12 Oorsake Van Hoë Bloeddruk

12 Oorsake Van Hoë Bloeddruk

This article is also available in English

Wat hoë bloeddruk veroorsaak en wat om daaraan te doen

Wat is hoë bloeddruk (hipertensie)? Dit is ‘n algemene toestand wat die liggaam se are affekteer. As jy aan hoë bloeddruk ly, plaas jou bloed te veel druk op jou arteriële wande en dit dwing jou hart om harder te werk om bloed deur jou liggaam te pomp. Hoë bloeddruk kan lei tot ernstige gesondheidskwessies, soos hartsiektes of beroerte.

 

Bloeddruk kan in vyf kategorieë verdeel word, naamlik:

  • Normale bloeddruk: 120/80 mm Hg of laer
  • Verhoogde bloeddruk: Bo:120 – 129 mm Hg, Onder: minder as 80 mm Hg
  • Stadium 1 hipertensie: Bo:130 – 139 mm Hg, Onder:80 – 89 mm Hg
  • Stadium 2 hipertensie: Bo:140 mm Hg of hoër, Onder:90 mm Hg of hoër
  • Hipertensiewe krisis: Bo:hoër as 180 mm Hg, Onder:hoër as 120 mm Hg

Die boonste getal meet sistoliese bloeddruk – die druk in jou are wanneer jou hart klop. Die onderste getal meet diastoliese bloeddruk – die druk in die are terwyl die hart tussen slae in rus is.

Die meeste mense wat hoë bloeddruk het, toon geen simptome nie, maar sommige mense doen en hierdie simptome kan insluit:

  • Hoofpyne
  • Kort van asem
  • Neusbloeding

Die enigste manier om te weet of jy aan hoë bloeddruk ly, is om jou bloeddruk te laat meet, verkieslik deur mediese personeel.

 

Wat veroorsaak hoë bloeddruk?

Die presiese oorsake van hoë bloeddruk is onbekend, maar daar kan verskeie faktore wees wat ‘n rol speel, byvoorbeeld:

  • Ouderdom

Die risiko van hoë bloeddruk neem toe met ouderdom.

  • Sekere chroniese toestande

Niersiekte, diabetes en slaapapnee is van die toestande wat tot hoë bloeddruk lei.

  • Drink te veel alkohol

Die gebruik van alkohol is gekoppel aan ‘n toename in bloeddruk, veral onder mans.

  • Familiegeskiedenis

Hoë bloeddruk kan van geslag tot geslag oorgedra word.

  • Hoë natriumvlakke

Te veel natrium (sout) kan veroorsaak dat jou liggaam water behou wat jou bloeddruk verhoog.

  • Gebrek aan oefening

Lang tye van stilsit, kan gewigstoename veroorsaak, ‘n toename in gewig kan jou risiko van hoë bloeddruk verhoog. Onaktiewe mense is ook geneig om ‘n hoër hartklop te hê.

  • Lae kaliumvlakke

Kalium speel ‘n belangrike rol in die regulering van die liggaam se soutvlakke.

  • Vetsug

Oorgewig veroorsaak veranderinge in jou bloedvate, jou niere en ander dele van die liggaam. Hierdie veranderinge het dikwels ‘n uitwerking op jou bloeddruk.

Wanneer verander oorgewig in vetsug?…

  • Swangerskap

Swangerskap kan jou bloeddruk verhoog.

  • Ras

Swart mense is meer geneig om aan hoë bloeddruk te ly, dit ontwikkel ook op ‘n vroeër ouderdom by swart mense as by wit mense.

  • Stres

Dit is bekend dat verhoogde stresvlakke tydelike verhogings in bloeddruk meebring. Dit kan lei tot ‘n toename in stresverwante gewoontes soos emosionele eet, rook of ‘n oormatige gebruik van alkohol. Hierdie faktore sal jou bloeddruk verder verhoog.

  • Tabakgebruik of die gebruik van e-sigarette

Die gebruik van sigarette of e-sigarette verhoog onmiddellik jou bloeddruk vir ‘n kort tydperk. Tabakrook lei tot beskadigde bloedvate en bespoedig die proses van arteriële verharding.

 

Onbeheerde hoë bloeddruk kan lei tot:

  • Hartaanval of beroerte

Jou are verhard of verdik as gevolg van hoë bloeddruk en dit kan lei tot ‘n hartaanval of beroerte.

Leer hoe om ‘n beroerte te voorkom…

  • Aneurisme

Verhoogde bloeddruk kan veroorsaak dat bloedvate verswak en bult en ‘n aneurisme vorm, wat lewensgevaarlik word as dit bars.

  • Hartversaking

Hoë bloeddruk veroorsaak dat die hart harder moet werk om bloed te pomp. Die verhoogde inspanning veroorsaak dat die hart se pompkamer (linkerventrikel) verdik. Met verloop van tyd is die kamer nie meer in staat om genoeg bloed te pomp om aan die liggaam se behoeftes te voldoen nie en hartversaking vind plaas.

  • Nierprobleme

Hoë bloeddruk kan veroorsaak dat die bloedvate in die niere nou en swak word. Dit kan lei tot nierskade.

  • Oogprobleme

Verhoogde bloeddruk kan verdikking, vernouing of skeure in die bloedvate in die oog veroorsaak. Dit kan lei tot verlies van visie.

  • Veranderinge met geheue en begrip

As jou verhoogde bloeddruk nie beheer word nie, kan dit jou vermoë om te dink, onthou of leer beïnvloed.

  • Demensie

Vernoude of geblokkeerde are kan bloedvloei na die brein beperk. Dit kan veroorsaak dat ‘n sekere tipe demensie voorkom (vaskulêre demensie).

 

Wat jy kan doen om hoë bloeddruk te voorkom of te beheer

Daar is baie leefstylveranderinge wat jy kan maak wat jou bloeddruk kan verlaag, soos:

  • Oefen dertig minute per dag, ongeveer vyf dae per week.
  • Stop met slegte gewoontes soos rook.
  • Eet ‘n gesonder dieet. Beperk jou natrium- en alkoholinname.
  • Handhaaf ‘n gesonde gewig.
  • Beheer jou stresvlakke.

Bo en behalwe die leefstylveranderinge, sal sommige mense ook voorgeskrewe medikasie moet neem.

 

Samevatting

Hoë bloeddruk is ‘n ernstige probleem wat tot baie gesondheidskomplikasies lei. Daar is ‘n magdom dinge wat hipertensie veroorsaak, maar daar is ook baie gewoontes wat jy kan toepas om jou bloeddruk te verlaag. Jy kan jou bloeddruk bestuur deur medikasie en gesonde gewoontes.

 


 

Bloed sirkulasie probleme? Probeer Manna Blood Circulation Support!

 

Hoe werk Manna Blood Circulation Support?

Die bestanddele in Manna Blood Circulation Support help om stikstofoksied vry te stel om mikro-kapillêre bloedvloei te verhoog. Dit kan ook ongewenste bloedlipiedvlakke verlaag en lipiedneerslae in are oplos.

Die verskillende bestanddele werk op ‘n holistiese manier om te help met positiewe bloedvloei.

 

Voordele van Manna Blood Circulation Support

  • Ondersteun kardiovaskulêre gesondheid deur stikstofoksied-produksie te bevorder en bloed makliker deur die liggaam te help vloei.
  • Ondersteun gesonde bloeddruk en versterk die immuunstelsel.
  • Suiwer die lewer en verwyder ammoniak.
  • Verbeter seksuele stamina en verbeter die liggaam se herstel na ‘n intense oefensessie.

 

Wie kan dit gebruik?

  • Enige iemand wat gesonde bloeddruk wil ondersteun
  • Individue wat angina (borspyn) wil vermy
  • Individue wat beenpyn wil vermy weens swak bloedsirkulasie
  • Enige iemand wat beskerming teen ‘n hartaanval of ‘n beroerte soek
  • Mans wat aan erektiele disfunksie ly
  • Atlete wat vinniger wil herstel na ‘n oefensessie

 

Manna Blood Circulation Support is beskikbaar by:

More articles

Leave a Reply