Bereik Jou Nuwejaar Verslanking Doelwitte!

Bereik Jou Nuwejaar Verslanking Doelwitte!

Dis ‘n nuwe jaar, wat beteken dit is die perfekte tyd vir nuwe doelwitte.

 

Hoewel ons baie persoonlike doelwitte mag hê, is een van die mees algemene een om ‘n paar kilogramme af te skud of om gesonder te leef. 

Maar soms voel dit uitdagend – amper soos ‘n berg wat ons moet klim! So hoe moet ons maak?  

 

Om dit makliker te maak, kan ons dit op breek in bereikbare doelwitte…

Daar is slegs twee hoof doelwitte wat jy moet bereik vir gewigsverlies, en dit is:

  • Bly binne perke van jou daaglikse kalorie toelaag.
  • Maak altyd seker dat jou bloedsuiker vlakke stabiel is.

 

Hoekom is dit belangrik?

Ons almal weet nou al hoekom dit belangrik is om jou kalorieë dop te hou, want gewigsverlies hang grootliks af van: Verbrand meer kalorieë as wat jy inneem.

Maar waarom moet jy jou bloedsuiker vlakke onder beheer hou? Waaroor gaan dit?

Dis eenvoudig – hoë bloedsuiker vlakke veroorsaak dat die liggaam vet stoor! Dit gebeur wanneer ons kos eet wat koolhidrate of suiker bevat, wat dan veroorsaak dat die bloedsuiker vlakke die hoogte in opskiet.

Die liggaam stel dan insulien vry, wat die hormoon is wat bloedsuiker vlakke onder beheer hou.

Die insulien kry jou hoë bloedsuiker vlakke terug na normaal deur die suiker te gebruik vir onmiddellike energie, en die res te stoor as vet.

So nou weet jy hoekom dit so UITERS BELANGRIK is om jou bloedsuiker vlakke onder beheer te hou vir gewigsverlies.

 

Hoe hou ek my kalorie inname en bloedsuiker vlakke onder beheer?

Hierdie 6 wenke vir gewigsverlies is presies wat jy nodig het om jou op die regte pad te hou…

  1. Wees slim met jou beplanning

“Wat eet ons vanaand?” moet nie ‘n vreesaanjaende vraag te wees nie. Dit moet jy nie laat dink aan die ure wat jy moet staan en kosmaak en dan nog die skottelgoed was ook nie.

Wanneer jy ‘n gesonde eetplan het waarvolgens jy werk is dit maklik om vooruit te beplan en seker te maak dat jy alle bestanddele het wat jy gaan benodig vir jou volgende paar dae se maaltye.

Wanneer jy reeds weet wat jou volgende maaltyd i, en jy weet jy hoef nie nog te gaan inkopies doen om die bestanddele te kry nie, beteken dit dat jy geen verskoning het om in te gee aan die versoeking van ‘n vinnige stop by ‘n wegneem restaurant nie.

Dit sal jou help om kosse te vermy wat veroorsaak dat jou bloedsuiker vlakke opskiet. Neem ook een of twee Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om te verseker dat jou bloedsuiker vlakke onder beheer bly.

  1. Word bewus van porsie grootte

Te veel van ‘n goeie ding is nie altyd goed nie. Onthou – selfs gesonde kosse bevat kalorieë. Jy moet altyd bewus wees van hoe groot porsie van watter kosse jy mag eet.

Wanneer jy by die huis is moet jy altyd jou kos afweeg om te leer hoe om porsie grootte met die blote oog te skat. Dit sal jou baie help wanneer jy iewers is waar jy nie ‘n kombuis skaal het om jou kos mee te weeg nie.

Dit is ook natuurlik ‘n goeie manier om die kos te geniet wat jy nie eintlik veronderstel is om te eet nie. As jy mal is oor ‘n stukkie kaaskoek, of net nie kan nee sê vir ‘n blokkie sjokolade nie, moet jouself dan nie daarvan weerhou nie. Maar maak net seker jy hou by jou toegelate porsie daarvan sodat jou kalorie-telling nie opgaan tot by die maan nie!

Jy kan ook die gewig-optel effek van lekkernye en ongesonde kosse tot ‘n mate uitskakel deur ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit te neem sodat die suiker daarin nie veroorsaak dat jou bloedsuiker vlakke so erg opskiet nie.

  1. Behou ‘n balans

Alles kom neer op ‘n goeie balans. Die mees verkeerde ding wat jy kan doen is om ‘n kitsdieet te volg waar jy jou kalorieë sny tot iets belaglik soos minder as 1000 per dag en niks eet behalwe appels.

Volg ‘n goeie, gesonde, gebalanseerde dieet wat volhoubaar is oor die langtermyn. Jy mag dalk nie so klomp gewig verloor aan die begin soos met ‘n kitsdieet nie, maar die gewig gaan ook nie na ‘n paar weke weer terug wees soos met ‘n  kitsdieet nie.

Volg die Manna Dieet vir ‘n gebalanseerde, volhoubare eetplan. Dit werk op sy beste as jy dit gebruik saam met Manna Blood Sugar Support en Manna F.A.T Way to Go tablette.

  1. Kry iemand om dit saam met jou te doen

Dis nie lekker om die enigste een aan tafel te wees wat nie ‘n massiewe groot pizza eet nie. Dis hoekom dit belangrik is om iemand te hê wat saam met jou gesond eet.

Dit is ‘n feit dat dit makliker is om gewig te verloor as jy dit nie alleen hoef te doen nie. Betrek jou lewensmaat, of selfs sommer die hele gesin in jou gesonde leefstyl.

Maak almal opgewonde met die verskeie lekker en gesonde disse, en gaan saam op stappies of fietsritte vir oefening.

Selfs as jy slegs een persoon het wat dit saam met jou doen is dit baie makliker om mekaar te motiveer vir die gewigsverlies paadjie.

  1. Aanvaar glipsies, maar moenie dit ‘n gewoonte maak nie

Jy kan beplan tot jy blou is in die gesig, en jy kan 99% van die tyd by jou plan hou. Maar op ‘n stadium gaan jy waarskynlik ingee aan die versoeking van ‘n lekker melkskommel en ‘n bord skyfies met sout en asyn. Maar dis nie die einde van die einde van die wêreld nie. Moenie kwaad raak vir jouself nie. Aanvaar dit, beweeg aan, en gaan verder voort op jou plan.

Maar indien dit gebeur, gryp vinnig ‘n Manna Blood Sugar Support tablet. Dit help om die GI van die kos te verlaag deur die suiker daarin stadig in die bloedstroom vry te stel. As dit gebeur, balanseer dit jou bloedsuiker vlakke en verminder dit die hoeveelheid suiker wat as vet gestoor word.

  1. Manna Blood Sugar Support

Dit is nie eintlik ‘n verslanking geheim nie – want dit is geen geheim dat Manna Blood Sugar Support fantasties is vir gewigsverlies nie.

Die manier waarop dit die probleem oplos deur die wortel daarvan aan te spreek is ‘n unieke eienskap van die produk waaroor ons graag spog. En jy kan ook daaroor spog wanneer dit jou help om gewig te verloor!

En as jy alles probeer wat jy kan om gewig te verloor, aanvaar ek jy oefen ook? Raai wat – Manna Blood Sugar Support is ‘n ongelooflike produk om jou energie vlakke lekker hoog te hou terwyl jy oefen.

Wanneer Manna Blood Sugar Support die suiker uit die kos wat jy eet egalig vrystel in jou bloedstroom in, maak dit dat jy vir ‘n langer tydperk konstante hoë energie vlakke het.

Dit is weens die feit dat al die suiker nie op een slag in jou bloedstroom ingaan nie, maar eerder stadig en egalig vrygestel word sodat jou liggaam dit meer effektief as energie kan gebruik.

 

Wat sê die mense wat Manna Blood Sugar Support gebruik?

“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend

“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey

Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend

“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita

Jy kan vandag nog jouself die hupstoot gee wat jy benodig om gewig te verloor met die hulp van Manna Blood Sugar Support. Dit is beskikbaar op ons webblad en ook by hierdie winkels…

More articles

Leave a Reply