Insulien Weerstandigheid: So Behandel Jy Dit

Insulien Weerstandigheid: So Behandel Jy Dit

Insulienweerstandigheid is een van die gesondheidsprobleme wat die vinnigste aan die toeneem is – en mense besef nie eers hulle het dit nie.

Meeste mense weet dat hoë insulien vlakke lei tot diabetes, maar wat van insulien weerstandigheid? 

 

Wat presies is insulien weerstandigheid?

Om beter te verstaan wat insulien weerstandigheid is, moet ons eers kyk na die eintlike oorsaak van die probleem. En dit is iets wat “insulien sensitiwiteit” genoem word.

Om dit eenvoudig te stel, is insulien sensitiwiteit hoe maklik en effektief die liggaam se selle reageer op die funksie van insulien.

Insulien is die hormoon wat verantwoordelik is daarvoor om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Insulien doen dit deur oortollige glukose (soos wanneer ons kos eet met suiker in) in die liggaam te neem en dit te stoor in die selle as vet, of om dit om te skakel in bruikbare energie.

 

Maar hier is die probleem… 

Wanneer die liggaam heeltyd meer insulien moet vrylaat om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou, soos wat nodig is met ons hedendaagse manier van eet, word die selle minder en minder sensitief teenoor die insulien. En as dit so aanhou, word die selle heeltemal weerstandig teen die insulien, en dit is dan waar die naam insulien weerstandigheid vandaan kom.  

Insulien weerstandigheid verhoog die kans van verskeie ander gesondheids probleme, soos hoë bloeddruk, hoë bloedsuiker vlakke, angs, depressie, hartsiekte, slapeloosheid, en dan natuurlik die mees algemene een – toename in gewig en vetsug.

 

Gelukkig is daar maniere om jou liggaam se sensitiwiteit teenoor insulien weer te verhoog, en insulien weerstandigheid te bestry… 

 1. Eet gesond –

Volg ‘n gesonde, gebalanseerde manier van eet. Dit is noodsaaklik wanneer mens probeer om die liggaam se insulien sensitiwiteit te verbeter.

Probeer so ver moontlik weg bly   van verfynde koolhidrate en suiker af, want hierdie is die kosse wat ‘n skielike toename van insulien in die liggaam veroorsaak, en insulien weerstandigheid vererger.

Pasop ook vir kitsdiëte. Hulle mag jou dalk help om vinnig ‘n paar kilos af te skud, maar daai gewig kom gewoonlik net so vinnig weer terug.

Laai die GRATIS Manna Dieet e-boek af vir ‘n volledige gesond-eet gids.

2. Kry genoeg oefening –

Die mees effektiewe manier om te oefen is deur kardio- en weerstand oefening te kombineer. Jy moet minstens 30-40 minute, ten minste 3 keer per week inpas om voordeel daaruit te trek.

3. Verloor onnodige gewig –

Alhoewel gesond eet en oefen reeds ‘n goeie bydrae sal lewer tot hierdie punt, is dit net so belangrik om seker te maak jy bly op jou doelgewig. Dit is ‘n baie goeie manier om seker te maak die liggaam is meer sensitief teenoor insulien.

Die idee is om ‘n gesonde leefstyl te volg wat volhoubaar is in die langtermyn.

Hier is 6 wenke om makliker gewig te verloor…

4. Slaap meer en slaap beter –

Maak seker om minstens 7-8 ure per aand te slaap.

Ontwikkel ‘n goeie roetine waar jy elke aand dieselfde tyd gaan slaap, en elke oggend dieselfde tyd opstaan.

Maak seker dat jou kamer opgestel is vir goeie slaap omstandighede, en dat dit nie te warm of koud is nie.

Sit jou foon neer en jou TV af as dit jou laat in die aand wakker hou en jou slaappatroon kan omver gooi.

5. Beheer en verminder stres –

Dit is dalk makliker gesê as gedaan. Probeer sover moontlike stresvolle situasies vermy, omdat hoë stres vlakke ‘n groot rol speel in insulien sensitiwiteit. 

Maar dit is nie altyd moontlik om stres te vermy nie. Daarom is dit belangrik om te leer hoe om jou stres behoorlik te beheer. Daar is verskeie maniere hoe jy dit kan doen, en dit kan enige iets wees wat jou laat kalmeer. Goeie voorbeelde is ‘n stokperdjie wat jou rustig maak, tyd te spandeer saam met vriende of familie, of selfs net om bietjie tyd alleen te vat en af te skakel.

6. Manna Blood Sugar Support –

Hierdie ongelooflike produk help om die bloedsuiker vlakke stabiel te hou, wat uiters belangrik is wanneer jy insulien weerstandigheid probeer bestry.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Kan ook gebruik word om voedingswaarde by slaaie, bredies, en ander geregte te voeg.   

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy insulien weerstandigheid wil bestry, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

More articles

Leave a Reply