Beheer Bloedsuiker Vlakke en Verloor Gewig

Beheer Bloedsuiker Vlakke en Verloor Gewig

Gewigsverlies is moeilik – Maar dis byna onmoontlik wanneer bloedsuiker vlakke onstabiel is.

 

Om effektief gewig te verloor moet ons eers ‘n soliede basis bevestig.

Onstabiele bloedsuiker vlakke maak enige poging om gewig af te skud soveel moeiliker as wat dit moet wees! Maar deur bloedsuiker vlakke onder beheer te kry kan gewigsverlies-pogings baie makliker en meer effektief gemaak word.

 

Maar wat het bloedsuiker vlakke met gewig te doen?

Wanneer ons eet, verander ons liggame verteerbare koolhidrate na bloedsuiker (glukose), dit is ons hoofbron van energie. ‘n Mens se bloedsuiker vlak bepaal hoe honger mens is en hoe energiek mens voel.  Albei is belangrike faktore wanneer ons kyk na wat ons eet en hoe ons oefen.  Dit bepaal ook of ons vet verbrand of stoor.

Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon met die naam insulien.  Hierdie hormoon vervoer bloed suiker na die liggaam se selle waar dit gebruik word vir energie.

Wanneer ons verfynde graan eet, waarvan die meeste vesel weggeneem is, suiker of ander koolhidraat-ryke kos wat vinnig omgeskakel word tot bloed suiker, gaan die pankreas hard aan die werk om die nodige insulien te vervaardig wat nodig is om al die bloed suiker om te skakel en as energie te gebruik.

Hierdie insulien “inspuiting” vertel ons liggame dat daar genoegsame energie beskikbaar is en dat dit moet ophou om vet te verbrand en dit liewer stoor.

‘n Rede tot kommer is dat die insulien “inspuiting”   te veel suiker uit ons bloed neem en die resultate is dat ons bloed suiker en insulien vlakke laer as normaal daal.

Dit los ons moeg, honger en met die begeerte om nog en nog en nog te eet! Nog ‘n nare gevolg is dat dit ons daarna dryf om kos met ‘n hoë suiker- of koolhidraat-inhoud te eet. Die bose kringloop begin dan net weer van voor af! 

 

Hoe maak ek dan om dit te verhoed en gewig te verloor?

Hier is 7 goeie wenke om jou te help bloedsuiker vlakke te beheer…

  1. Pasop vir eenvoudige koolhidrate.

As gevolg van hul klein molekulêr grootte, kan dit makliker in die metabolisme opgeneem word en om die rede is dit heel waarskynlik dat dit ‘n insulien “inspuiting” kan veroorsaak.  Eenvoudige koolhidrate sluit in verskeie vorms van suiker soos sukrose (tafel suiker), fruktose (vrugte suiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker.) Wees bedag op alles wat met ‘n “ose” eindig!

Leer hoe om die regte koolhidrate te kies vir ‘n gesonde leefstyl… 

  1. Wees op die uitkyk vir versteekte suikers.

Daar is heelwat van hierdie suikers in kosse soos brood, tamatie sous, slaai sous, geblikte vrugte, appel sous, grondboontjiebotter en kits soppe.

Leer hoekom suiker ons laat gewig optel… 

  1. Onthou: daar is suiker in drinkgoed ook.

Hoeveel suiker gooi jy in jou koffie? Hoeveel suiker dink jy is daar in vrugtesappe en koeldrank? Dit kan so vinnig teveel word en die meeste “drankies” is nie vullend nie.  Lees ook op die etiket WAT jy drink! 

  1. Wat van vet vrye kos?

Suiker word baie keer gebruik om die lekker proe terug te sit wanneer vet verwyder word en jy dan vetvrye kos kry. En asof dit nie erg genoeg is; sonder enige vet om die suiker te absorbeer word suiker dan vinniger in jou bloed vrygestel.

Pasop vir sogenaamde “gesonde” kosse… 

  1. En minder-suiker kosse?

Alhoewel sekere ontbytpap minder suiker bevat is die kalorieë, die koolhidrate, vet en vesel en ander voedingstowwe amper gelyk aan ontbytpap wat wel suiker bevat.  Die vervaardigers het eenvoudig suiker vervang met ander verfynde en eenvoudige koolhidrate!

Praktiese maniere om suiker te sny vir gewigsverlies…

  1. En wat dan van suiker-vrye kos?

Dit beteken nie dat die produk/kos nie natuurlik ‘n hele klomp suiker bevat nie! 100% Vrugte produkte/kos bevat gewoonlik vrugte sap konsentraat, nog ‘n vorm van fruktose of anders gestel, suiker.

Tafel suiker (sukrose) bevat leë kalorieë, juis omdat dit geen voedingswaarde het behalwe petrol vir energie nie.

Heuning en ander natuurlike suikers word as gesond bestempel want daar is spoor vitamiene en minerale in wat noodsaaklik is vir die liggaam. Maar wanneer jy gewig wil verloor kan AL hierdie soetigheid nog steeds as suiker gesien word. 

  1. Gebruik Manna Blood Sugar Support

Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike aanvulling wat bloedsuiker stabiliseer. Dit kan help om bloedsuikervlakke onder beheer te hou wanneer jy iets eet wat jy nie veronderstel is nie, of wanneer jy ‘n oefensessie misloop. Of selfs net te voorkom dat vet gestoor word deur seker te maak dat die bloedsuikervlakke na elke maaltyd gebalanseer word – selfs al is dit ‘n gesonde ete!

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vannaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Neem dit kosdrange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoet te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugar crash kry, wat daardie moë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

 

Wat sê die verbruikers?

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey

“Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

Jy kan NOU die Manna Blood Sugar Support koop by enige van hierdie winkels of aanlyn winkels…

More articles

Leave a Reply