Hoe Om Die Suiker Drange Te Oorwin

Hoe Om Die Suiker Drange Te Oorwin

Dit klink dalk makliker gesê as gedaan…

Maar sodra ons erken dat ons wel ‘n probleem het wanner dit kom by suiker drange, is die res eintlik baie maklik.

Ons probeer soms om dit mooi te stel – ons het net ‘n “soet tand” of iets soortgelyks. Maar dan kom ons een dag tot die besef dat dit ‘n groter probleem is as wat ons gedink het…

Die waarheid is dat baie van ons eintlik verslaaf is aan suiker, sonder dat ons dit besef.

Daai “cravings” wat jy kry vir sjokolade of soetgoed? Dit is darem bitter naby aan ontrekkingssimptome, of hoe?

 

Wanneer is suiker drange ‘n verslawing aan suiker?

Soms is daar ‘n fyn lyn tussen ‘n werklike suiker verslawing en om bloot nou en dan iets soets te geniet. Dit word aanbeveel dat jy jou suiker inname beperk tot ‘n totaal van tussen 6 teelepels (100 kalorieë) en 9 teelepels (150 kalorieë) per dag. Dit is nie die werklike hoeveelheid suiker wat jy in jou koffie of tee gooi nie, maar alle vorme van suiker wat jy op ‘n daaglikse basis eet.

Wanneer jy besluit om suiker te begin uitsny, sal jou liggaam besef dat dit nie so baie inkry soos wat dit normaalweg doen nie, en dan kan jy suiker-drange begin ervaar.

 

Hoewel suiker drange soms moeilik kan wees om te weerstaan, is daar 6 wenke om dit te help beveg…

  1. Prop die proteïene in

Proteïene maak jou versadig sonder om ‘n skerp styging in jou bloedsuiker vlakke te veroorsaak. ‘n Wonderlike manier om dit in jou dieët te gebruik is om proteïen-ryke peuselhappies tussen etes te eet sodat jy nie die suiker hoog- en laagtepunte bereik nie. Goeie peuselhappies van proteïen is neute, sade en avokado’s.

2. Trek jou aandag daarvan af

Ons gryp baie keer na ‘n pakkie koekies of ‘n sjokolade omdat ons verveeld is. Deur jouself besig te hou en jou aandag af te trek en besig te bly, is ‘n wonderlike manier om op te hou om aan soetgoed te dink. Jy kan jouself besig hou deur ‘n ent te gaan stap of die huis skoon te maak – of enige iets anders waaraan jy kan dink.

3. Leer Kos etikette ken

Dit is belangrik om te weet wat in die kosse is wat jy eet. Raak vertroud met die suikerinhoud van kosse wat jy gereeld koop, en lees altyd die etikette op kosse waarvan jy onseker is. Kyk uit vir alle vorme van suiker, wat kan insluit:

      • Bruinsuiker
      • Vrugtesap konsentraat
      • Stroop
      • Fruktose
      • Dekstrose
      • Laktose
      • Maltose
      • Heuning

4. Kies die regte koolhidrate

Daar is twee hoofsoorte koolhidrate, naamlik eenvoudige koolhidrate (verfyn) en komplekse koolhidrate (onverfyn). Probeer eenvoudige koolhidrate vermy, maar dit beteken nie dat jy heeltemal moet wegbly van koolhidrate nie.

Komplekse koolhidrate soos volgraan, bone en groente is propvol vitamiene, minerale en vesel. Dit beteken dat dit kan help om jou energie gee deur die glukose wat dit bevat, sonder om daardie skerp styging van suiker te veroorsaak soos wat verfynde koolhidrate gewoonlik doen.

Die regte koolhidrate vir ‘n gesonde leefstyl…

5. Moenie Val Vir Vals Suiker Nie

Jy is heel moontlik geflous deur die zero-suiker versoeters op die mark, en ons kan jou nie blameer nie. Dit maak tog perfek sin dat jy jou soettand kan voed sonder al die nare kalorieë deur bloot oor te skakel na ‘n gesonder alternatief.  Vals suikers bevat egter meestal aspartaam en ander stowwe wat tot ‘n verskeidenheid ander gesondheidskwessies kan lei.

Daar is ‘n paar natuurlike plaasvervangers vir suiker wat egter werk, en hulle is Stevia en Xylitol.

6. Manna Blood Sugar Support

Gebruik  Manna Blood Sugar Support deur een of twee tablette te drink saam met elke ete.

Manna Blood Sugar Support kan met elke maaltyd geneem word om bloedsuiker te beheer, en eetlus en “cravings” te onderdruk. Hierdie produk kan ook help om tipe 2 diabetes te voorkom.

Manna Blood Sugar Support is ‘n uniek-geformuleerde, natuurlike en organiese aanvulling wat help

      • Om bloedsuikervlakke te stabiliseer, en hou jou langer vol na ‘n maaltyd, wat beteken dat dieselfde ete jou baie verder kan neem en jy minder kan eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
      • Beheer die “cravings”en help jou om weg te bly van lekkergoed en ongesonde kos en help jou dan makliker gewig verloor.
      • Hou jou energievlakke konstant en gee jou energie om daaglikse take te doen, selfs wanneer jy op ‘n dieet is.

Wanneer dit met kos geneem word, meng Manna Blood Sugar Support met die kos in jou maag om die GI van die kos te verlaag met so veel as 43%, en dit help om te verhoed dat jou bloedsuikervlakke te hoog styg.

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey

Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

 

So as jy ernstig is om jou suiker-probleem te oorkom, kry vandag nog die Manna Blood Sugar Support by enige van hierdie winkels of aanlyn winkels:

More articles

Leave a Reply