Beter Voetgesondheid Vir Mense Met Diabetes

Beter Voetgesondheid Vir Mense Met Diabetes

This article is also available in English

Diabetes kan ernstige voetprobleme veroorsaak.

Voetprobleme kan stadig begin en dit word nie altyd vinnig genoeg geidentifiseer nie. As voorkomende voetsorg nie toegepas word nie, kan pasiënte ernstige voetinfeksies ontwikkel. Daar is egter sekere stappe wat jy kan neem om jou voetgesondheid te verbeter en erge diabetesverwante voetprobleme te voorkom.

 

Die oorsaak van diabetesverwante voetprobleme

Diabetes kan diabetiese neuropatie (senuweeskade) veroorsaak. Wanneer jou senuwees beskadig word, en jy gevoel in jou voete verloor, voel jy dalk nie wanneer jy jou voete stamp of sny nie. Mens let nie altyd op as jy snye en sere op jou voete het nie en hierdie wonde kan infeksies veroorsaak .

Dit kan lank neem vir hierdie infeksies om te genees aangesien diabetes ook die hoeveelheid bloed wat na jou voete vloei, verlaag. Dit kan die genesing van voetsere en infeksies vertraag. Slegte infeksies mag dalk nooit genees nie en kan uiteindelik lei tot gangreen en amputasie mag nodig wees.

Soos alle diabetesverwante probleme, moet daar daagliks aksie geneem word, om voetprobleme te voorkom. As jy jou bloedsuikervlakke stabiel kan hou, voet-selfsorg kan beoefen en jaarliks deur jou dokter ondersoek word, kan jy diabetesverwante voetprobleme voorkom of vertraag.

 

Hoe om diabetesverwante voetprobleme te voorkom of te vertraag

Daar is talle daaglikse en jaarlikse stappe wat jy kan neem wat sal help om jou voete gesond te hou.

Daaglikse aksies

  • Hou jou bloedsuikervlakke stabiel.

Goeie bestuur van jou bloedsuiker sal die risiko van voetprobleme verminder. ‘n Effektiewe en natuurlike manier om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, is om Manna Blood Sugar Support te neem. Hierdie produk beheer bloedsuikervlakke en help om probleme verwant aan diabetes te voorkom.

  • Moenie rook nie.

Sigaretrook verminder bloedvloei na die voete en enige voetbeserings sal langer neem om te genees.

Vir daaglikse voetversorging volg die volgende stappe:

1. Ondersoek daagliks jou voete
      • Kom in die roetine om te kyk vir probleme soos snye, sere, blase, eelte, of enige rooiheid of warm kolle.
      • Onthou om ook tussen jou tone te kyk.
      • As jy nie op jou eie kan kyk nie, vra ‘n familielid of vriend om hulp.
2. Was daagliks jou voete
      • Was jou voete in warm water.
      • Kyk dat die water nie te warm is nie – 32 tot 35 grade Celsius is veilig.
      • Moenie jou voete week nie.
      • Nadat jy jou voete gewas het, droog jou voete deeglik af.
3. Maak eelte saggies glad
      • Vra jou jou dokter of ander gesondheidversorger oor die korrekte manier om eelte te behandel.
      • Gebruik ‘n puimsteen om eelte saggies glad te maak. Moenie ‘n skêr of ander instrumente gebruik om dit af te sny nie.
      • Hou jou vel sag deur op die bo- en onderkant van jou voete room te smeer. Moenie room tussen jou tone sit nie, aangesien die vogtigheid ‘n infeksie kan veroorsaak.
4. Knip toonnaels reguit met ‘n naelknipper
      • Knip toonnaels nadat jy gebad het. Die naels sal sagter wees en dit sal makliker wees om te knip.
      • Moenie te naby aan die hoeke sny nie en moenie die vel rondom jou naels beskadig nie.
      • As jy gevoel in jou tone verloor het, vra iemand om te help om jou toonnaels te knip.
5. Dra skoene en sokkies
      • Probeer om te alle tye skoene en sokkies te dra.
      • Gaan die binnekant van jou skoene na voordat jy dit aantrek om te verseker dat daar geen klippies of ander voorwerpe in jou skoene is wat jou voete kan seermaak nie.
      • Jy kan ook met jou dokter of ander gesondheidversorger praat oor die aankoop van sokkies wat ontwerp is vir mense met diabetes.
6. Beskerm voete teen warm en koue temperature
      • As die sensasie in jou voete verminder, gaan die temperatuur van jou vel na met jou vingers of elmboog.
      • As die weer warm is, dra gemaklike skoene wat teen die hitte van sypaadjies sal beskerm. As dit koud is, gebruik sokkies om jou voete warm te hou.
7. Help jou bloedsirkulasie aan
      • Wanneer jy sit, wikkel jou tone en beweeg jou enkels op en af.
      • Moenie stywe sokkies dra wat bloedsirkulasie sal beperk nie.
      • Staan op en beweeg gereeld.
8. Kontak ‘n dokter of ander gesondheidversorger as jou voetprobleme erger word.

Jaarlikse aksies

  • Vra jou dokter of ander gesondheidversorger om jou voete te inspekteer elke keer as jy besoek aflê.
  • Doen elke jaar ‘n omvattende voeteksamen.

Dit kan dalk tyd neem om ‘n daaglikse en jaarlikse voetsorg-roetine te implementeer, maar sodra jy jou voete gevind het, sal jy diabetesverwante voetprobleme kan verminder en selfs voorkom.

 

Manna Blood Sugar Support vir Diabetes Voet Probleme. 

Neem net Manna Blood Sugar Support saam met elke ete – dit is seker die maklikste wenk en mees effektiewe wenk.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.

Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

 

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

More articles

Leave a Reply