Wat Aktiveer Die Aanvang van Tipe 2-Diabetes

Wat Aktiveer Die Aanvang van Tipe 2-Diabetes

This article is also available in English

Voorkom diabetes deur op die uitkyk te wees vir die volgende aktiveerders

 

Wat is tipe 2-diabetes?

Tipe 2-diabetes is ‘n chroniese siekte. Mense met tipe 2-diabetes het abnormale hoë suiker (glukose) vlakke in hul bloed.

Die hormoon, Insulien, is verantwoordelik om glukose uit die bloedstroom na jou selle te vervoer. Wanneer jy tipe 2-diabetes het, reageer jou selle nie goed op insulien nie en word die glukose nie by jou selle afgelewer nie, dit bou in jou bloedstroom op.

Die groot hoeveelhede glukose in jou bloed dwing jou pankreas om nog meer insulien te produseer. Met verloop van tyd hou jou pankreas op om behoorlik te werk as gevolg van die oorproduksie van die hormoon. Insulienproduksie sal afneem en daar sal dalk nie genoeg insulien in jou liggaam wees om glukose te vervoer nie.

Dit is onduidelik hoekom selle weerstandig word teen insulien. Om die aanvang van diabetes te voorkom, kan jy op die uitkyk wees vir faktore wat diabetes aktiveer.

 

Tipe 2-diabetes aktiveerders

Lewenstyl-snellers blyk die mees algemene diabetes-aktiveerders te wees, maar ander faktore speel ook ‘n rol in die aanvang van diabetes.

Hier is ‘n paar prominente snellers vir tipe 2-diabetes:

  • Gewig en vetverspreiding

Een van die grootste risikofaktore is om oorgewig te wees of aan vetsug te ly. Dit maak ook saak waarheen die vet in jou liggaam versprei word. As vet hoofsaaklik in jou buik gestoor word, sal jy meer geneig wees om diabetes te kry.

  • ’n Sittende leefstyl

Fisiese aktiwiteite reguleer jou gewig en help jou om meer glukose vir energie te gebruik. As jy meestal stilsit gedurende die dag, is jy in gevaar.

  • Familie geskiedenis

Jy is meer geneig om diabetes te kry as daar ‘n genetiese geneigdheid is om tipe 2-diabetes in jou gesin te ontwikkel of as daar ‘n genetiese geneigdheid is om vetsug in jou gesin te ontwikkel.

  • Ras en etnisiteit

Dit is onduidelik waarom sekere mensegroepe meer geneig is om diabetes te ontwikkel. As jy Swart fo Asiaties is, loop jy ‘n groter risiko om diabetes op te doen. Verder is inheemse Amerikaners en mense inheems aan Alaska ook in gevaar.

  • Ouderdom

Die risiko van tipe 2-diabetes neem toe namate jy ouer word, veral na die ouderdom van 45.

  • Swangerskapverwante risiko’s

As jy swangerskapsdiabetes ontwikkel het toe jy swanger was of as jy geboorte geskenk het aan ‘n baba wat meer as 4 kilogram weeg, loop jy die risiko om tipe 2-diabetes te ontwikkel.

  • Bloedlipiedvlakke

Lae vlakke van hoë-digtheid lipoproteïen (HDL) cholesterol is ‘n tipe-2-diabetes sneller.

 

Gesondheidskomplikasies

Tipe 2-diabetes kan jou gesondheid op baie maniere beïnvloed.

Daar is talle potensiële komplikasies wat die volgende insluit:

 

Behandeling

Nie alle diabetespasiënte hoef insulien te neem nie. As jy wel insulien moet neem, is dit omdat jou pankreas nie genoeg van die hormoon kan produseer nie. Daar is verskeie medikasie wat jou dokter kan voorskryf vir tipe 2-diabetes. Jy kan egter ook diabetes beveg deur jou lewenstyl te verander.

Gesonde leefstylkeuses kan help om die aanvang van tipe 2-diabetes te voorkom. Om gesonder besluite te neem nadat jy gediagnoseer is, kan ook die vordering van diabetes vertraag, selfs al het jy ‘n genetiese aanleg om die siekte te ontwikkel.

Jy kan die volgende leefstylveranderinge aanbring:

  • Verander jou dieet.

Eet meer veselryke kosse en gesonde koolhidrate en eet minder verfynde koolhidrate, lekkers en vette afkomstig van diere. ’n Veselryke dieet sal help om jou bloedglukosevlakke stabiel te hou.

  • Eet gereeld.

As jy nie maaltye oorslaan nie, kan jy stygings in jou bloedglukosevlakke tot die minimum beperk.

  • Eet stadig.

Dit neem tyd om agter te kom dat jy vol is. As jy stadig eet, sal dit jou liggaam die nodige tyd gee om te registreer dat jy vol is. Om tyd te neem om elke happie te geniet, sal jou help om nie te veel te eet nie.

  • Oefen.

Jy hoef nie tot die punt van uitputting te oefen nie, jy moet net jou hart laat pomp. Dit is die beste om aërobiese oefeninge te doen. Jy kan hardloop, swem, dans of ‘n vinnige stappie neem vir ongeveer 30 minute elke dag.

  • Moenie te lank stilsit nie.

Onderbreek lang tydperke van stilsit deur ‘n wandeling deur die tuin te neem, die wasgoed op te hang of die vloer te vee. Probeer om elke halfuur op te staan en te beweeg.

 

Samevatting

Alhoewel dit onduidelik is hoekom jou selle weerstand teen insulien bied, is daar baie faktore wat die aanvang van diabetes kan aktiveer. Lewenstyl-snellers blyk die mees algemene tipe-2-diabetes-aktiveerders te wees. As jy jou leefstyl kan verander, kan jy die aanvang van die siekte voorkom of as jy reeds gediagnoseer is, kan jy die ontwikkeling daarvan vertraag.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

 

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

More articles

Leave a Reply