Los die raaisel op – vind uit hoekom jy onverwags gewig opgetel het
Om gewig te verloor is nie maklik nie en as jy skielik ‘n paar ekstra kilogramme optel, kan dit jou moedeloos maak. Kilogramme wat voel asof hulle van nêrens af gekom het nie, kan jou droom van ‘n gesonde liggaamsgewig laat knak. As jy kan vasstel hoekom jy gewig opgetel het, kan jy die probleem direk aanspreek. Daar is baie redes waarom jy skielik swaarder is – hier is 9 algemene oorsake van onverwagte gewigstoename.
- Jy het hipotireose
Een van die eerste dinge om na te gaan wanneer jy onverklaarbaar gewig optel, is jou skildklier. Volgens die Amerikaanse Skildkliervereniging ontwikkel een uit elke agt vroue ‘n skildklierafwyking in haar leeftyd. Jy ontwikkel hipotireose wanneer jou skildklier onderaktief is. Jou metabolisme kan vertraag wat kan lei tot gewigstoename. Ander simptome sluit moegheid, droë vel, haarverlies, spierkrampe of hardlywigheid in.
Wat om te doen: As jy simptome van hipotireose het, vra jou dokter om jou skildklier na te gaan deur ‘n bloedtoets te doen.
- Jy is gestres en moeg
Angs beïnvloed jou hormone. Wanneer jy gestres is, stel jou liggaam meer van die hormone ghrelin en kortisol vry wat jou eetlus verhoog en jou lus maak vir koolhidrate. Stres onderdruk ook die hormoon leptien. Hierdie hormoon help jou om versadig te voel nadat jy geëet het, maar wanneer die hoeveelheid leptien daal as gevolg van stres, kan jy groot hoeveelhede kos eet sonder om versadig te voel.
Om moeg te wees en nie goed te slaap nie, sal ook jou ghrelienvlakke verhoog en jou leptienvlakke verlaag – wat weereens daartoe lei dat jy baie kos eet sonder om vol te voel.
Wat om te doen: Vind maniere, wat vir jou werk, om jou stresvlakke te bestuur. Baie mense meen dat joga, meditasie en asemhalingstegnieke hulle help om ‘n rustiger lewe te lei. Oefening sal ook help om jou stresvlakke te verlaag en kan jou ook help om beter te slaap.
Daar is baie ander dinge wat jy kan doen om beter te slaap, soos om skermtyd (tyd op jou foon, voor jou rekenaar of die TV) voor slaaptyd te beperk en meer blootstelling aan helder lig gedurende die dag te kry.
- Jy is gedehidreer
As jy nie genoeg water drink nie, kan dit opgeblasenheid veroorsaak. Dokters glo ook dat ons die gevoel van dors kan verwar met die gevoel van honger. In plaas daarvan om vloeistowwe te drink wanneer ons dors is, eet ons dalk meer kos.
Wat om te doen: Gesondheidskenners beveel dikwels aan dat mense agt glase water per dag drink. Jy kan skywe suurlemoen of komkommer by jou water voeg, vir geur.
- Jy het opgehou rook
So, jy het opgehou om sigarette te rook – uitstekend! Rook lei tot baie gesondheidskomplikasies. Die nadeel van ‘n sigaret-staking is ‘n toename in eetlus aangesien rook jou lus vir kos kan onderdruk. Die probleem is, as jy eers opgehou rook het, kan die lus vir lekker kos jou behoorlik beetpak en as jy ingee, sal jy ekstra gewig aansit.
Wat om te doen: Doen aktiwiteite soos meditasie of oefening wat help om goedvoel-endorfiene vry te stel en wat ‘n goeie afleiding sal bied.
- Jy het hoë insulienvlakke
Die hormoon, insulien werk soos ‘n afleweringsvragmotor. Dit vervoer glukose (jou liggaam se hoofbron van energie) uit die bloedstroom en na die selle. As jy oorgewig is, reageer jy nie goed op insulien nie en moet jou pankreas al hoe meer van hierdie hormoon in jou bloedstroom inpomp. Hierdie hoë insulienvlakke hou die liggaam in stoormodus en maak gewigsverlies moeiliker. Dit is die begin van insulienweerstandigheid en as dit ongemerk gelaat word, kan dit lei tot die ontwikkeling van tipe 2-diabetes. Die slotsom – as jou insulienvlakke hoog is, sal jou liggaam dit moeiliker maak om gewig te verloor.
Wat om te doen: Daar is baie leefstylveranderinge, soos om lae GI-voedsel te eet en te oefen wat sal help om jou bloedglukosevlakke te verlaag. Gekontroleerde vloedsuikervlakke sal jou pankreas help om nie te veel insulien te produseer nie. Jy kan jou bloedglukosevlakke met ‘n monitor dophou. As jou bloedglukosevlakke voortdurend hoog is, praat met jou dokter.
- Jy het ‘n oorgroei van bakterieë in jou ingewande
Die menslike ingewande is een van die mees digbevolkte bakteriese gemeenskappe op aarde. Daar is bakterieë wat voordelig vir jou gesondheid is, maar sommige kan skadelike effekte hê. Jy sal altyd goeie en slegte goggas in jou ingewande wees, maar as die skadelike goggas eksponensieel groei, kan jy bakteriële oorgroei in jou dunderm ontwikkel. Hierdie oorgroei word geassosieer met opgeblasenheid, abdominale pyn, diarree en skielike gewigstoename.
Wat om te doen: As jy vermoed dat jy dalk oorgroei het, praat met jou dokter oor behandeling. Om dit te behandel, kan jou dokter antibiotika voorskryf. Jy kan ook jou dieet verander. Jy wil kos insluit wat goeie bakterieë help floreer en kosse uitsluit waarvan slegte bakterieë hou. Eet ‘n verskeidenheid veselryke vrugte en groente. Jy wil minder hoogs verwerkte, suikerryke kosse eet. Die meeste mense glo dat ‘n Mediterreense dieet die beste is om dermgesondheid te bevorder.
- Jy neem sekere medikasie
Baie voorskrif- en oor-die-toonbank-medikasie kan gewigstoename veroorsaak. Antidepressante kan die eetlussentrum in jou brein beïnvloed en kan veroorsaak dat jy meer eet. Verder kan betablokkers (wat in bloeddrukmedikasie gebruik word) jou metabolisme vertraag. Allergiemedikasie kan ook gewigstoename veroorsaak. ‘n Studie van die Yale Universiteit het ‘n direkte verband gevind tussen die konsekwente gebruik van antihistamien en vetsug. Dit blyk dat antihistamien, soos Benadryl, ‘n ensiem in die brein kan ontwrig wat help om voedselverbruik te reguleer.
Wat om te doen: Praat met jou dokter oor die newe-effekte van jou medikasie.
- Jy word geaffekteer deur perimenopouse
Perimenopouse is die oorgangstydperk voor menopouse en begin gewoonlik in jou 40’s, maar dit kan ook ‘n bietjie vroeër begin. Gedurende hierdie tyd sal jou estrogeenvlakke oneweredig styg en daal wat tot gewigstoename kan lei.
Gedurende jou 40’s sal jou liggaam ook ander veranderinge ondergaan soos verlies aan spiermassa. Hierdie veranderinge, tesame met perimenopouse, kan veroorsaak dat jy vinnig gewig optel.
Wat om te doen: Praat met jou dokter oor maniere om jou gewig te bestuur soos jy ouer word. Dit sal jou ook baie baat as jy kardio kan doen asook spiere kan bou. Doen kardio drie keer per week vir 30 minute, maar voeg daarby oefeninge met gewigte.
- Jy het polisistiese ovariumsindroom
Polisistiese ovariumsindroom (PSOS) is baie algemeen aangesien een uit elke vyf vroue hierdie afwyking ontwikkel. Dit is ‘n endokriene versteuring wat die balans van voortplantingshormone, estrogeen en testosteroon afwerp. Simptome sluit in onreëlmatige menstruasie, die groei van gesighare en die ontwikkeling van ‘n migraine.
Wat om te doen: As jy oorgewig is, kan jy jou simptome en risiko om langtermyn PSOS-gesondheidsprobleme te ontwikkel drasties verbeter deur gewig te verloor. Praat met jou dokter oor verskillende behandelingsopsies vir PSOS.
Samevatting
Moenie moed verloor as jy skielik ‘n paar kilogramme opgetel het nie – daar is baie redes vir onverwagse gewigstoename. As jy weet hoekom jy skielik ekstra kilo’s opgetel het, kan jy die probleem aanspreek. Onthou om jou gewigsverliesreis lekker te maak. Om ‘n gesonde gewig te hê en te handhaaf behoort nie soos ‘n stryd te voel nie.
Gebruik Manna Blood Sugar Support
Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!
Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou.
Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om makliker gewig te verloor?
Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.
Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!
Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.