Lente is uiteindelik hier!
Dit beteken dit is amper tyd vir see, sand, son, en somer.
Maar dit beteken ook dat die dae nou min raak om daai somer lyfie reg te kry vir die strand!
Maar soos hulle sê: “Eerder laat as nooit”
Hier is 10 fantastiese dieet wenke om hierdie lente reg af te skop…
Vind jou ware rede vir gewigsverlies
Indien die enigste rede is om jou rok of broek grootte te verminder gaan jy nie slaag in jou doel nie, daar moet meer as net hierdie rede wees.
Gaan dink daaroor, is dit om meer energie te hê? Om meer met jou kinders te speel of om jou algemene gesondheid te verbeter op die lang duur?
Hou by jou hoekom!
Stel realistiese en haalbare doelwitte
Dit is goed om ‘n doelwit te hê, maar is dit ‘n realistiese een? Daardie onmenslike hoeveelheid kilogramme wat jy wil verloor is dalk net genoeg om jou heeltemal van stryk te kry om jou doel wit te bereik.
Stel maandelikse, weeklikse en selfs daaglikse doelwitte vir jouself op, nie net om gewig te verloor nie maar ook om gesond te eet. Jy weet wat jy in ‘n sekere tydperk kan bereik en hou daarby.
Jy gaan jou korttermyn doelwitte sommer vinnig bereik en voor jy weet is die langtermyn doelwit binne jou bereik.
Maak jou koskas skoon
Maak skoon en gooi weg! Skenk daardie hoog in kalorieë kos aan die welsyn, so verminder jy die versoeking binne armlengte. Koop gesonde kos in plaas van dit wat jy weet jou in die versoeking gaan lei.
Sit ‘n groot bak vrugte op die toonbank neer
Net die kyk na daardie lekkerte sal jou herinner om gesond te eet, en ook om jou daaglikse porsie vrugte te neem. Dit is ook makliker om ‘n gesonde keuse te hê wanneer daardie lus vir die verbode arriveer. Maar pasop vir te veel van ‘n goeie ding – selfs die gesonder suiker in vrugte kan negatiewe effekte hê as mens te veel daarvan eet.
Maak seker om genoeg te slaap
Het jy geweet dat indien jy nie genoeg kwaliteit slaap kry nie, jy gewig kan optel?
Die beste manier om te sorg dat jy genoeg slaap kry is om in ‘n roetine te kom. Gaan slaap op dieselfde tyd elke aand en staan elke oggend dieselfde tyd op.
Groente bly nog steeds jou beste vriend
Groente is volg goedheid! Vesel, vitamiene en voedingstowwe – eet gesond en eet gereeld. Gebruik ‘n groente as ‘n lae kalorie peuselhappie.
Eet vars
Boeremarkte en “slow markets” neem toe in gewildheid en die vars groente en vrugte daar beskikbaar is oor die algemeen meer gesond as die wat jy in ‘n supermark sal koop. Koop vars en organies wat vry is van preserveermiddele en wat beter smaak as hul geprosesseerde familie!
Tel jou kalorieë
Indien jy minder kalorieë inneem as wat jy verbrand sal jy gewig verloor! Ons Manna Lae Kalorie Eetplan is gratis om af te laai op jou tablet of rekenaar en begin sommer nou om daardie winter vetjies af te skud.
Oefening kan lekker wees
Indien jou leefstyl dit nie toelaat of jy nie daarvoor lus het om vier uur soggens in die gim te wees nie, gaan dit nie gebeur nie.
Daar is soveel maniere om oefening te doen, sonder dat dit na oefening voel.
Gaan stap ‘n ver ent langs die strand, gaan swem of neem die hele familie vir ‘n heerlik fietsry deur ‘n park of êrens in die natuur. Dit is altyd beter om saam met vriende en familie te oefen, julle kan mekaar motiveer en aanspreeklik hou vir daardie ekstra motivering.
Manna Blood Sugar Support
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.