Artritis is ‘n ontsteking van gewrigte
Wanneer jy artritis het, kan jy pyn, styfheid en swelling in en om een of meer gewrigte voel.
Daar is meer as 100 verskillende tipes artritis en verskeie behandelings vir die toestand. Die mees algemene tipe is osteoartritis (OA). Ander algemene tipes sluit in rumatoïede artritis (RA), psoriatiese artritis (PsA) en jig.
Hieronder kan jy meer lees oor artritiskategorieë, asook wat gewrigsontsteking veroorsaak en algemene behandelings daarvoor.
Artritis kategorieë
Die tipes artritis kan in die volgende kategorieë verdeel word:
Inflammatoriese artritis
Inflammasie vind plaas wanneer jou liggaam teen ‘n virus of skadelike bakterieë veg of wanneer jou liggaam reageer op ‘n besering, soos ‘n brandwond. Maar mense met inflammatoriese artritis ervaar onverklaarbare inflammasie in hul gewrigte.
Hierdie ontsteking vind plaas sonder dat enige bedreiging in jou liggaam teenwoordig is en dit kan jou gewrigte beskadig, wat pyn, swelling en styfheid tot gevolg het.
Voorbeelde van inflammatoriese artritis sluit in:
- RA
- Reaktiewe artritis
- Ankiloserende spondilitis
- Psoriatiese artritis
Degeneratiewe of meganiese artritis
Hierdie soort artritis beskadig grootliks die kraakbeen wat die einde van die bene bedek. Degeneratiewe of meganiese artritis veroorsaak dat jou kraakbeen dunner en growwer word, wat dit moeilik maak vir jou gewrigte om maklik te beweeg. Jou liggaam probeer om hierdie probleem op te los deur jou bene te hermodelleer. Dit lei daartoe dat ongewenste benige groeisels ontwikkel, wat osteofiete genoem word. Die gewrig kan misvormd raak. Hierdie toestand word osteoartritis (OA) genoem. Osteoartritis kan ook voorkom as gevolg van skade aan gewrigte – soos om aan ‘n fraktuur te ly of as gevolg van inflammasie.
Bindweefselsiekte
Bindweefsel kan regdeur jou liggaam gevind word en bestaan uit tendons, ligamente en kraakbeen. Dit is wat jou liggaam bymekaar hou.
Bindweefselsiekte veroorsaak pyn en inflammasie in jou gewrigte. Dit kan ook ontsteking in ander weefsels soos die vel, spiere, longe en niere veroorsaak.
Voorbeelde van bindweefselsiekte sluit in:
- SLE, of lupus
- Skleroderma, of sistemiese sklerose
- Dermatomiositis
- Sjögren’s
Aansteeklike artritis
’n Virus, bakterieë of swam kan gewrigsontsteking veroorsaak. Hierdie ontsteking kan tydelik wees, maar kan ook chronies word as behoorlike behandeling nie toegedien word nie.
Organismes kan jou gewrigte ontsteek deur:
- Voedselvergiftiging – salmonella en shigella
- Seksueel oordraagbare siektes (SOS’e) – chlamydia en gonorree
- Bloed-tot-bloed infeksie – hepatitis C
Metaboliese artritis
Uriensuur is ‘n chemikalie wat deur jou liggaam gemaak word. Wanneer jou liggaam puriene (‘n soort proteïen wat in baie kosse voorkom) afbreek, produseer dit uriensuur.
Uriensuur is bedoel om ‘n afvalproduk te wees. Dit los in jou bloedstroom op, vloei deur jou niere en verlaat jou liggaam wanneer jy urineer.
’n Normale uriensuurvlak is onder 6,8 mg/dL, maar as jou liggaam nie vinnig genoeg uriensuur kan verwyder nie, sal dit in jou bloed ophoop. ’n Hoë uriensuurvlak staan bekend as hiperurikemie en kan jig veroorsaak. Jig, ‘n tipe artritis, veroorsaak skerp pyn, swelling en inflammasie in gewrigte. Hierdie pyn kom skielik voor en verdwyn dan – dit word ‘n jigaanval genoem.
Artritis by kinders
Kinderartritis kan toegeskryf word aan immuunstelselprobleme en kan gewrigte permanent beskadig. Die mees algemene tipe kinderartritis is jeugdige idiopatiese artritis (JIA).
Septiese artritis
Septiese artritis affekteer gewoonlik jou knieë en heupe en word veroorsaak deur bakterieë en swaminfeksies. Bakterieë soos staphylococcus, streptococcus of neisseria gonorrhoeae veroorsaak die meeste gevalle van akute septiese artritis.
Oorsake van artritis
Daar is geen enkele oorsaak van artritis nie en verskillende faktore speel ‘n rol in die ontwikkeling van die siekte.
Artritis kan veroorsaak word deur:
- Slytasie van ‘n gewrig weens oormatige gebruik
- Ouderdom (OA is die algemeenste by volwassenes ouer as 50)
- Beserings
- Vetsug
- Outo-immuunafwykings
- Gene of familiegeskiedenis
- Spierswakheid
Behandeling
Behandeling van artritis verskil afhangende van die tipe artritis wat jy het.
Behandeling kan die volgende insluit:
Medikasie en aanvullings
Verskeie medikasie om inflammasie en pyn te verminder word voorgeskryf vir mense wat aan artritis ly.
Daar is nie baie kliniese data om te wys hoe effektief aanvullings is in die behandeling van artritis nie, maar avokado- en sojaboonmiddels kan OA-simptome help. As jy inflammasie in RA wil verminder, kan visolie en borrie-aanvullings voordelig wees. Sommige mense wat aan artritis ly, het ook genoem dat pyn en inflammasie verminder word deur sommige van die volgende aanvullings te neem:
- Duiwelsklou
- Boswellia
- Kamille
- Borrie
- Gemmer
Fisiese terapie
Dit is belangrik om die spiere rondom jou gewrigte te versterk, gereelde fisiese oefening sal hiermee help. Jou fisioterapeut sal jou ook oefeninge gee om tuis te doen om spierkrag en buigsaamheid op te bou.
Leefstylveranderinge
Daar is talle leefstylveranderinge wat jy kan maak om te help met artritis, dit sluit in:
Gewigsverlies
Om oortollige gewig te verloor kan die risiko verminder om OA te ontwikkel en kan ook sommige van die simptome versag.
Hier is 9 beproefde maniere om gewig te verloor…
Oefen
As jy gewig wil verloor deur te oefen, kies gewrigvriendelike oefening soos swem. Gereelde oefening sal ook jou gewrigte soepel hou.
Dieet
Eet kosse met baie antioksidante – vrugte en groente help om inflammasie te verminder. Vermy die eet van verwerkte voedsel aangesien dit gewrigsontsteking kan vererger.
Leer gesond eet met ons GRATIS Manna Dieet eBoek…
Samevatting
Sorg vir jou gewrigte behoorlik. Aangesien OA die mees algemene tipe artritis is, kan jy jou gewrigte gesond hou deur gewig te verloor en te oefen. Wanneer jou gewrigte ontsteek is, is dit belangrik om die regte kos te eet. ’n Dieet ryk aan antioksidante sal help om gewrigsontsteking te beveg. Hou jou gewrigte gesond om die pyn van artritis te vermy.
Wat is die Manna pH Balance?
Die gebruik van botaniese- en kruie-behandeling as ‘n aanvullende benadering om die pH vlakke in die liggaam te balanseer, neem daagliks toe.
Dit is moontlik as gevolg van die nadelige gevolge wat verband hou met die gebruik van chemiese medikasie.
Manna pH Balance word slegs gemaak uit natuurlike bestanddele van die hoogste gehalte en is ontwerp om hoë uriensuur-vlakke en die pH van die liggaam onder beheer te hou. Dit help dan ook om artritis simptome en jig te verlig.
Die produk is vry van ALLE potensiële allergene en is vry van ENIGE bymiddels.
Hoe werk dit vir verhoogde uriensuur?
Manna pH Balance help om die tempo waarteen uriensuur uit die liggaam geskei word te verhoog, en die inflammasie-reaksie van die liggaam teenoor uriensuur te verlaag.
Hierdie produk help ook om die bloedsomloop deur die niere te verbeter.
Die verskillende bestanddele in die produk werk saam om die uriensuur vlakke te beheer en die pH vlakke te balanseer in die liggaam.
Die voordele van Manna ph Balance:
- Help om die hoë uriensuur vlakke in die liggaam te verlaag.
- Help met die verligting van artritis simptome.
- Dit help om jig en jig-verwante simptome te verlig.
- Help met die verligting van osteo-artritis.
- Balanseer die pH van die liggaam.