie by mans veroorsaak, en probleme, ongemak of pyn tydens seks vir vroue veroorsaak.
Dit is weereens weens beskadigde senuwee- of bloedsomloop stelsels wat tydens seksuele omgang belangrik is.

  • Vel Probleme

As gevolg van die dehidrasie is vel irritasie baie algemeen. Bakteriese infeksies en swam infeksies is algemene probleme onder diabetes lyers.

 

Wat moet ek doen as ek een of meer van hierdie simptome het?

As jy hierdie simptome ervaar is dit tyd om dringend aksie te neem en jou bloedsuiker vlakke onder beheer te kry! Dit help dan om diabetes met al sy simptome te bestry deur die wortel van die probleem aan te spreek. Hoe beheer ek my bloedsuiker vlakke? Die beste manier om jou bloedsuier vlakke onder beheer te kry is deur gesonde, volhoubare leefstyl besluite te neem en daarby te hou. 

 

Gratis Diabetes eBoek vir meer hulp

Om jou te help om diabetes beter te verstaan, en om jou te help on dit onder beheer te kry, laai ons gratis Diabetes eBoek af. 

 

Hoe kan ek my bloedsuiker vlakke onder beheer kry?

  • Eet reg en gesond

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

  • Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter. Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel. Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstandsoefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

  • Neem Manna Blood Sugar Support 

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

Manna Blood Sugar Support 180

Manna Blood Sugar Support

‘n Natuurlike manier om gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun

Manna Blood Sugar Support is die enigste organiese aanvulling vir bloedsuikerondersteuning, wat saam met enige ander medikasie gebruik kan word. Die beheer van bloedsuikervlakke kan help om diabeetverwante probleme te voorkom, insulienweerstandigheid teë te werk of heeltemal te stop en gesonde gewigsverlies aan te help.

Manna Blood Sugar Support information is also available in English

Manna Blood Sugar Support is beskikbaar by

5/5

“For diabetes, Manna is a blessing from heaven. It really drops glucose levels without taking those prescribed chemicals that have side effects. It is a whole food, 100% natural and without side effects. Try it! You will see the results.”

David Nlai

Blood Sugar Support Bestanddele

Die Manna Blood Sugar Support se hoofbestanddeel is ‘n unieke mengsel van meel wat van die peule van die Prosopis-boom afkomstig is. Die boom groei in die harde, dorre Noord-Kaapprovinsie. Die spesiale kombinasie van noodsaaklike suikers, dieetvesel, minerale en proteïene bring mee dat hierdie produk beter is as enige ander bloedsuikerondersteunings-produk op die mark.

Hoe werk dit?

Wanneer dit saam met kos geneem word, bind die aanvulling aan die kos in die maag. Die produk help om die glukemiese indeks van die kos en drinkgoed wat jy verbruik met tot 43% te verminder.

Kortom, dit help om energie te vertraag.

Voordele van Manna Blood Sugar Support

  • Help om bloedsuikervlakke stabiel te hou
  • Hou jou meer versadig ná ’n maaltyd, wat beteken dieselfde maaltyd kan jou baie verder neem en veroorsaak dat jy minder eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
  • Help om hoë insulienvlakke te verlaag
  • Help om eetlus te beheer
  • Help om energievlakke konstant te hou
  • Selfs bloedsuikervlakke kan help om diabetiese gesondheidskomplikasies te voorkom
  • Help om hoë bloeddruk te verlaag
5/5

“The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS!”

Liana

Wie kan Manna Blood Sugar Support gebruik?

Tipe 2 Diabete

Hierdie produk help om gelyke bloedsuikervlakke te handhaaf. Normale bloedsuikervlakke kan gesondheidskomplikasies, as gevolg van diabetes, voorkom.  Manna Blood Sugar Support is dus een van die beste diabetiese aanvullings.

Diegene wat gewig wil verloor

‘n Kalorie-ryke dieet is die hoofoorsaak van oorgewig. Ongebalanseerde bloedglukosevlakke veroorsaak dat mens ooreet. Deur die verkeerde soorte kos te eet, styg bloedglukosevlakke te vinnig en daal dit net so vinnig, wat veroorsaak dat jy weer honger word. Stabiele bloedglukosevlakke kan help keer dat mens ooreet en kan jou eetlus onderdruk. Sodoende sal jy natuurlik minder eet.

PCOS-lyers

Polisistiese ovariumsindroom en sindroom X is siektes wat gereeld saam in die liggaam gevind word. Omdat PCOS nou erken word as 'n risikofaktor vir die ontwikkeling van diabetes, word dit aanbeveel dat vroue met die siekte gereeld ondersoek word om vas te stel of sindroom X voorkom en sodoende vroeg kan begin met behandeling. Hierdie produk kan help om gelyke bloedglukosevlakke te handhaaf.

Mense met hoë cholesterol

Hoë bloedsuiker is 'n risikofaktor vir hoë LDL-cholesterolvlakke en lae HDL-cholesterolvlakke, volgens die Mayo Clinic. Diabetes verhoog jou risiko van slegte cholesterol, veral wanneer die siekte onbeheerbaar is en jou bloedsuiker gereeld hoog is. Hoë glukosevlakke in die bloed beskadig ook jou slagare se voerings. Stabiele bloedsuikervlakke is dus baie belangrik om hoë cholesterol te voorkom.

Diegene wat aan lae bloedsuiker ly

Lae bloedsuiker (hipoglisemie) is die gevolg van verskeie faktore, insluitend dieet, sommige medikasie en siektes, en oefening. Manna Blood Sugar Support help om jou bloedglukosevlakke stabiel te hou en kan dus 'n skerp daling in bloedglukosevlakke voorkom.

Diegene met ADHD

Stabiele bloedglukosevlakke kan ’n skoolkind help om te konsentreer en kan ‘n volwassene deur daardie lang oggendvergadering help. Lae GI-voedsel (proteïene en komplekse koolhidrate) is die ideale voedsel vir 'n persoon met ADHD. Daarom is Manna Blood Sugar Support, die ideale aanvulling, want dit help om bloedsuikervlakke stabiel te hou.

Swanger / Borsvoedende Vroue

Diabete wat swanger is of borsvoed kan nie medikasie neem om hul bloedsuikervlakke te beheer nie. Manna Blood Sugar Support is een van die min natuurlike produkte wat 100% veilig en voordelig is vir ma en kind tydens swangerskap en tydens borsvoeding.

Kinders

Kinders so jonk as 2 jaar oud kan Manna Blood Sugar Support begin gebruik, want dit is 100% veilig en word as 'n heel kos beskou.

5/5

“I have been buying Manna Blood sugar support for a few years now. My blood sugar levels have stabilised. Excellent product. Service delivery, unbelievable.”

Chris

Koop Manna Blood Sugar Support aanlyn nou!

maar wat sê die mense van Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is beskikbaar by

5/5

“An excellent product that I have been using with confidence for over 10 years. Unbelievable service delivery. Thank you!”

George Slater

Navorsing, studies en kliniese proewe

Die aktiewe bestanddeel in Manna Blood Sugar Support is getoets by:

  • Die Universiteit van die Vrystaat (dieetkunde departement)
  • Die Universiteit van Pretoria (dieetkunde departement)
  • Die Glykemiese Indeksstigting van Suid-Afrika (2005 & 2009)
  • Die Mediese Navorsingsraad van Suid-Afrika, gepubliseer in:

– Journal of Ethno pharmacology 137 (2011) 298– 304

– CARDIOVASCULAR JOURNAL OF AFRICA · Vol 24, No 2, Maart 2013)

Korrekte Dosis

Navorsing het getoon dat jy 2 kapsules (tablette in die vorm van kapsules) met elke maaltyd moet neem om optimale bloedsuikervlakke te handhaaf.

Volwassenes: 2 kapsules x 3 maaltye = 6 kapsules/dag

Kinders: jonger as 5 jaar kan slegs 1 kapsule per maaltyd neem. (3 per dag)

Let wel: Neem die produk altyd saam met voedsel.

Kan ek Manna Blood Sugar Support met my huidige medikasie gebruik?

Manna Blood Sugar Support is een van die min aanvullings, wat sonder newe-effekte saam met enige ander medikasie gebruik kan word.

Jy kan die produk saam met jou huidige diabetiese medikasie gebruik, maar moet jou bloedglukosevlakke noukeurig monitor, want die vlakke kan te laag daal.  Wanneer vlakke daal, raadpleeg asseblief jou mediese praktisyn om jou diabetiese medikasie aan te pas indien nodig.

Hoe veilig is Manna Blood Sugar Support?

Na die maalproses word die meel deur ‘n onafhanklike mikrobiologie laboratorium ontleed en getoets vir enige giftige materiale, soos aflatoksiene, swaar metale, swamme en gis. Die finale produk word in ‘n GMP farmaseutiese fasiliteit vervaardig, weer getoets vir veiligheid, doeltreffendheid en stabiliteit.

Alle produkte word in HDPE-houers verpak en vir jou veiligheid verseël.

5/5

“Very happy I discovered the MANNA Blood Sugar Support, it made the biggest change in my Partner’s life, he cut on all of his prescribed tablets and using only the Manna Blood Sugar support, doing daily sport and eating healthy. It is an amazing product. Thank you.”

Estelle du Plessis

Koop Manna Blood Sugar Support aanlyn nou!

Manna Blood Sugar Support is beskikbaar by

5/5

“Was told by endocrinologist that I would never be able to give up insulin but it was making me very sick and I was housebound. After 18 months I tried Blood Sugar Support and it is totally successful. Readings are now between 5 and 7 and I feel like a new person. Thank you”

Anne

More articles

Leave a Reply