Lae Energievlakke? Top 10 MAKLIKE Energievlak Opkikkers

Lae Energievlakke? Top 10 MAKLIKE Energievlak Opkikkers

10 Maklike energievlak opkikkers:

1. Gebruik meer Magnesium 

‘n Gebalanseerde dieët kan help om te verseker dat jy genoeg vitamiene en minerale inneem, maar as jy nog steeds energie nodig het kan jy dalk ‘n magnesium tekort hê.  Magnesium is nodig vir meer as 300 biochemiese reaksies in die liggaam, insluitend die afbreek van glukose na energie. Wanneer jou magnesium vlakke selfs net ‘n bietjie laag is kan dit ook ‘n tekort aan jou energie vir elke dag beteken.

Tydens ‘n studie gedoen by die Departement van Landbou en Voeding by Grand Forks in Amerika is daar bewys dat vrouens met ‘n magnesium tekort se harte vinniger klop en as sulks meer suurstof vereis net om gewone take te verrig.  Op die lang duur kan die liggaam heeltemal uitgeput raak.  Toe hulle magnesium tekort herstel is was hul hartklop weer terug na normaal.

Die aanbevole daaglikse inname van magnesium is ongeveer 300 mg vir vroue en 350 mg vir mans.  Om seker te maak jy kry genoeg bederf jou sommer met die volgende saam met jou daaglikse dieet:

‘n Handvol amandels, haselneute en kasjoeneute vir ‘n peuselhappie, of selfs oor jou ontbyt pap.  Semels oor pap help ook met magnesium inname, en wat van liewer ‘n stukkie vis bestel volgende keer wanneer jy uiteet in plaas van ‘n biefstuk?

2. Gaan stap om die blok of doen net daardie bietjie ekstra wat jy nie altyd sou doen nie? 

Kenners sê dat die verhoging van fisiese aktiwiteite, veral om te stap verhoog jou energie. ‘n Goeie vinnige 10 minuut se loop gee jou nie net daardie bietjie ekstra energie wat jy nodig het nie maar verhoog ook jou metabolisme vir die volgende twee uur!

Probeer dit! Loop net vir 10 minute lekker vinnig en flink elke dag vir drie weke, nie net sal jou algehele energie vlakke beter word nie maar jou gemoed sal ook beter voel.

3. ‘n Vinnige oog toemaak? 

Navorsing het bewys dat wanneer die brein oorlaai word dit ons energie kan tap. Studies by die Nasionale Instituut vir Geestesgesondheid het bewys dat ‘n slapie van 60 minute jou konsentrasie kan verhoog en ook jou energie kan aanhelp.

4. Die goue reël! MOENIE ontbyt oorslaan nie! 

Die slim mense het bewys dat wanneer jy ontbyt eet jy in ‘n beter bui gaan wees en meer energie vir die dag sal hê. Om ‘n maaltyd oor te slaan ontneem jy jouself van kosbare energie inname as sulks en moegheid bekruip jou wanneer jy dit die minste nodig het.

5. Hoe hanteer jy kwaadraak? Woede? 

Die sielkundige Paul Baard PhD glo dat stres een van die grootste energie stelers is. Stres is die gevolg van angs, en vrees gebruik ‘n hele klomp energie op.” Hy is ‘n sportsielkundige by die Fordham Universiteit in die Bronx, New York.  Stres kan jou geestelik en fisiek uitput, selfs al spandeer jy die dag in die bed. Die vrees, bekommernis en stres is nog steeds in jou lyf. Kroniese stres sorg vir die verweer van jou energie vlakke. Met verloop van tyd vind jy dat jy minder doen maar meer uitgeput voel.

Opgekropte woede is net so ‘n nare energie moordenaar, maar die goeie nuus volgens Baard is dat die moordenaars ook positief ingespan kan word om meer ontspannings aktiwiteit in ons dag in te pas. Vir baie mense is oefening die verbranding van die chemiese effek van stres en woede, ander vind weer verligting in stilwees, te luister na musiek of om ‘n boek te lees wat nie veel dink vereis nie, of selfs net te gesels oor die foon.  Wat ontspannend is vir jou sal jou spanning verminder en met jou energie help.  Dink daaroor . . . net om te dink aan wat jou kan laat ontspan sal jou op die pad sit om alles wat energie steel uit jou lewe te verwyder.

6. Draai die kraan oop! Koop ‘n bottel water . . . DRINK MEER WATER!

(Drink meer water en minder alkohol!)

Dit is so maklik om die sein van honger te verwar met dors! Wanneer jy dors is kan jy ook moeg wees, dit maak soveel sin! Antwoord gou, sommer nou; hoeveel water het jy al vandag gedrink?

Geringe dehidrasie kan jou moeg en traag laat voel.

En die oplossing is eenvoudig! ‘n LAAANG KOUE GLAS WATER!

Dit bevorder ook energie na oefening, wanneer jou liggaam ‘n drang het na vloeistowwe. Is jy dikwels moeg na ‘n goeie nag se rus? Probeer om te sny op alkohol in die aand.

Terwyl alkohol aanvanklik help wanneer jy aan die slaap wil raak, meng dit in met jou diep slaap.  Jy kry nie die rus wat jy dink jy kry nie al slaap jy ‘n volle ag ure.

Deur te sny op alkohol voor slaaptyd kry jy ‘n beter nagrus en dus meer energie vir die volgende dag.

7. Meer volgraan en minder suiker! 

Die sleutel is om die bloedsuiker gebalanseerd te hou en die energie konstant. Wanneer jy ‘n soetigheid eet kry jy ‘n skerp styging in jou bloedsuiker, wat jou aanvanklik daardie sarsie energie gee, maar ongelukkig volg ‘n vinnige afname in bloedsuiker en dan is die energie uitgewis.  Hou aan met die suiker eet vir energie oefening deur die dag en teen die aand is jy totaal uitgeput.

Met die eet van volgraan kos verseker jy die konstante en bestendige vrystelling van kosbare brandstof vir energie deur die dag. Jy sal minder moeg raak deur die dag met hierdie manier van eet.

Inderdaad, ‘n studie wat onlangs gepubliseer is in die American Journal of Clinical Nutrition, het gevind dat die eet van meer volgraan help met die verhoging  die liggaam se sensitiwiteit vir insulien, wat vir die stadige en bestendige vrystelling van energie verantwoordelik is.

Manna Bloedsuiker Beheer is die ideale aanvulling om te neem met elke ete wat kan help met die bloedsuiker beheer en insulien bestuur.

8. ‘n Krag Happie? 

So ‘n krag happie is meer as net om te eet tussen maaltye, maak seker dit bevat ‘n kombinasie van proteïen, ‘n bietjie vet en vesel.  Wat van grondboontjie botter op ‘n volgraan beskuitjie of dalk ‘n jogurt met ‘n handvol neute daar in? Die suiker gee daardie ekstra bietjie energie, die proteïne hou jou energie en die vet sorg dat die energie hou.

9. Maak dit ‘n Lattè 

‘n Vinnige kafeïen opkikker het die vermoë om jou energie hoog te hou in plaas van net ‘n gewone koppie koffie = Lattè.  Die melk verander die “java” in ‘n proteïen drankie en hou jou energie konstant, die voorsien ook ekstra kalsium wat goed is vir jou gebeente. ‘n Sprinkeltjie amandels daaroor en jy bederf jouself sommer lekker!

10. Wanneer laas het jy jou skildklier laat toets?

Wanneer laas was jy vir ‘n algehele bloedtelling toets?

Indien jy gedurig moeg voel en alles doen wat jy behoort te doen om dit te bekamp is dit dalk tyd om jou dokter te gaan spreek. Monitor hoe jy soggens voel, al het jy ‘n goeie nagrus gehad, is jy nog moeg? Vra jou dokter vir ‘n skildklierfunksie toets asook ‘n anemie toets.

‘n Skildklier wat nie behoorlik funksioneer nie kan veral ‘n probleem wees vir vroue, dikwels na geboorte en tydens die pre-menopouse.  ‘n Eenvoudige bloedtoets kan dit bevestig al dan nie. Daar is wel medikasie wat jou skildklier weer goed kan laat funksioneer.

Met anemie kan ‘n vermindering in rooibloedselle beteken dat jou liggaam nie genoeg suurstof inneem om energie te onderhou nie. Dit kan veral gebeur tydens ‘n vrou se re-produktiewe jare, veral as sy ‘n swaar menstruele siklus het.

 

Aanbeveling:

Manna Energy Boost is ontwikkel met die meeste van bogenoemde faktore in gedagte.  Die produk bestaan uit drie belangrike bestanddele wat jy op kan reken vir die bevordering van energie.

Dit is: Magnesium, L-Carnitine en Guarana.

More articles

Leave a Reply