Hoë bloedsuikervlakke in die oggend kan dalk toegeskryf word aan die dagbreek-verskynsel en die Somogyi-effek
Mense met diabetes kan in die oggend hoë bloedglukosevlakke ervaar en dit kan toegeskryf word aan die dagbreek-verskynsel of die Somogyi-effek. Lees verder om meer uit te vind oor hierdie twee verskynsels en hoe dit jou bloedsuikervlakke beïnvloed.
Slaap en bloedsuikervlakke
Jou liggaam gebruik glukose, ‘n soort suiker, vir energie. Glukose word in jou bloedstroom vrygestel. Dit is die hormoon, insulien, se werk is om glukose uit jou bloedstroom na jou selle te vervoer.
Wanneer jy slaap, het jou liggaam nie soveel energie nodig nie, maar wanneer jou liggaam homself gereed maak om wakker te word, stel jou lewer gestoorde glukose in jou bloedstroom vry. Dit behoort die vrystelling van insulien te aktiveer sodat die glukose na die selle vervoer kan word.
Die probleem is dat mense met diabetes nie genoeg insulien maak nie of insulienweerstandig is. Dit veroorsaak dat glukose in die bloedstroom opbou en dus sal mense met diabetes soggens hoë bloedsuikervlakke hê.
Die dagbreek-verskynsel
Jou lewer stel soggens natuurlik glukose vry tussen 03:00 en 08:00. Mense met diabetes word wakker met hoë bloedsuikervlakke as gevolg van ‘n gebrek aan insulien- of inulienweerstandigheid.
Die Somogyi-effek
Sommige wetenskaplikes betwis of die Somogyi-effek ‘n werklike verskynsel is, maar dit lyk asof baie mense met diabetes daardeur geraak word.
Die Somogyi-effek veroorsaak ook ‘n styging in bloedsuikervlakke vroeg in die oggend. Die styging in bloedsuikervlakke is nie omdat jou liggaam homself gereed maak om wakker te word nie. Die styging gebeur eerder omdat jou bloedsuikervlakke skerp gedaal het gedurende die nag, en jou liggaam reageer deur hormone vry te stel wat insulien inhibeer. As gevolg van die hormone se inmenging, sal jy wakker word met hoë bloedsuikervlakke.
Die Somogyi-effek word toegeskryf aan verskeie faktore soos om te veel insulien of diabetesmedikasie te neem voordat jy gaan slaap of om nie ‘n voldoende aandete te eet nie.
Is dit die dagbreek-verskynsel of die Somogyi-effek?
Om te weet of jy deur een van hierdie fenomene geraak word, moet jy jou bloedsuikervlakke gereeld en op spesifieke tye nagaan.
Jy wil jou bloedsuikervlakke elke dag op die volgende tye nagaan:
- net voor jy gaan slaap
- in die vroeë oggendure, tussen 2:00. en 3:00.
(As jou bloedsuikervlakke aansienlik laag is gedurende hierdie tyd, kan dit as gevolg van die Somogyi-effek wees)
- eerste ding in die oggend
Wat kan ek doen om my bloedsuikervlakke te verlaag?
Om hoë bloedsuikervlakke soggens te verlaag, moet jy jou roetine in die aand aanpas.
Vermy die eet van hoë-GI-voedsel voor slaaptyd
As jy soet en koolhidraat-gevulde kosse voor slaaptyd eet, sal jou bloedsuikervlakke piek en dit sal die dagbreek-verskynsel vererger.
Eet aandete
As jy aandete oorslaan, kan jou bloedsuiker gedurende die nag aansienlik daal en kan jy die Somogyi-effek ervaar.
Doen ligte oefening
Oefening in die aand, soos stap of joga, kan help om jou bloedsuikervlakke gedurende die nag stabiel te hou.
Neem jou insulienmedikasie op die regte tyd
Praat met jou dokter voordat jy jou insulien of medikasie aanpas, aangesien dit ander gesondheidseffekte kan hê. Dit is raadsaam om jou insulien of medikasie te neem voor jy gaan slaap.
Wanneer om jou dokter te sien
Dit is belangrik om jou dokter te sien as jou bloedsuikervlakke gereeld soggens hoog is. Die Nasionale Instituut vir Diabetes en Spysverterings- en Niersiektes (NIDDK) beveel aan om jou dokter te sien as jou bloedsuiker meer as drie keer in ‘n tydperk van 2 weke hoog is.
Jou dokter kan voorstel om ‘n deurlopende bloedsuikermonitor te kry. Hierdie toestelle meet jou bloedsuikervlakke gereeld. Sommige van hierdie toestelle kan aan ‘n slimfoontoepassing koppel – wat beteken dat jy jou glukosevlakke maklik kan nagaan. Verder kan jou dokter jou medikasie aanpas sodat jy die regte hoeveelheid insulien kry om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou.
Samevatting
As jy soggens met hoë bloedsuikervlakke sukkel, kan dit wees as gevolg van die dagbreek-verskynsel of die Somogyi-effek. Gaan jou bloedsuikervlakke gereeld en op die regte tye na om te sien of jy deur een van hierdie verskynsels geraak word. Praat met jou dokter oor die hoeveelheid en die regte tyd om insulien en diabetesmedikasie te neem. Jy kan ook jou aandroetine aanpas om jou bloedsuikerlesing in die oggend te verlaag.
Neem die Manna Blood Sugar Support
Wanneer jy maaltyd eet, neem 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…
Manna Blood Sugar Support help om jou bloedsuiker vlakke op ‘n natuurlike manier te balanseer. Dit help dan natuurlik om diabetes en verwante probleme te beveg.
Hoe werk dit om bloedsuiker te beheer?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Help om bloeddruk vlakke te beheer deur middel van bloedsuiker stabilisering.
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Gee dit jou hoër vlakke van energie vir ‘n verlengde tydperk, omdat dit die suiker stadiger en egalig in die bloedstroom vrystel.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike “sugar crash” kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.
Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!