Behandel Hoë Bloeddruk op Die Natuurlike Manier

Behandel Hoë Bloeddruk op Die Natuurlike Manier

Deesdae voel dit asof elke tweede mens waarmee ons praat sukkel met hoë bloeddruk.

 

Maar wat presies is dit? En wat veroorsaak nou EINTLIK hoë bloeddruk?

Daar is baie debat oor wat bloeddruk verhoog, hoe mens dit ontwikkel, en hoe behandel jy hoë bloeddruk.

Maar kom ons kry nou ‘n mooi duidelike antwoord op al hierdie onsekerheid…

 

Wat is bloeddruk?

Bloeddruk is basies druk wat die bloed teen die wande van die are uitoefen. Die hart pomp bloed deur die are wat dan bloed deur die liggaam vervoer om sodoende suurstof en ander nodige voedingstowwe deur die liggaam te vervoer.

 

Wat is normale bloeddruk?

Bloeddruk word gemeet met  sistool en diastool, sistool is bo en diastool onder.

  • Normale bloeddruk is – minder as 120 oor 80 (120/80)
  • Vlak 1 hoë bloeddruk is – 120/139 OOR 80-90
  • Vlak 2 hoë bloeddruk is – 140/159 oor 90-99

Gesels asseblief met jou dokter indien jou bloeddruk hoër as normaal is. Jy kan ook jou bloeddruk by jou apteek laat meet.

 

Nou wat is hoë bloeddruk?

Dit is eenvoudig wanneer die drukking aan die binnekant van die are hoër is as normaal, en in een van die volgende vlakke val.

Hoë bloeddruk word ook hipertensie genoem en kan gevaarlik wees want dit veroorsaak dat die hart meer werk moet doen. Dit dra ook by tot die are wat verhard, arteriosclerosis, en dit kan lei tot hartversaking.

 

Wat is die oorsake van hoë bloeddruk?

Die presiese oorsake van hoë bloeddruk is nog nie vasgestel nie, maar daar is ‘n hele paar faktore en toestande wat ‘n rol  speel in die ontwikkeling daarvan, naamlik:

  • Rook
  • Om oorgewig of vetsugtig te wees
  • Tekort aan fisiese aktiwiteit of oefening
  • Te veel sout in jou dieët
  • Te veel alkohol inname (meer as 1 tot 2 drankies per dag)
  • Stres
  • Ouderdom
  • Geneties en oorerflikheid
  • Kroniese nier siektes
  • Adrenalien en skildklier wanfunksie 

 

Hoe behandel ek hoë bloeddruk op ‘n natuurlike manier? 

Behandel hoë bloeddruk deur ‘n paar gesonde leefstyl aanpassings te maak.

Leefstyl aanpassings sluit verandering in gewoontes, verbeterde dieët, en ‘n bietjie meer oefening in.

Hierdie aanpassings kan jou hoë bloeddruk verbeter asook jou reaksie op bloeddruk medikasie.

Verminder Alkohol Inname:

Indien jy meer as twee drankies per dag neem staan jy dubbel die kans om met hoë bloeddruk te sukkel as normaal. Die verhouding tussen hoë bloeddruk en alkohol inname is duidelik wanneer jy meer as 5 drankies per dag neem.

Die verhouding is ook hoeveelheid verwant. Met ander woorde hoe meer alkoholiese drankies jy drink, hoe erger word die hoë bloeddruk indien jy alreeds daaraan ly.

Die Nasionale Instituut vir Alkohol misbruik en alkoholisme definieer ‘n standaard drankie as:

      • 340ml bier of
      • 250ml wyn, of
      • 44ml 80-proof gedistilleerde spiritus. (Dit is nou dinge soos vodka, whisky, brandewyn, en daardie ander sterk nommers met so rondom 40% alkohol)

Elkeen bevat ongeveer dieselfde hoeveelheid “absolute” alkohol wat 12g is. 

Hou Op Rook:

Indien jy rook is hier nog ‘n baie goeie rede om op te hou – te verhoog die kans om hoë bloeddruk te ontwikkel en vererger reeds-bestande hoë bloeddruk drasties.

Dit verhoog ook dan die risiko van vaskulêre (aar) siektes of komplikasies soos hartsiektes en beroerte.

Drink Minder Koffie

Dit geld ook vir enige ander drankies wat kafeïne bevat.

Dit is meer van toepassing op mense wat reeds hoë bloeddruk het, omdat dit die kans verhoog om ander ernstige gesondheidsprobleme te ontwikkel.

Eet Minder Sout

Dit word aanbeveel dat die inname van sout minder as 6g per dag moet wees vir mense met normale bloeddruk, en in die geval van mense wat aan hipertensie ly, minder as 4g.

Indien jy jou sout inname moet verminder na aanleiding hiervan, dan is hier ‘n paar wenke:

      • Moenie sout by jou kos gooi terwyl jy kos maak nie. D
      • Lees die etikette op kos om seker te maak dit bevat nie meer sout as wat jy mag inneem nie
      • Indien jy ‘n sout vervanging gebruik, maak seker dat dit NIE natrium (Sodium in Engels) bevat nie

Neem meer Kalium in

Dit is nou “Potassium” op die Engelse etikette.

As mens meer kalium inneem, kan dit help om die bloeddruk te verlaag en onder beheer te hou. Goeie bronne van kaliumis:

      • Piesangs
      • Spanspek
      • Lemoene
      • Spinasie
      • Zucchini

Verloor Gewig: 

Om oorgewig te wees beteken dat die hart baie harder moet werk om die bloed deur die liggaam te pomp – wat baie sleg is vir enige iemand wat reeds aan hoë bloeddruk ly, of in gevaar is daarvan.

En die gevaar daarvan is dan natuurlik nog soveel meer vir iemand wat nie net oorgewig is nie, maar aan vetsug ly…

Gelukkig help die ander leefstyl veranderinge ook om gewig te verloor!

Leer gewig verloor ten spyte van hoë bloeddruk…

Kry Meer Oefening: 

‘n Goeie oefen program help om jou hoë bloeddruk te verlaag in die lang duur.

Aktiwiteite soos draf, fietsry, vinnig stap, en swem vir 30 tot 45 minute daagliks kan jou bloeddruk met soveel as 5 tot 15mm Hg verminder. 

Daar is ook ‘n sterk verband tussen die hoeveelheid oefening en die vlak tot waar hoë bloeddruk verlaag kan word. Hoe meer jy oefen (tot op ‘n punt), hoe meer word jou risiko verminder. HIERDIE voordeel is egter net van toepassing op aërobiese oefen programme. 

Enige oefen program moet ook deur jou dokter voorgekeur word.

Leer om effektief te stap vir gesondheid en gewigsverlies…

Volg ‘n Goeie Eetplan:

Nie almal is dieselfde nie, en jou eie persoonlike eetplan mag dalk so bietjie verskil hier en daar.

Maar in die algemeen, is die beste eetplan een wat lae-GI, maar steeds goed gebalanseerd is.

Laai gerus jou GRATIS afskrif van die Manna Dieët hier af. Dit sal jou al die nodige riglyne, resepte, en wenke gee om gesonde eetgewoontes aan te leer wat volhoubaar is in die langtermyn.

Gebruik ‘n Natuurlike aanvulling:

Die Manna Blood Circulation Support is net die regte ding.

Dit gebruik ‘n kombinasie van natuurlike bestanddele wat saamwerk om die beste resultate te gee.

Die Manna Blood Circulation Support help om die bloedsomloop te verbeter op ‘n heeltemal natuurlike manier wat dan help om die bloeddruk onder beheer te hou.

 

Die Manna Blood Circulation Support is beskikbaar by hierdie winkels:

More articles

Leave a Reply