Diabetes veroorsaak nie aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (ADHD) nie en ADHD veroorsaak nie diabetes nie tog blyk daar ‘n verband tussen hierdie twee siektes te wees
Beide hierdie siektes het ‘n stygende diagnosesyfer en meer navorsing oor die korrelasie tussen hulle kan help om die ernstige gevolge van diabetes en ADHD, te bestuur.
Dit kan help om na die verband tussen hierdie twee siektes te kyk as jy of jou kind aan een van hulle ly. So kan jy dalk die negatiewe effekte van diabetes en ADHD verminder.
Wat is diabetes?
Jy sal met diabetes gediagnoseer word as jou bloedsuikervlakke chronies hoog is. Die hormoon, insulien vervoer glukose uit jou bloedstroom na jou selle. Wanneer jou liggaam nie genoeg insulien produseer nie of nie die insulien wat dit maak effektief kan gebruik nie, styg jou bloedsuikervlakke. Hoë bloedsuikervlakke het ernstige komplikasies – diabetes kan hart- en bloedvatsiekte, senuweeskade en niersiekte veroorsaak.
Tipes diabetes
Tipe 1-diabetes
Tipe 1-diabetes is ‘n outo-immuunsiekte. Die immuunstelsel vernietig selle in die pankreas, waar insulien gemaak word. Gevolglik produseer jou pankreas nie genoeg insulien nie. Dit is onduidelik wat hierdie aanvalle veroorsaak.
Tipe 2-diabetes
Tipe 2-diabetes kom voor wanneer jou liggaam weerstandig teen insulien raak en suiker in jou bloed ophoop. Dit is die mees algemene tipe aangesien ongeveer 90% van mense wat met diabetes leef, tipe 2 het. Tipe 2-diabetes kan meestal voorkom word deur jou leefstyl te verander.
Leer meer oor die aktiveerders van tipe 2-diabetes…
Swangerskapsdiabetes
Swangerskapsdiabetes is hoë bloedsuiker tydens swangerskap. Insulienblokkerende hormone wat deur die plasenta geproduseer word, veroorsaak hierdie tipe diabetes.
Leer meer oor swangerskapsdiabetes…
Wat is ADHD?
ADHD is ‘n geestesgesondheidstoestand. Mense met ADHD kan sukkel om te fokus of onverdeelde aandag aan ‘n taak te skenk. Hulle kan ook impulsief optree en kan hiperaktief wees. Baie mense met ADHD ervaar fluktuasies in hul energievlakke.
Dit is onseker wat presies ADHD veroorsaak.
Die verband tussen ADHD en diabetes
Tipe 1-diabetes en ADHD
ADHD word algemeen by kinders met diabetes gediagnoseer. Elliot LeBow (2016), ‘n gesertifiseerde diabetes-opvoeder, sê dat baie mense wat voor die ouderdom van 17 met tipe 1-diabetes gediagnoseer word, ‘n mate van ADHD het.
As jy jonk is en met diabetes gediagnoseer is, kan dit die volgende probleme tot gevolg hê:
- Verminderde vermoë om aandag te gee
- Verminderde inligtingverwerkingspoed
- Probleme met beide kort- en langtermyngeheue
- Verminderde uitvoerende funksionering
- Verminderde selfmoniteringsvermoëns
Tipe 2-diabetes en ADHD
Mense met ADHD smag na dopamienstimulasie, wat hulle kan kry deur eenvoudige koolhidrate en hoë-suiker kosse te eet. Omdat mense met ADHD sukkel om by ‘n gesonde eetplan te hou, kan hulle maklik tipe 2-diabetes ontwikkel.
Die navorsing is beperk, maar ‘n Sweedse studie het gevind dat volwassenes met ADHD twee keer so geneig was om tipe 2-diabetes te ontwikkel as hul nie-ADHD eweknieë.
ADHD en Diabetes Behandeling
ADHD word met medikasie en gedragsterapie behandel. Die Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) beveel ook aan om die volgende leefstylgewoontes te volg om ADHD te bestuur:
- Eet ‘n voedsame, gebalanseerde dieet
- Oefen vir 60 minute elke dag
- Beperk tyd voor die skerm – spandeer minder tyd op fone, voor rekenaars en televisies
- Kry genoeg slaap
Hierdie gesonde gewoontes word ook voorgeskryf om diabetes te help voorkom en te beheer:
- Verander jou dieet om meer voedsame kosse in te sluit wat ryk aan vesel is. Dit sal help om jou bloedsuikervlakke meer stabiel te hou. Probeer ons Manna Dieet e-boek.
- Oefen vir ongeveer 30 minute elke dag. So kan jy tipe 2-diabetes teëwerk. Aërobiese oefeninge soos fietsry, swem, dans of ‘n vinnige stappie word voorgeskryf om tipe 2-diabetes te vermy en te bestuur.
- Om te lank stil te sit moet ook vermy word. Om baie televisie te kyk kan veral skadelik wees. Elke twee uur wat jy TV kyk in plaas daarvan om iets meer aktief te doen, verhoog jy jou kanse om diabetes te ontwikkel met 20%. Mense wat baie tyd voor die TV spandeer, is ook meer geneig om ongesonde kos te eet en vetsug te ontwikkel.
- Laastens het studies bevind dat daar ‘n duidelike verband is tussen swak slaapgewoontes en diabetes. Die navorsers meen dat ‘n slaaptekort ‘n beduidende risikofaktor vir diabetes is. Mense wat nie slaap nie, kan probeer om energie te herwin deur meer te eet en dit kan ‘n styging in bloedsuikervlakke veroorsaak.
Samevatting
Alhoewel meer navorsing gedoen moet word oor die verband tussen diabetes en ADHD, kan jy help om beide siektes te bestuur deur gesonde gewoontes te kweek. Die leefstylveranderinge wat vir beide siektes voorgeskryf word, stem baie ooreen. Selfs al is die verband tussen hierdie twee siektes nie so duidelik nie, kan jy dalk steeds die gevolge van diabetes en ADHD verminder deur gesonde gewoontes te bou.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef n klomp insulien vry te laat nie.
Nog n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels: