Diabete: Dikwels voel dit asof hulle op warm kole loop.
Dit is een van die mees algemene probleme wat by diabete voorkom.
Die voete is seker die deel wat die heel meeste aangetas word deur diabetes. Daarom is dit uiters belangrik om goeie voetsorg te tref. Hier is bietjie raad vir brand voete.
Ons raad vir brand voete het 10 maklike stappe om te volg vir daaglikse voetsorg:
Ondersoek jou voete daagliks
Jy kan voet probleme ontwikkel waarvan jy nie bewus is nie. Ondersoek jou voete vir snye, sere, rooi kolle, inflammasie, of besmette toonnaels. ʼn Voet-ondersoek moet by jou daaglikse roetine ingesluit wees. As dit vir jou moeilik is om te buk om jou voete te ondersoek, gebruik ʼn klein spieëltjie of vra iemand om jou te help. Kontak dadelik jou dokter as ʼn sny, seerplek, blaas of kneusplek op jou voet nie na een dag begin gesond word nie.
Was jou voete deeglik
Was jou voete in warm water. Moenie jou voete week nie, want dit sal veroorsaak dat jou vel uitdroog. Gebruik ʼn termometer of jou elmboog om die water se temperatuur te meet, want dit moenie te warm wees nie. Droog jou voete goed af, veral tussen jou tone. Gebruik babapoeier om die vel tussen jou tone droog te hou.
Hou die vel sag en glad
Smeer ʼn klein hoeveelheid vogroom op jou hele voet. Moenie daarvan tussen jou tone smeer nie, want dit kan infeksie veroorsaak.
Dra skoene en Sokkies ten alle tye:
Moenie kaalvoet loop nie, selfs nie in die huis nie. Jy kan dalk in iets trap wat jou voete beskadig. Dra altyd sokkies, sykouse of kouse sonder some saam met jou skoene om te verhoed dat jy blase en sere kry. Maak seker dat die materiaal help om die vog van die voete te absorbeer sodat die voete droog kan bly. Maak altyd eers seker daar is niks binne die skoene, soos klippies, nie. Dra skoene wat goed pas en jou voete beskerm.
Beskerm jou voete teen hitte en koue:
Dra skoene wanneer jy op warm oppervlaktes soos ʼn sypaadjie of op die strand stap. As die bokant van jou voete aan die son blootgestel is, beskerm hulle met sonskerm. Hou jou voete weg van verwarmers of oop vure. Moenie warmwatersakke of warm kussings op jou voete sit nie. As jou voete koud kry, dra soomlose sokkies wanneer jy slaap. Uitgevoerde stewels help om jou voete warm te hou gedurende die winter. Hou altyd jou voete warm gedurende die koue weer. Moenie sokkies met some of ongelyk dele dra nie. Kies gestopte sokkies wat jou voete beskerm en gemaklik is om mee te stap.
Behou die bloedvloei na jou voete:
- Sit jou voete op ʼn voetstoeltjie wanneer jy sit.
- Wikkel jou tone vir ongeveer 5 minute, 2 of 3 keer per dag. Beweeg jou enkels in alle rigtings om bloedvloei in jou voete en bene te verbeter.
- MOENIE jou bene vir lang tye kruis nie.
- MOENIE styfpassende kouse, rekke of kousbande dra nie.
- MOET NIE beperkende skoene, voetprodukte, dra nie. Sulke produkte met rekke moenie deur diabete gedra word nie, want dit verminder die bloedsirkulasie na die voete.
- MOENIE rook nie. Rook verminder die bloedsirkulasie na die voete. As jy aan ho bloeddruk of ho cholesterol lei, raadpleeg jou gesondheidsorg span om dit onder beheer te kry.
Eet gesond
Bly weg van kits-diëte af wat jou net moedeloos maak en boonop nig sleg vir jou gesondheid ook is. Volg ʼn gebalanseerde manier van eet wat volhoubaar is in die langtermyn. Jy kan die GRATIS Manna Dieet aflaai om te gebruik as ʼn handleiding.
Wees meer aktief:
Beperk alle oefeninge wat stremmend is op die voete, soos hardloop of spring. Sluit altyd ʼn kort opwarming- en afkoeltyd in. Dra beskermende stap- of sportskoene wat goed pas en goeie ondersteuning bied. Stap, dans, swem en fietsry is alles goeie vorme van oefening wat nie stremmend op die voete is nie. Maar moenie dat dit jou beperk nie!
Beheer jou bloedsuiker vlakke
Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete. Die Manna Blood Sugar Support is n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Gebruik die Manna Burning Feet Gel
Die Manna Burning Feet Gel verlig simptome van brandende voete. Dit help om die pyn en ongemak wat deur brandende voete gebring word te verlig en sodoende lewensgehalte te verbeter.
Manna Burning Feet Gel
Manna Burning Feet Gel help om simptome wat met brandende voete geassosieer word, te verlig.
Verlig spierspasmas, help om pyn te verlig, anti-allergeen, anti-inflammatories, antisepties, nie-toksies en veroorsaak nie irritasie nie.
Manna Burning Feet Gel is beskikbaar by
“Brandende / pynlike voete is ‘n probleem wat diabete het, en om ‘n produk te vind wat werk is een uit ‘n miljoen – DUS is hierdie produk een uit ‘n miljoen! Dit werk!!! Dit neem die konstante brand weg! Dit is vir seker ‘n 10/10 produk!”
Charlene
Dosis
Volwassenes en ouer kinders: Wend een of twee keer daagliks aan op die aangetaste area totdat simptome verdwyn. Nadat die simptome verdwyn het, gaan voort met behandeling vir nog twee weke, en dien die produk een keer per dag toe.
Kinders: Veiligheid by kinders jonger as twee jaar is nie vasgestel nie.
Kontra-indikasies
Nie geskik vir epilepsielyers nie.
Nie geskik vir mense met onbeheerde hipertensie nie.
Word nie aanbeveel tydens swangerskap of borsvoeding nie.
Nie geskik vir individue met ‘n sensitiwiteit vir enige van die bestanddele nie.
Waarskuwing
Slegs vir eksterne gebruik. Vermy kontak met oë.
Newe-effekte
Geen
Bestanddele
Gesuiwerde water, Simondsia Chinensis (Jojoba) Saadolie, Gliserien, Arnica Montana, Metielsulfonielmetaan (MSM), Natriumhyaluronaat, Matricaria Chamomilla, Pelargonium Graveolens, Lavendula Officinalis, Carbomer, Methyl Paraben, Propiel Paraben.
“Ek is mal oor hierdie produk. Dit werk regtig. Voorheen kon ek nie vêr loop nie omdat my linkervoet se sool gebrand het. Nou kan ek loop sonder om ‘n moontlike brandende voet te vrees. Wat ‘n verligting. Ek kan hierdie produk ten volle aanbeveel.”
Annette Van Aswegen
Koop Manna Burning Feet Gel aanlyn nou!
Manna Burning Feet Gel is beskikbaar by
“Het dit vir my ma gekoop, sy is ‘n diabeet. Sy het gesê ná die eerste paar nagte was die brandende sensasie weg. Sal vir enige iemand aanbeveel. Dit is ‘n wonderlike produk “
Lizandra