7 Jig Simptome Om Voor Uit Te Kyk

7 Jig Simptome Om Voor Uit Te Kyk

This article is also available in English

Jig is nie altyd maklik om te identifiseer nie.

Dit kan help as jy jou dokter goed kan inlig oor jou simptome sodat jy die regte behandeling kan kry. Hier is sewe jig simptome om voor op te let.

Jig, ‘n tipe artritis, veroorsaak skerp pyne, swelling en inflammasie in jou gewrigte. Mense wat aan jig ly, ervaar skielike, pynlike “aanvalle”. Hierdie aanvalle gebeur wanneer daar te veel uriensuur in jou bloed is. Uriensuur is ‘n afvalproduk wat deur jou liggaam gemaak word wanneer dit voedsel verteer. Wanneer jou uriensuurvlakke hoog is, versamel kristalle in jou gewrigte. Dit veroorsaak intense pyn.

Jig is hoogs behandelbaar, maar sommige simptome kan redelik subtiel wees. Jig is ook moeilik om te diagnoseer aangesien simptome dieselfde lyk as dié van ander kwale. Hou jou simptome fyn dop sodat jy die regte behandeling kan kry en jippyn weg kan hou.

 

Wees op die uitkyk vir hierdie jig simptome:

1. Pyn in jou groottoon

Die mees algemene area in jou liggaam wat deur jig aangetas word, is jou groottoon. As jy ‘n oormaat uriensuur in jou bloed het, kan dit kristalliseer en na jou groottoon beweeg. Hierdie kristalle kan jou groottoon warm laat voel en skerp pyn veroorsaak.

2. Gewrigspyn

Jig kan enige gewrig in jou liggaam aantas – jou knieë, elmboë, enkels en polse is almal in gevaar. Soms ervaar mense pyn in slegs een gewrig, maar dikwels word verskeie gewrigte aangetas. Ongeveer 25 persent van jigpasiënte ervaar pyn in meer as een gewrig op ‘n slag. As jy wel pyn in verskeie gewrigte het, kan dit veral moeilik wees om jig te diagnoseer aangesien dit verwar kan word met rumatoïede artritis wat ook verskillende gewrigte affekteer.

3. Gewrigpyn in die nag

Jigaanvalle is twee keer so geneig om jou te oorrompel terwyl jy slaap (tussen middernag en 08:00). Jou liggaamstemperatuur sal laer wees en jy sal minder water in jou liggaam hê in die middel van die nag, wat kan lei tot ‘n opbou van uriensuur in jou bloed.

4. Jigaanvalle

Jigverwante pyn vlam vinnig op. Jy kan dalk sonder pyn gaan slaap en dan in die middel van die nag wakker gemaak word deur erge gewrigspyn. Jig word gekenmerk deur periodes sonder pyn en dan word dit onderbreuk deur skielike jigaanvalle.

Nadat die simptome begin het, neem dit gewoonlik ongeveer 12 tot 24 uur vir die pyn in die gewrig om ‘n hoogtepunt te bereik, maar gewrigte kan vir ‘n paar dae of selfs weke ongemaklik voel. Sonder behandeling kan hierdie aanvalle meer gereeld word en die pyn vererger.

5. Moegheid

Jigaanvalle kan jou moeg laat voel. Sommige mense ervaar spierpyne en koors. Dit voel dalk asof al jou energie weg is en jou liggaam besig is om van griep te herstel.

6. Tophi

Wanneer jy baie kristalle in jou gewrigte het, sal hulle saamklonter en knoppe en bulte rondom jou gewrigte vorm. Hierdie klompe kristalle word tophi genoem. Tophi is gewoonlik teenwoordig in chroniese jig pasiënte. Met behandeling kan hulle verdwyn.

7. Nierstene

‘n Oormaat uriensuur kan ook in jou urienweg opbou en wanneer dit kristalliseer sal jy nierstene hê. Nierstene is nie regtig ‘n simptoom van jig nie, maar ‘n komplikasie. As jy wel nierstene ontwikkel, moet jy jou dokter vra om jou uriensuurvlakke te toets.

 

Samevatting

Jig is nie maklik om te identifiseer nie. Die fyn waarneming van simptome kan jou help om die regte behandeling te kry. Terwyl sommige simptome, soos pyn in jou groottoon en jigaanvalle, beduidend van jig is, is ander meer subtiel. Jy wil so gou as moontlik behandeling kry as jy jig het sodat jy die hoeveelheid en intensiteit van jigaanvalle kan verminder.

Leer om jig natuurlik te behandel…

 

Neem Manna pH Balance

Manna pH Balance is ‘n natuurlike aanvulling wat help om ontslae te raak van uriensuur, die pH vlakke te balanseer, en jig & artritis te behandel.

 

Wat is die Manna pH Balance?

Die gebruik van botaniese- en kruie-behandeling as ‘n aanvullende benadering om die pH vlakke in die liggaam te balanseer, neem daagliks toe.

Dit is moontlik as gevolg van die nadelige gevolge wat verband hou met die gebruik van chemiese medikasie.

Manna pH Balance word slegs gemaak uit natuurlike bestanddele van die hoogste gehalte en is ontwerp om hoë uriensuur-vlakke en die pH van die liggaam onder beheer te hou. Dit help dan ook om artritis simptome en jig te verlig.

Die produk is vry van ALLE potensiële allergene en is vry van ENIGE bymiddels.

 

Hoe werk dit vir jig?

Manna pH Balance help om die tempo waarteen uriensuur uit die liggaam geskei word te verhoog, en die inflammasie-reaksie van die liggaam teenoor uriensuur te verlaag.

Hierdie produk help ook om die bloedsomloop deur die niere te verbeter.

Die verskillende bestanddele in die produk werk saam om die uriensuur vlakke te beheer en die pH vlakke te balanseer in die liggaam.

 

Die voordele van Manna pH Balance:

  • Help om die hoë uriensuur vlakke in die liggaam te verlaag.
  • Dit help met die verligting van artritis simptome.
  • Help om jig en jig-verwante simptome te verlig.
  • Help met die verligting van osteo-artritis.
  • Balanseer die pH van die liggaam.

 

Kry die Manna pH Balance by enige van hierdie winkels of aanlyn winkels: 

More articles

Leave a Reply