Daar is ‘n magdom vreemde advies rondom gewigsverlies daar buite
Die bou van nuwe gewoontes kan nogal intimiderend wees. Het jy geweet dat jou brein aangename ervaringe onthou? Jy sal meer geneig wees om gewoontes te bou rondom dinge wat jou gelukkig maak. Gesonde gewoontes, wat jou help om gewig te verloor, kan jou ook genot bied.
As jy gewoontes rondom gerwigverlies lekker maak, sal jy langer by die gewoontes kan hou en so sal jy daardie ekstra gewig kan afskud. Lees verder om uit te vind watter gewoontes jou sal help om daardie ekstra kilogramme te verloor.
Hier is tien beproefde maniere om gewig te verloor wat jy in jou daaglikse lewe kan implementeer…
1. Eet stadig
Wanneer jy kos kou, probeer om al die geure en verskillende teksture te geniet. Kou behoorlik en doelbewus. Smul aan jou kos. Dit neem tyd om agter te kom dat jy vol is. Om stadig te eet, sal jou liggaam die nodige tyd gee om te registreer dat jy versadig is. Om tyd te neem om elke happie te geniet, sal jou help om nie te ooreet nie.
2. Geniet jou kos
Om gesond te eet kan lekker wees. Voeg ‘n verskeidenheid geure en teksture by jou dieet. Probeer nuwe en interessante resepte. Eksperimenteer met speserye. Geniet dit om kos te maak met bestanddele waarvan jy hou.
3. Eet in ‘n spesifieke plek
Wanneer jy voor die TV of skootrekenaar of in jou motor eet, is dit moeilik om bewus te wees van wat jy alles eet. Probeer om ‘n spesifieke plek in jou huis te allokeer waar jy net eet. Sodoende kan jy sonder afleidings, by ‘n tafel gaan sit en op jou maaltyd fokus. Dit sal help om bewussyn te skep rondom wat jy elke dag eet.
Nie net sal jy meer bewus wees van wat jy daagliks eet nie, maar as jy op ‘n spesifieke plek elke dag eet, sal dit jou ook help om by ‘n eetskedule te hou. Dit is belangrik om nie maaltye oor te slaan nie. Wanneer jy maaltye oorslaan, sal jou liggaam sy bes probeer om soveel moontlike energie te kry en jy sal dalk ‘n eetlus opbou vir koolhidrate en lekkers. Jy kan jou lus vir suiker smoor – gee jou liggaam die energie wat dit nodig het deur konsekwent gesonde maaltye te geniet.
4. Sny kalorieë en geniet meer geur
Gebruik bestanddele met skerp reuke en skerp geure. Wanneer jy byvoorbeeld die hoeveelheid kaas wat jy in ‘n maaltyd gebruik verminder, kan jy kaas met ‘n skerper aroma kies bo een met ‘n sagter geur, so kan jy kalorieë verminder en steeds die ryk geur van kaas geniet.
5. Skryf in ‘n joernaal
Wanneer jy meer bewus word van jou emosies, kan jy “emosionele ooreet” vermy. Joernaalinskrywings is ’n goeie manier om bewustheid te kweek rondom jou innerlike wêreld. As jy bewus is van hoe jy voel, sal dit makliker wees om groot emosies te hanteer in plaas daarvan om hulle te onderdruk deur te eet.
6. Drink meer water
Drink ongeveer ‘n halwe liter water voordat jy eet. Dit kan jou metabolisme ‘n hupstoot gee en jou minder honger laat voel. Jy kan altyd suurlemoene, komkommers of eetbare blomme by jou water voeg vir geur en kleur.
7. Eet meer groente
Vul die helfte van jou bord met groente, ‘n kwart met graan en ‘n kwart met proteïene. Daar is ‘n groot verskeidenheid groente om van te kies wat wonderlike variasie by maaltye kan skep.Jy kan die pragtige patrone van romanesco-broccoli geniet of pak choi en pastinaak probeer.
8. Begin waar jy is
Om te probeer gewig verloor, kan oorweldigend voel – daar is soveel goeie gewoontes om te implementeer en slegte gewoontes om te laat vaar. Jy hoef nie al jou gewoontes op een slag te verander nie.
Die beste manier om te begin is om eerstens, te evalueer waar jy is en dan een, klein stappie nader jou doelwit te neem. As jy ‘n meestal deur die dag stilsit, moenie jou eerste oefensessies afskop deur elke dag ‘n strawwe roete van 5 km te hardloop nie. Begin klein. Probeer elke dag vir vyf minute stap. Vier jou klein oorwinnings en binnekort sal jy vinnig en ver kan hardloop.
9. Geniet vrugte-nageregte
’n Heerlike manier om te verseker dat jy jou daaglikse kwota vrugte eet, is om met vrugte te eksperimenteer vir nagereg. Vrugte is ryk aan voedingstowwe en bevat baie vesel. Jy kan klapperroom, lychees en frambose probeer met ‘n bietjie vanielje of geroosterde perskes met amandels. Vrugte kan gebak, gerooster of gevries word en dit gee wonderlike geure en kleure aan enige gereg.
10. Kry genoeg slaap
Onvoldoende slaap kan ook jou eetlus verhoog, aangesien jou liggaam meer ghrelien produseer. Ghrelin is jou hongerhormoon, en met verhoogde hoeveelhede sal jy ‘n eetlus opbou vir koolhidrate en soetgoed. Om genoeg rus te kry, sal help om jou hormone te balanseer en jy sal gesonder keuses kan maak.
Samevatting
Om meer groente te eet, te oefen en genoeg slaap in te kry, kan jou help om gewig te verloor. As jy hierdie gesonde gewoontes wil implementeer, probeer om dit lekker te maak en jy sal meer geneig wees om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf en daardie ekstra kilogramme te verloor.
Gebruik Manna Blood Sugar Support
Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!
Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.
Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om makliker gewig te verloor?
Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.
Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!
Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.