Hierdie aanvulling het oorvloedige gesondheidsvoordele
MSM is ‘n gewilde dieetaanvulling wat gebruik word om ‘n verskeidenheid geshondheidsprobleme te behandel. Dit word in beide fauna en flora aangetref en kan in laboratoriums gesintetiseer word in poeier- of kapsulevorm.
Dit word gereeld in alternatiewe medisyne gebruik as deel van natuurlike middels om gewrigspyn te help verlig, energievlakke te verhoog, inflammasie te verminder en natuurlike immuniteite te verbeter.
In hierdie artikel sal ons kyk na agt voordele van MSM as ‘n dieetaanvulling:
1. MSM kan gewrigspyn verminder
Een van die belangrikste en gewildste gebruike van MSM is vir verligting van gewrigspyn en liggaamspyn. Kliniese proewe het getoon dat MSM voordelig is vir die behandeling van gewrig-degenerasie, wat ‘n prominente oorsaak is van pyn in verskeie gewrigte in die menslike liggaam soos die heupe, rug, knieë en hande. Die gewrigspyn wat met degenerasie geassosieer word, kan ernstige reperkussies hê wat lei tot verminderde mobiliteit en beweging en dit kan jou lewenskwaliteit nadelig beïnvloed.
Kliniese studies het verder getoon dat MSM inflammasie by pasiënte drasties verminder deur die afbreek van kraakbeen te vertraag (‘n buigsame weefsel wat aan die basis van gewrigte gevind word om wrywing tussen bene te verminder).
2. MSM het anti-inflammatoriese effekte
Wetenskaplikes stem saam dat MSM baie anti-inflammatoriese effekte het. MSM laat byvoorbeeld, glutathionvlakke toeneem. Glutathion is ‘n uitstekende anti-inflammatoriese middel wat deur die liggaam geproduseer word. MSM kan ook ‘n prominente rol speel in die vermindering van molekules wat inflammasie veroorsaak.
3. MSM help jou liggaam om te herstel na uitputtende aktiwiteite
Tydens strawwe fisiese aktiwiteite soos oefening word jou spiere beskadig aangesien spiervesels dikwels tydens oefening geskeur word. Oksidatiewe stresvlakke sal ook toeneem. As ‘n neweproduk van strawwe oefening word spierpyn dikwels ervaar wat ‘n atleet se prestasie en oefening negatief kan beïnvloed.
MSM is uitstekend daarmee om spiere wat seer en moeg is na ‘n oefensessie, vinnig te herstel deur inflammasie sowel as oksidatiewe stres te verminder.
4. MSM help om artritis simptome te verlig deur pyn en styfheid te verminder
Artritis is ‘n inflammatoriese toestand wat gekenmerk word deur pyn eb styfheid en kan ook ‘n vermindering in ‘n persoon se gewrigsbeweging veroorsaak. Soos voorheen genoem, het MSM uitstekende anti-inflammatoriese eienskappe en is dit ‘n natuurlike alternatief om artritis-verwante simptome te verminder en te help met die fisiese funksie van gewrigte.
5. MSM kan simptome van allergieë te verlig
Hooikoors word deur allergiese reaksies veroorsaak en kan op verskeie maniere manifesteer – jou oë kan waterig raak, jy kan nies, jou neus kan begin loop en jou neus kan verstop voel. ‘n Algemene liggaamsreaksie op die verskillende inflammatoriese allergene is die vrystelling van klomp ander inflammatoriese stowwe binne die menslike liggaam wat onaangename simptome kan hê.
Kliniese studies het getoon dat MSM effektief kan wees in die vermindering van die simptome van hooikoors deur óf die fisiese reaksie wat deur die verskillende allergene veroorsaak word te verminder óf deur die vrystelling van inflammatoriese allergene in jou lyf te inhibeer.
6. Daar is getoon dat MSM immuniteit verhoog en jou sodoende help om gesond te bly
Die menslike immuunstelsel is ‘n hoogs gespesialiseerde netwerk van weefsels, selle en organe wat help met die voorkoming van siektes. Die immuunstelsel kan ook verswak deur faktore soos stres, ‘n swak dieet, siekte en onvoldoende slaap. MSM word beskou as hoogs effektief in die vermindering van oksidatiewe stres en inflammasie wat verantwoordelik is vir die verswakking van jou immuunstelsel.
MSM help ook jou liggaam om glutathione te vervaardig, wat die liggame se meester-antioksidant is.
7. MSM kan ‘n rol speel in die verbetering van velgesondheid
Keratien is ‘n proteïen wat in die menslike liggaam voorkom en dien as die belangrikste strukturele komponent van hare, naels en vel. Dit bevat hoë vlakke van die aminosuur sisteïen. Dit is ook ‘n swaelbevattende aminosuur.
MSM kan voordelig wees vir jou velgesondheid deur swael aan keratien te gee wat op sy beurt hierdie waardevolle proteïen versterk. Selskade en tekens van veroudering, soos plooie, kan verminder word as gevolg van MSM se effek op keratien en die aanvulling se anti-inflammatoriese effekte.
8. MSM kan kankerbestrydende eienskappe hê
Sommige van die jongste studies wat oor MSM gedoen is, fokus op die doeltreffendheid daarvan om kankerselle te beveg. Die navorsing toon ‘n paar belowende resultate, maar is steeds taamlik beperk.
Samevatting
MSM word algemeen beskou as veilig en verdraagsaam en toon min tot geen newe-effekte, maar sommige individue ervaar ligte reaksies as hulle hoogs sensitief is vir MSM soos naarheid en diarree. Dit kan ook ligte vel- en oogirritasies veroorsaak. Die voordele van hierdie aanvulling is egter verreikend – dit bevorder velgesondheid en help om allergieë te beveg. Hopelik sal daar in die toekoms meer bewyse ontdek word oor die effekte van hierdie aanvulling – spesifiek die uitwerking daarvan op kankerselle.
Hoe werk Manna MSM?
MSM se effek op pyn kan toegeskryf word aan die volgende aksies op die liggaam:
- Dit is ‘n natuurlike pynstiller, dit blokkeer die geleiding van pynimpulse deur die senuweevesels.
- MSM voorkom inflammasie deur die aktiwiteit van kortisol te verhoog, wat ‘n natuurlike anti-inflammatoriese chemikalie is wat in die liggaam geproduseer word.
- MSM verhoog die deurlaatbaarheid van selmembrane en sodoende verbeter dit die opname van voedingstowwe soos vitamiene, en versnel die uitskakeling van oortollige sellulêre vloeistowwe en afvalprodukte uit die liggaam.
- Dit verbeter bloedsirkulasie deur bloedvate wyer te maak. Dit help verder met genesing deur die uitskakeling van afvalprodukte uit die liggaam te verhoog.
- MSM is ‘n spierverslapper en verlig pyn deur chroniese spierspanning te verminder, wat baie tipes chroniese pyne vererger.
- MSM versterk die immuunstelsel deur die vorming van teenliggaampies, immuunkomplekse en die metabolisme van prostaglandiene te reguleer.
Voordele van Manna MSM:
Een van die merkwaardigste voordele van MSM is die werking daarvan as ‘n effektiewe pynverligter. Om hierdie rede word MSM gebruik om verskillende tipes chroniese pyn te beveg, soos:
- Lae rugpyn
- Osteoartritis en rumatoïede artritis
- Tenniselmboog en ander sportbeserings
- RSI (‘n Herhalende spanningsbesering)
- Fibromialgie
- Spierpyne
- Littekens as gevolg van brandwonde, operasies en ongelukke.
- Bursitis
- Persoonlike besering as gevolg van ongelukke, brandwonde, ens
- Sklerose
- Karpaletonnel-sindroom
- Hoofpyne en migraine