Die Gevare Van Te Vinnig Gewig Verloor

Die Gevare Van Te Vinnig Gewig Verloor

Kits-diëte en ander kitsoplossings vir gewigsverlies kan uiters gevaarlik wees.

 

Almal wat probeer om gewig te verloor wil dit DADELIK verloor. Maar hierdie oorhaastigheid kan lei tot verskeie gevare van vinnig gewig verloor.

Kom ons kyk na gevare van vinnig gewig verloor wat lê en wag wanneer mens te vinnig gewig verloor…

 

Wat is die gevare van vinnig gewig verloor?

Of dit nou ‘n kits-dieet is – of een of ander kitsoplossing soos gewigsverlies chirurgie – hulle almal kan ewe gevaarlik wees.

 

Sommige van hierdie gevare van vinnig gewig verloor is meestal net ongerieflik, maar ander kan baie ernstige gevolge hê.

  1. Los Vel

As mens skielik gewig verloor in ‘n kort tydperk, veroorsaak dit dikwels dat die vel los voel rondom die buik, arms, en bene.

Dit gebeur omdat die vel sommige van sy elastisiteit verloor en nie tyd het om saam met die res van die liggaam te krimp nie. Alhoewel dit gewoonlik nie langtermyn gesondheidsgevolge het nie, mag chirurgie dalk die enigste opsie wees om dit reg te stel.

  1. Galstene 

‘n Algemene newe-effek van vinnige gewigsverlies is die ontwikkeling van galstene. Galstene is harde cholesterol deposito’s wat in die galblaas vorm. Dit kan ernstige pyn en ongemak veroorsaak, en dikwels moet hulle chirurgies verwyder word.

Alhoewel vetsug of om oorgewig te wees die kans van galstene verhoog,  kan dit net so maklik veroorsaak word deur te vinnig gewig te verloor ook. Dit is hoekom dit uiters belangrik is om gewig te verloor teen ‘n gesonde, veilige pas.

  1. Verlore spiermassa

Wanneer jy baie vinnig gewig verloor, verloor jy nie noodwendig slegs vet nie. Vinnige gewigsverlies kan ook veroorsaak dat jy spierweefsel verloor. Dit beteken dat die metabolisme vertraag word, en kan veroorsaak dat jy al die gewig wat jy verloor het, baie vinnig weer optel nadat jy klaar is met jou kits-dieet.

  1. Lewer probleme

Terwyl vetterige-lewer siekte gereeld saam met vetsug gepaard gaan, is dit ook ‘n groot risikofaktor wanneer jy te vinnig gewig verloor.  Dit is baie algemeen onder mense wat gewigsverlies-chirurgie ondergaan.

  1. Dehidrasie

Baie van die gewigsverlies wat ervaar word tydens ‘n kits-dieet is eintlik net watergewig wat verloor word.

Dit beteken egter meer as net dat jy nie vet verbrand soos wat jy wil nie, maar ook dat jou liggaam nie die water kry wat dit benodig nie.

Dehidrasie veroorsaak nie net ongemak van moegheid, hoofpyne, en hardlywigheid nie – As dit aanhou, kan dit tot meer ernstige probleme lei, soos nierstene of selfs probleme met die nierfunksie.

  1. ‘n Stadige metabolisme

Terwyl baie kits- diëte streef om jou metabolisme vinniger te maak, doen die meeste van hulle presies die teenoorgestelde.

Kits-diëte laat gewoonlik baie min daaglikse kalorieë toe, wat veroorsaak dat jou liggaam eerder begin sorg dat alle reserwes vol gehou word sodat jy genoeg voedsel het om te oorleef. En hierdie reserwes is meestal die storing van vet in die liggaam se selle.

Dit beteken ook dat wanneer jy weer begin normaal eet na ‘n kits-dieet, jou metabolisme nie vinnig genoeg die ekstra kalorieë kan hanteer nie en jy weer al die gewig optel wat jy verloor het.

 

So, wat moet ek doen om veilig gewig te verloor en hierdie gevare te vermy?

Die antwoord lê in iets wat “gesonde leefstyl gewoontes” genoem word.

Ja, ‘n paar klein veranderinge moet gemaak word aan jou daaglikse roetine – maar op die ou end sal dit als die moeite werd wees.

Die idee is dat jy gewig kan verloor op ‘n manier wat volhoubaar is vir die res van jou lewe. Nie net iets wat jy vir ‘n paar weke of maande doen nie, en dan terugval in jou ou gewoontes.

 

Watter gesonde lewenstyl veranderinge help my om gewig te verloor?

Eetgewoontes –

Soos hierbo kristal helder gemaak is: Kits-diëte is NIE die pad om te volg nie.

Doen eerder die volgende om jou eetgewoontes te verbeter:
      • Verminder jou inname van verfynde koolhidrate (Witbrood, wit rys, pasta, ens.) en suikers (Tafelsuiker, lekkers, koekies, ens.).
      • Eet meer proteïene (1/3 van elke ete moet proteïene wees)
      • Eet genoeg heerlike vars vrugte, groente en slaaie. Dit hoef nie vervelig of smaakloos te wees nie – die internet is propvol lekker en gesonde resepte.
      • Leer om “NEE!” te sê vir verwerkte en diep-gebraaide kosse, soos wegneem etes en kits-kosse.
      • PORSIE BEHEER – selfs gesonde kos bevat kalorieë wat kan vinnig optel as jy nie by jou porsie hou nie.

Hierdie is ‘n paar eenvoudige wenke, maar as jy ‘n bietjie meer leiding wil hê, kry die GRATIS Manna Dieet vir ‘n volledige gids.

Oefen Roetine –

Dit beteken nie dat jy ‘n “gym junkie” moet word nie. Dit beteken net dat jy letterlik enige iets moet doen om meer aktief te word.

Oefening het eindelose voordele vir die gesondheid, maar die een waarin jy natuurlik belangstel, is gewigsverlies.

So, om te oefen met die doel om gewig te verloor, moet jy seker maak dat jy minstens 4 keer per week aktief is. Maar as jy dit meer dikwels kan doen, is dit nog soveel beter.

Hier is ‘n paar idees vir oefening waarvoor jy nie die gimnasium benodig nie:
      • Stap op fietsry
      • Begin draf – dit benodig net ‘n kortbroek en ‘n paar drafskoene.
      • Klim ‘n berg uit oor die naweke
      • Maak bietjie tuin – jy sal verbaas wees oor hoeveel kalorieë jy kan verbrand.
      • Gebruik huishoudelike items vir gewig-oefening (Waterbottels, plaveisel stene, bou stene – raak kreatief!)
      • Gaan dans
      • Spring tou

Al wat die maniere waarop jy kan oefen beperk is jou verbeelding.

Manna Blood Sugar Support –

Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!

Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.

 

Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om gewig te verloor?

Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.

Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!

Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

 

Dis wat die kliënte te sê het:

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey

Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

As jy ernstig is om gewig te verloor, kry sommer NOU vir jou die  Manna Blood Sugar Support by enige van hierdie winkels of webblaaie…

More articles

Leave a Reply