Oorsake en natuurlike behandeling.
Slegte sirkulasie vind plaas wanneer jou bloedsomloopstelsel sukkel om bloed deur jou liggaam te pomp.
Swak sirkulasie kan voorkom in die:
- die slagare, wat bloed na die arms en bene laat vloei
- die are, wat bloed na die hart terugvoer
- die limfvatstelsel, wat vloeistowwe dreineer
Swak bloedsirkulasie kan enige deel van jou liggaam raak, maar hierdie artikel sal spesifiek kyk na hoe dit jou arms, bene, vingers en tone beïnvloed.
Simptome van swak bloedsirkulasie in ledemate
Wanneer minder bloed, voedingstowwe en suurstof by jou ledemate afgelewer word, kan jy van die volgende simptome ervaar:
- koue hande en voete
- tinteling
- gevoelloosheid
- steekpyne
- spierkrampe
- edeem in hande, arms, enkels, bene en voete. Edeem kom voor wanneer vloeistowwe in dele van die liggaam ophoop en dit veroorsaak swelling.
- verandering in velkleur. Vel kan bleker lyk as gewoonlik of as bloed uit jou haarbloedvate lek, kan hierdie areas pers raak.
- beensere
Wat veroorsaak swak sirkulasie?
Daar is baie oorsake van swak sirkulasie – algemene oorsake sluit diabetes, perifere arteriële siekte en Raynaud se sindroom in.
Diabetes
Wanneer jou bloedsuikervlakke chronies hoog is, sal dit jou bloedvate beskadig. Beskadigde bloedvate sal bloedvloei beperk.
Perifere arteriële siekte (PAD)
PAD veroorsaak dat bloedvate vernou. As gevolg van swak bloedsirkulasie, veroorsaak PAD gevoelloosheid, ‘n tinteling of ‘n gevoel van spelde en naalde in jou onderbene of voete. Pyn in die voete kom dikwels voor wanneer jy loop of oefen. Mense ouer as 50 is meer geneig om hierdie siekte te ontwikkel, maar dit kan ook jonger mense affekteer. Rokers is vier keer meer geneig om PAD te ontwikkel as nie-rokers.
Raynaud se sindroom
As jou hande en voete gereeld kou is, ly jy dalk aan Raynaud se sindroom. Hierdie siekte veroorsaak dat die klein are in jou hande en voete vernou. Mense wat aan Raynaud se sindroom ly, ervaar gewoonlik simptome wanneer die temperatuur daal of as hulle gestres is.
Wat kan ek doen om my bloedsirkulasie natuurlik te verbeter?
Behalwe om medikasie te neem, kan jy op ‘n natuurlike manier jou bloedsirkulasie aanhelp.
- Hou op rook. Rook is ‘n ernstige risikofaktor.
- Oefen. Aërobiese oefening soos stap, hardloop of swem is wonderlik om jou bloed beter te laat vloei. Probeer vyf dae per week vir 30 minute oefen.
- Volg ‘n dieet vir hartgesondheid. Eet baie groente en vrugte, volgraan, maer pluimvee en olierige vis soos salm en tuna.
- Staan by jou lessenaar. As jy vir ‘n lang tyd by jou lessenaar werk, oorweeg om jou lessenaar te ruil vir een waarby jy kan staan. Om te lank te sit, kan bloedvloei na jou bene vertraag.
- Dra spesiale sokkies om bloedvloei te bevorder. Die druk wat hierdie sokkies op jou bene plaas, sal help om bloedvloei van jou bene na jou hart te versnel.
- Gebruik ’n lyfborsel om jou arms en bene elke dag voor jy stort te borsel. Dit sal jou bloed vinniger laat vloei.
- Neem aanvullings. Vitamien E, foliensuur en niasien is bekend om te help met bloedsirkulasie.
Samevatting
Wanneer bloed sukkel om na jou arms en bene te vloei, sal jy simptome soos spierkrampe en gevoelloosheid ervaar. Probleme met sirkulasie kan deur baie dinge veroorsaak word – diabetes, perifere arteriële siekte (PAD) en Raynaud se sindroom is algemene oorsake. Daar is baie leefstylveranderinge wat jou bloedvloei kan help verbeter.
Hoe werk Manna Blood Circulation Support?
Die bestanddele in Manna Blood Circulation Support help om stikstofoksied vry te stel om mikro-kapillêre bloedvloei te verhoog. Dit kan ook ongewenste bloedlipiedvlakke verlaag en lipiedneerslae in are oplos.
Die verskillende bestanddele werk op ‘n holistiese manier om te help met positiewe bloedvloei.
Voordele van Manna Blood Circulation Support
- Ondersteun kardiovaskulêre gesondheid deur stikstofoksied-produksie te bevorder en bloed makliker deur die liggaam te help vloei.
- Ondersteun gesonde bloeddruk en versterk die immuunstelsel.
- Suiwer die lewer en verwyder ammoniak.
- Verbeter seksuele stamina en verbeter die liggaam se herstel na ‘n intense oefensessie.
Wie kan dit gebruik?
- Enige iemand wat gesonde bloeddruk wil ondersteun
- Individue wat angina (borspyn) wil vermy
- Individue wat beenpyn wil vermy weens swak bloedsirkulasie
- Enige iemand wat beskerming teen ‘n hartaanval of ‘n beroerte soek
- Mans wat aan erektiele disfunksie ly
- Atlete wat vinniger wil herstel na ‘n oefensessie