Andropouse (Menopouse vir mans!)

Andropouse (Menopouse vir mans!)

Andropause Feite

 

Testosteroon is die hormoon verantwoordelik vir ‘n diep stem, spier gewig en gesig en liggaamshare wat voorkom in mans.

Soos ‘n man ouer word verminder sy vlakke van testosteroon en die produksie van sperm word minder. Dit veroorsaak fisiese en psigiese veranderings en simptome. Dit is deel van die natuurlike oudword proses.  Testosteroon verminder met 10% elke dekade in mans ouer as 30! 

 

Andropause is ‘n kondisie wat geassosieer word met die vermindering van die manlike hormoon testosteroon.

Andropause is anders as menopouse in die opsig dat die vermindering in die testosteroon vlak meer geleidelik is as met estrogeen in menopouse. Ongeveer 30% van mans in hul 50’s sal hierdie simptome ervaar as gevolg van lae testosteroon vlakke. ‘n Man wat andropouse ervaar kan ‘n aantal simptome beleef as gevolg hiervan en kan in risiko loop om ernstige gesondheidsprobleme te ondervind soos osteoporose indien onbehandeld bly.

 

Oorsake van Andropause

Die vermindering van testosteroon is ‘n belangrike faktor wanneer andropouse vermoed word.

Soos mans ouer word, verlaag die produsering van testosteroon, asook die vlakke van die hormoon by name “sex hormone binding globulin” (SHBG) wat sorg dat testosteroon uit die bloed geneem en gebruik word. SHBG bind die beskikbare testosteroon saam wat in die bloed sirkuleer.  Die testosteroon wat nie deur die SHBG gebind word nie word “bio-available” testosteroon genoem, wat beteken die liggaam kan dit gebruik.

Mans wat simptome van andropouse ervaar mag dalk lae vlakke van “bio-available” testosteroon hê.  Daarom word weefsel wat gewoonlik testosteroon ontvang met ‘n laer dosis gevoed wat verskeie fisies en heel moontlik psigiese veranderinge kan meebring soos buierigheid en moegheid.

 

Simptome en komplikasies van andropouse:

Alhoewel simptome kan wissel van mens tot mens is die volgende belangrik om te weet: 

      • Lae libido (low sex drive)
      • Dit is moeilik om ‘n ereksie te verkry en is ook nie so sterk soos gewoonlik nie.
      • ‘n Tekort aan energie.
      • Depressie
      • Buierigheid of “mood swings”.
      • Vermindering van spier massa.
      • Meer liggaamsvet
      •  Warm gloede

Komplikasies geassosieer met andropouse sluit in kardiovaskulêre siektes asook osteoporose. (Poreuse beendere)

 

Om Andropouse te diagnoseer?

Jou dokter sal jou sekere vra vra om te bepaal of jy wel ‘n lae testosteroon vlak het.  Hy sal ook ‘n bloedtoets doen om jou testosteroon vlakke te toets.

Daar is ook ander kondisies wat met lae testosteroon vlakke geassosieer kan word byvoorbeeld “hypogonadism” – wat vermindering van seksuele groei en ontwikkeling behels, diabetes, hoë bloed druk – jou dokter sal wel toetse doen om hierdie siektes te elimineer.

Dit is belangrik om te weet dat heelwat van die simptome van andropouse ook verbind kan word aan die normale proses van veroudering en mag dalk nie omgekeer word met behandeling nie.

 

Die behandeling en vermindering van Andropouse.

Die vervanging van testosteroon is die mees algemene behandeling vir mans wat deur Andropouse gaan.

Hierdie behandeling mag verligting bring en die simptome verbeter en so die kwaliteit van leef. Leefstyl veranderinge soos meer oefening, stres vermindering en goeie kos sal ook help. Jou dokter kan jou help om te besluit of jy testosteroon behandeling wil neem en wat is reg vir jou.  Hierdie behandeling het wel risiko’s.

Testosteroon is beskikbaar in verskeie vorme wat “skin patches”, kapsules, jel en inspuitings insluit.

Ons verkies die natuurlike manier van behandeling want daar is geen newe effekte nie en dit kan deel vorm van jou dieet.

Manna Andropause  is’n organiese en natuurlike aanvulling om testosteroon vlakke te verbeter op  ‘n natuurlike manier sonder newe effekte.

Testosteroon moet liewer nie geneem word deur 

Mans wat prostaat of borskanker het nie.  Indien jy ‘n hartsiekte het en medisyne soos bloed verdunners neem, ‘n vergrote prostaat het of lewer/nier siektes het moet jy behandeling eers met jou dokter bespreek.

 

Kry dit nou by hierdie aanlyn winkels:

More articles

Leave a Reply