10 Gesondheid Foute Wat Mans Maak

10 Gesondheid Foute Wat Mans Maak

Net omdat ons mans is, beteken dit nie ons is immuun teen al die bekende en onbekende kwale en gesondheidskwessies op die planeet nie.

 

Hier is ‘n 10 algemene gesondheid foute wat ons moet voor uitkyk en in gedagte hou…

  1. Die Dokter vermy

Jy weet reeds hoe om ‘n paar kilogram te verloor en dus sny jy op die bier en aartappelskyfies. Wat meer is, jy voel goed. Mans is slim as dit kom by redes om nie dokter toe te gaan nie. Maar een van die belangrikste dinge wat jy kan doen vir jou gesondheid is om ‘n afspraak by die dokter te maak, en daarvoor op te daag!

  1. Dink Jy Kan nie ‘n Hartaanval kry nie

Die “Groot Een” is iets waaroor meeste mans bekommerd is vir hul pa’s of oupas. Maar die gevaar is ook daar vir jonger mans. As daar hartsiektes in jou familie is, kan dit jou selfs in jou 30s tref. Maak nie saak hoe oud jy is nie, maak ‘n punt daarvan om jou hart goed op te pas.

  1. Ignoreer dit as jy gesê word jy snork

Saag jy snags balke? Omtrent die helfte van mans wat snork het iets wat obstruktiewe slaap-apnee genoem word. Dit is meer as net iets wat jou bedmaat irriteer. Hierdie toestand kan jou vir ‘n paar sekondes laat ophou asemhaal. Dit hou ook verband met hartsiekte en hoë bloeddruk.

Leer wat die Effekte van die Lae Testosteroon is…

  1. Vermy Sonskerm

Ons praat nie net van gholf- of stranddae nie. Jy moet elke keer wanneer jy uitgaan ‘n produk met ‘n SPF van 30 of meer aansmeer om velkanker te voorkom. Meeste mans smeer dit nooit op hul gesigte of enige ander deel van hul liggaam nie. Beskerm jouself.

  1. Weier om Hulp te Kry vir Impotensie

Moenie skaam wees nie. Probleme in die slaapkamer het niks met jou manlikheid te doen nie. Die kans is goed dat dit ook nie met jou gemoedstoestand te doen het nie. Die hoofoorsaak van impotensie is gewoonlik ‘n gebrek aan bloedvloei na die penis. Dit kan ook ‘n teken van hartprobleme wees, so skuif jou trots eenkant en sien die dokter.

As jy weet jy het nie hartprobleme nie, probeer die Manna T-Boost saam met die Manna Blood Circulation Support om hierdie slaapkamerprobleme te help oplos.

  1. Drink die Mistroostigheid Weg

Meer vroue as mans raak depressief. Dit is deel van die probleem – die idee dat dit ‘n “vroueprobleem” is, verhoed dat die meer as 6 miljoen mans wat dit het, gaan hulp soek. As gevolg hiervan wend meer mans hulle tot dwelms en alkohol om hulle beter te laat voel. Dit maak die depressie soveel moeliker om raak te sien – en te behandel. Kies eerder oefening en ‘n natuurlike produk soos Manna Calmer (volwasse of ekstra weergawe) om stress en depressie hok te slaan.

  1. Gaan Saam met die Vloei

Hoeveel keer het jy vandag die badkamer besoek? Regtig, wie het tyd om telling te hou? Miskien moet jy. As jy meer as agt keer per dag of meer as twee keer snags gaan, kan dit meer as net ‘n beslommernis wees. Dit kan ‘n teken wees van ‘n mediese probleem, soos ‘n vergrote prostaat, ooraktiewe blaas (OAB), of selfs sekere vorms van kanker. Praat met jou dokter daaroor. Jy kan ook die Manna Andropause gebruik om te help met prostaatprobleme. Hierdie produk bevat natuurlike bestanddele wat op prostaatgesondheid fokus.

  1. Hou Jou Mond Toe

Vroue is meer geneig om roetine tandarts-ondersoeke te laat doen as mans. Maar mans moet ook gereeld die tandarts besoek. Nie net omdat hulle tandprobleme vroegtydig kan opspoor en vermy nie, maar omdat hierdie terugsit en “ah” sê ook simptome van siektes soos diabetes, Crohn se Siekte, lupus en selfs leukemia kan toon.

  1. Bly By Vleis en Aartappels

Min mans kry genoeg vrugte en groente in gedurende die dag. Dokters beveel vier tot vyf porsies van elk aan as deel van ‘n hart-gesonde dieët. Asof dit nie genoeg is nie, verlaag die inname van hierdie gesonde kosse ook die kanse dat jy ‘n beroerte, kanker of spysverteringsprobleme sal hê. En dit reguleer jou bloedsuiker. Probeer die Manna Dieët as ‘n gesonde alternatief en om te help met bloedsuiker beheer.

  1. Daag die Noodlot Uit

Sommige ouens is lief daarvoor om te drink, rook, dobbel, vinnig te bestuur of om uit vliegtuie te spring. Natuurlik is dit pret, maar al hierdie dinge kan sleg wees vir jou gesondheid. Om die waarheid te sê, mans is meer geneig om al hierdie dinge te doen as vroue. Hoekom? Sommige ouens drink meer, en dit meng in met hul oordeelsvermoë. Ander spandeer eenvoudig minder tyd daaraan om bekommerd te wees oor die gevolge van hul dade. Soms is dit lonend om twee keer te dink.

 

Wat kan ‘n man doen om te sorg hy bly gesond en behou sy manlikheid?

Ons as mans voel dikwels dat ons nie mansgenoeg gaan lyk as ons na ons gesondheid omsien nie. Maar meeste van die tyd kom hierdie siening as gevolg daarvan dat ons testosteroon vlakke begin daal – dit gebeur met alle mans. Dis waarom ons voel dat ons moet allerhande brawe of opwindende dinge doen om onsself te bewys. Maar gelukkig is daar iets wat ons daaraan kan doen. 

As jy lae Testosteroon het…

  • Maak gesonde leefstylveranderinge

Soos volg ‘n gebalanseerde dieët soos die Manna Diet.

  • Hou by ‘n oefenprogram 

Wat kardio en gewigsoefeninge insluit. Jy moet ten minste 4 keer per week oefen, vir 45 minute op ‘n slag.

  • Kry vir jouself ‘n natuurlike aanvulling 

Met fito-testosteroon, soos die Manna Andropause Support en Manna T-Boost

 

Wat is en doen hierdie Manna T-Boost?

 Manna T-Boost:

  • Help om testosteroonvlakke op die mees natuurlike manier te verhoog, sonder newe-effekte. Testosteroon is ‘n hormoon by mans wat verantwoordelik is vir die handhawing van beendigtheid, spiersterkte en massa, seksdrang, spermproduksie en vetverspreiding.
  • Slaap beter.
  • Verhoog verminderde libido. Toename in testosteroon help om libido en seksdrang te verhoog.
  • Spreek erektiele disfunksie aan
  • Stop spierverlies
  • Verminder Ginekomastie (manlike borste)
  • Verminder prikkelbare manlike sindroom
  • Stop geheueverlies
  • Dit stop moegheid
  • Stop haarverlies en stimuleer haargroei

 

Kry dit nou by hierdie winkels & aanlyn winkels:

More articles

Leave a Reply