Verminder stresvlakke en fokus denke met die hulp van Manna Calmer.
Hierdie natuurlike aanvulling help om die gemoedstoestand te verbeter en angs te verminder.
Die Manna Calmer help om stresvlakke onder beheer te kry deur jou in staat te stel om te kalmeer en weer fokus te vind – die perfekte ding vir wanneer jy moet studeer of werk moet doen!
Wat is Manna Calmer?
- Manna Calmer is ‘n natuurlike aanvulling wat die gemoed kan verbeter, angs-vlakke kan verlaag, en ook die gevolge van spanning kan help beveg.
- Die Manna Calmer is ‘n botaniese produk wat ‘n aktiewe bestanddeel van Sceletium tortuosum bevat – wat bekend is om die gevolge van stres, sosiale angs, depressie, post-traumatiese stresversteuring, grysweersindroom, en baie ander simptome van ons moderne lewensstyl te help beheer.
- Dit is deaal vir die verbetering van fokus en konsentrasie, perfek vir skoliere, studente en almal wat hulp benodig om op iets te fokus.
- Kan voordelig wees in die behandeling van die simptome van aandagafleibaarheidsversteurings en hiperaktiwiteit (ADD en ADHD).
- Dit kan ook help met die hantering van stresvolle situasies, prikkelbaarheid, gemoedsskommelinge, emosionele spanning, en kan help met die behandeling van ligte simptome van angs en depressie.
Die Manna Calmer is beskikbaar in 3 sterktes:
CALMER JUNIOR
5mg Sceletium ekstrak (9 jaar en ouer)
CALMER ADULT
15mg Sceletium ekstrak (15 jaar en ouer)
CALMER EXTRA
25mg Sceletium ekstrak (18 jaar en ouer)
Manna Calmer bevat 3 hoofbestanddele:
Manna Calmer bevat drie natuurlike bestanddele wat saamwerk om ‘n kalmerende effek te lewer en om spanning en angs te help bestry.
Sceletium (Sceletium tortuosum)
Sceletium is ‘n plant uit Suid-Afrika en word al lank gebruik as tradisionele medisyne. Dit kan help om bui te verbeter en spanning, angs en depressie te verlaag.
Taurine
Taurine is ‘n aminosulfonzuur, maar dit word dikwels ‘n aminosuur genoem en is ‘n bousteen van proteïene. Navorsing dui daarop dat Taurine aandag en redenasie by adolessente kan verbeter.
Mannitol
Mannitol is ‘n afgeleide-suiker wat op mikro-sellulêre vlak werk. Dit vervoer waardevolle voedingstowwe en ander chemikalieë direk na elke sel, veral die brein. Mannitol is in staat om die versperring oop te maak deur die endotheelselle tydelik te krimp, en die verbindings tussen hulle uit te rek. Mannitol lei nie tot verhoogde bloedsuiker vlakke soos glukose nie, en word op groot skaal in die voedselbedryf gebruik as ‘n versoeter vir pasiënte met diabetes.
Wat is die voordele van Manna Calmer?
- Help om jou kalmer te hou
- Verbeter die gemoedstoestand
- Help met fokus en konsentrasie
- Dit bevat nie suiker, gluten, koring, of diereprodukte nie.
- Dit is geskik en veilig vir diabete om te gebruik.
- Help in die hantering can stres en depressie.
- Help om aandagafleibaarheidsversteurings en hiperaktiwiteit (ADD en ADHD) te bestry en te beheer.
- Maak dit makliker om spanning en angs te hanteer.
- Dit laat jou glad nie lomerig word nie.
- Dit is heeltemal natuurlik.