Gewigsverlies hoef nie moeilik te wees nie.
As ons mooi daarna kyk, is dit eintlik baie maklik om gewig te verloor.
Dit voel dalk nie altyd so nie. Maar dis net omdat ons nie die regte stappe volg nie. Verkeerde persepsies en wanindrukke is dikwels die rede hoekom ons sukkel om maklik gewig te verloor.
Ons dink die beste om kilogramme af te skud is deur kitsdiete te volg. Of om elke dag vir 3 ure te oefen. Maar steeds trek ons ons hare uit ons koppe omdat die nommertjie op die skaal net nie kleiner word nie.
Nou hoe verloor ons dan regtig gewig?
Dis maklik. Die groot geheim is eintlik nie veel van ‘n geheim nie. Maar hier is die geheim…
Stabiliseer jou bloedsuiker vlakke.
En hoe is dit veronderstel om my te laat gewig verloor?
Sodra jou bloedsuiker vlakke stabiel is, word daar minder suiker in jou bloedstroom vrygestel op ‘n slag. Dit beteken die liggaam het nie meer suiker as wat dit benodig vir energie nie. As dit nie oortollige suiker het nie, dan hoef dit nie die oortollige suiker in die selle te stoor as vet nie. As die liggaam nie vet stoor nie, is daar baie minder vet wat jy hoef te verbrand om gewig te verloor.
So as jou bloedsuiker vlakke nie onder beheer gehou word nie, swem jy al die pad stroom op in die stryd van gewigsverlies…
So die begin punt van ENIGE gewigsverlies is om bloedsuiker vlakke te stabiliseer.
Fantasties! Maar hoe doen ek dit?
Dis ‘n wonderlike brokkie advies. Maar as jy nie weet hoe om dit te implementeer nie – help dit niks.
Dit is waar hierdie die 8 Stappe in die prentjie kom om maklik gewig te verloor:
Pasop vir Eenvoudige Koolhidrate:
Eenvoudige koolhidrate kan vinnig gemetaboliseer word weens hul klein molekulêre grootte. En dit beteken eenvoudig dat dit jou bloedsuiker vlakke baie vinnig opjaag.
Eenvoudige koolhidrate sluit verskeie vorme van suiker in, soos sukrose (tafelsuiker), fruktose (vrugtesuiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker). Let op hoe almal op “ose” eindig.
Leer Hoe om die Regte Koolhidrate te Kies…
Wees versigtig vir versteekte suiker:
Wees op die uitkyk vir “versteekte” suiker, wat veral voorkom in verwerkte kosse soos brood, tamatiesous, slaaisous, geblikte vrugte, appelsous, grondboontjiebotter en sop.
Stadig met die suiker-drankies:
Wees bewus van die hoeveelheid suiker in drankies. Veral koffie, vrugtesappe, koeldrank, en alkoholiese verversings. Dit kan vinnig optel en meer word, en meeste drankies maak jou nie versadig nie.
Hier is 7 Wenke vir Suiker-Vrye Gewigsverlies…
Verstaan vet-vrye produkte mooi:
Iets mag dalk vet-vry wees, maar dis nie te sê dis suikervry nie. Suiker word soms gebruik om geur te gee aan kosse waarvan die vet verwyder is. En asof dit nie genoeg is nie, word suiker vinniger in jou bloed geabsorbeer as daar nie vet is om die proses te vertraag nie.
Lees die boks van jou ontbyt pap:
Baie nuwe soorte ontbytpap bevat minder suiker, maar die kalorieë, koolhidrate, vet, vesel en ander voedingstowwe is amper identies dieselfde as die vol-suiker ontbytpappe. Die vervaardigers het eenvoudig die suiker met ander verfynde, eenvoudige koolhidrate vervang.
Leer Die Geheim van Ware Gewigsverlies…
Kyk mooi as dit kom by “Geen Suiker Bygevoeg”:
Dit beteken nie dat die produk nie in sy natuurlike vorm baie suiker bevat nie. 100% van alle vrugteprodukte bevat gekonsentreerde vrugtesap, wat ‘n ander vorm van fruktose of suiker is.
Pasop vir Tafelsuiker (sukrose):
Tafelsuiker voorsien meestal “leë kalorieë”, omdat dit geen voedingswaarde het buiten om brandstof vir energie te verskaf nie. Heuning en ander meer natuurlike suikers, aan die ander kant, word as gesonder beskou weens die spoorvitamiene en minerale wat dit voorsien. Vir gewigsverliesdoeleindes kan al hierdie versoeters egter net soos suiker hanteer word.
Neem Manna Blood Sugar Support
Wanneer dit kom by bloedsuiker vlakke stabiliseer vir gewigsverlies, dan is Manna Blood Sugar Support jou beste vriend.
Dit is doelgemaak vir spesifiek hierdie doel. Manna Blood Sugar Support word gemaak vanuit die peul van die Prosopis boom, en daar word geen ander snert bygevoeg nie. Dit beteken ook dat dit heeltemal natuurlik en organies is.
Wanneer jy Manna Blood Sugar Support saam met ‘n maaltyd neem, verlaag dit die GI van die kos met soveel as 43%.
Siende dat jy probeer om jou bloedsuiker te stabiliseer sodat jy kan gewig verloor, is hierdie NET die ding wat jy benodig.
Selfs al eet jy so nou en dan ‘n sny vars witbrood. Of ‘n koekie saam met jou koppie koffie. Of ‘n yskoue gaskoeldrank op ‘n warm dag. Dan is Manna Blood Sugar Support steeds daar om te sorg dat jou bloedsuiker vlakke nie heeltemal handuit ruk nie.
En om alles nog beter te maak, word Manna Blood Sugar Support hier binne in JOU EIE LAND gemaak – van begin, tot einde. Vandat ons die Prosopis peule oes daar in die Noord-Kaap, tot waar ons dit vervaardig en uitstuur na jou hier vanuit die pragtige Kaap!
Dit is een van bitter min produkte in die hele wêreld wat regtig werk om bloedsuiker vlakke so effektief te beheer.