Wat Hoë Bloedsuiker Aan Die Voete Doen

Wat Hoë Bloedsuiker Aan Die Voete Doen

Een van die mees onaangename simptome van hoë bloedsuiker vlakke is voet probleme.

 

Maar ongelukkig is dit ook een van die mees algemene probleme…

Voet probleme as gevolg van hoë bloedsuiker vlakke ontstaan gewoonlik weens swak bloedsirkulasie of skade aan die senuwee. Dit veroorsaak verskillende komplikasies wat wissel vanaf pyn in die voete, tot ‘n totale verlies van gevoel.

Maar hoe weet mens waarvoor om uit te kyk?

Leer hoe om hoë bloedsuiker vlakke dadelik raak te sien…

 

Kom ons kyk na 6 van die mees algemene voet probleme wat mense met hoë bloedsuiker vlakke in die gesig staar

  1. Neuropatie

Neuropatie is die term wat gebruik word vir senuwee skade en in dit word gewoonlik veroorsaak deur langdurige hoë bloedsuikervlakke.

Dit kan pyn in die geaffekteerde area veroorsaak, maar dit kan ook ʼn totale verlies aan gevoel veroorsaak waar hitte en koue nie van mekaar onderskei kan word nie.

Die laasgenoemde kan tot verskeie ander probleme lei omdat jy nie kan voel wanneer jy jou voet seermaak nie. Jy kan dalk ‘n sny, blaas, of ander besering opdoen sonder om dit agter te kom! Die voet besering word dus nie behandel nie en kan besmet word.

  1. Die vel op die voete verander

Veranderinge aan die vel op die voet kan die gevolg wees van senuwee skade, omdat die senuwees wat die olie en vog in die voete beheer nie meer werk soos hulle moet nie. Die beste manier om dit te hanteer is om jou voete goed af te droog nadat jy gebad het, en dan die oorblywende vog met ‘n dun lagie petroleum jellie of gewone handeroom te seel.

Wees versigtig om nie te veel daarvan tussen jou tone te smeer nie, want te veel vog kan lei tot infeksie. 

  1. Eelte

Mense met hoë bloedsuiker vlakke is meer geneig tot eelte onder hul voete en hierdie eelte is geneig om gou te verdik. Dit gebeur weens die feit dat die onderkante van die voete hoë druk-areas is. Terapeutiese skoene of binnesole kan help om die ongemak of pyn van eelte onder jou voete te verlig. As eelte nie afgeskuur word nie, kan hulle baie dik word en later afbreek en in oop sere ontwikkel.

Jy moet nooit probeer om dit self af te skuur nie, omdat dit swere of infeksie kan veroorsaak. Besoek eerder ‘n kundige / gekwalifiseerde persoon wat dit deeglik kan afskuur.

Deur elke dag ‘n voet skuursteen te gebruik kan eelte onder beheer gehou word. Dit is die beste om die voet skuursteen op ‘n nat vel te gebruik. Smeer room aan na die behandeling.

  1. Voet sere

Soos reeds genoem is voet sere oop seerplekke en kom gewoonlik op die bal van die voet of onder die groottoon voor. Soms ontwikkel hulle aan die kant van die voet, en dis gewoonlik weens skoene wat sleg pas.

Swere kan baie seer wees en moet verkieslik deur ‘n kundige ondersoek en behandel word selfs al is hulle nie seer nie. As swere nie behandel word nie, kan hulle besmet raak en, in ernstige gevalle, lei tot die verlies van ‘n ledemaat. Die behandeling van swere hang af van die oorsaak daarvan, die stadium waarin dit is, waar dit gele is, ens.

Dit is waarom dit belangrik is om jou dokter dadelik te raadpleeg sodat die regte behandeling vir jou sweer toegepas kan word. As jy ʼn sweer aan die onderkant van jou voet het, is dit baie belangrik om so min as moontlik daarop te trap, omdat die drukking dit kan vererger. Jou dokter sal vir jou ‘n spesiale skoen of stut gee wat jou kan help om te stap sonder om verdere skade aan te rig.

Dit is belangrik om baie versigtig te wees, selfs al is die sweer gesond, want die vel en weefsel kan maklik beskadig word. 

  1. Swak bloedsirkulasie

Soos vroeër genoem, dra swak bloedsirkulasie grootliks by tot voet probleme. Dit kan veroorsaak dat swere en infeksies moeilik gesond raak, en ook dat dit meer geneig is om voor te kom.

Konstante hoë bloedsuiker vlakke kan lei tot swak bloedsirkulasie, omdat dit veroorsaak dat bloedvate in die voete en bene verdun en hard word. Simptome van swak bloedsirkulasie is gewoonlik gevoelloosheid, ‘n tinteling, pyn of ongemak van die voete. Meeste mense met hoë bloedsuiker vlakke sukkel met swak sirkulasie en daarom voel hul voete altyd koud.

Swak sirkulasie is ook die rede hoekom jy jou voete maklik kan brand wanneer jy dit met warm water of warmwatersakke wil warm maak.

Gebruik eerder dik, warm sokkies om jou voete warm te maak.

      • Jy kan die effek van swak bloedsirkulasie beveg deur op te hou raak (as jy rook), want dit laat die bloedvate verhard.
      • Volg ‘n gesonde dieet, soos die Manna Dieet, om jou bloeddruk en cholesterol onder beheer te hou.
      • Oefening is goed vir swak sirkulasie. Dit stimuleer bloedvloei in die bene en voete. Stap in stewige, gemaklike skoene wat goed pas, maar moenie stap as jy oop sere het nie.

Sommige mense kry pyne in hul kuite as hulle teen ‘n opdraande, vinnig, of op ʼn harde oppervlakte stap. Hierdie toestand word intermitterende kloudikasie genoem. Verlig die pyn deur vir ‘n paar oomblikke te stop. Moenie rook as jy hierdie simptome het nie. Sien die Manna Dieet eBoek vir ‘n verfynde stap program, en begin.

  1. Amputasie

Die risiko vir ‘n amputasie is baie groter vir mense met hoë bloedsuiker as vir diegene wie s’n onder beheer is. Dit is weens die feit dat baie hoë bloedsuiker lyers aan perifere arteriële siekte (PAS) lei, wat die bloedvloei na die bene en arms laat afneem.

Saam met die senuweesiekte (wat verlies aan gevoel veroorsaak), is hoë bloedsuiker lyers meer geneig tot swere en infeksies wat kan lei tot die amputasie van ledemate. Dit is derhalwe uiters belangrik om voet sorg ernstig op te neem.

Doen daaglikse voet ondersoek omdat jy nie altyd kan voel wanneer jy ‘n sweer of infeksie teenwoordig is nie.

As jy begin sukkel met voet probleme, besoek jou dokter sodat hy/sy jou kan help om jou voete reg te versorg. 

 

Wat moet ek doen om hierdie voet probleme te behandel?

Met die regte leefstyl veranderinge is dit moontlik om jou bloedsuikervlakke te beheer en voet probleme te voorkom of te behandel. Hier is wat jy moet doen… 

1. Eet reg en gesond

Maak seker jy kry ‘n groot verskeidenheid in om jou doelwit te bereik sonder om smaak of voedingswaarde prys te gee. Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou gewigsverlies teiken te bereik.

2. Kry genoeg van die regte oefening

Probeer om ten minste 30 tot 60 minute matige fisiese aktiwiteit minstens 4 dae ‘n week te doen. Moenie meer as twee dae laat verbygaan sonder om te oefen nie, want oefening is een van die beste maniere om bloedsuikervlakke te beheer en bloedsirkulasie te verbeter.

Jy hoef nie ure in die gimnasium deur te bring nie; jy kan bloot vinnig gaan stap, fietsry of ‘n paar lengtes swem. Indien jy nie tyd het vir ‘n lang oefensessie nie, kan jy dit in kleiner sessies deur die loop van die dag verdeel. Ons stel voor dat jy twee keer per week weerstand oefening, soos gewigoptel, by jou roetine insluit.

3. Manna Blood Sugar Support

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

More articles

Leave a Reply