Met die regte hulp kan jy erge honger hokslaan!
Wanneer jy met diabetes leef, moet jy jou bes probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, maar dit is ontmoedigend wanneer jy ‘n onuitblusbare eetlus het, veral vir lekkernye. Om die heeltyd honger te wees is ‘n algemene simptoom van hoë bloedsuikervlakke.
Dis ‘n bose kringloop. Hoë bloedsuikervlakke veroorsaak dat jy baie koolhidrate en soetgoed eet, wat lei tot stygende bloedsuikervlakke, wat jou weer opnuut laat honger voel.
Jy kan die kringloop breek. Leer meer oor die verband tussen hoë bloedsuikervlakke en honger en hoe Manna Blood Sugar Support kan help.
Die verband tussen hoë bloedsuikervlakke en honger
Jy mag dink dis vreemd dat jou liggaam na nog koolhidrate smag terwyl jy hoë bloedsuikervlakke het. Jy het reeds ‘n oormatige hoeveelheid suiker in jou bloed; hoekom wil jou liggaam meer hê?
Die rede hoekom jy so honger voel, is as gevolg van probleme met die hormoon insulien. Mense met diabetes kan nie genoeg insulien produseer nie, of hul liggame kan nie insulien goed gebruik nie (bekend as insulienweerstandigheid).
Insulien se werk is om glukose uit jou bloedstroom te neem en na jou selle te vervoer. As jy nie genoeg insulien het nie of jou selle nie die hormoon verwelkom nie, sal glukose in jou bloedstroom begin ophoop. Jou bloedsuikervlakke sal styg, en jou selle sal dringend energie nodig hê.
Jou uitgehongerde selle sal om hulp vra, en jou brein sal ‘n boodskap uitstuur:
“Gee my asseblief nog kos. Ek het kos nodig wat vinnig energie sal vrystel.”
Suikergevulde, koolhidraatryke kosse sal die ding doen.
Daar is geen rede om skuldig te voel wanneer jy die spens deursoek en oliebolle (doughnuts), pakkies skyfies en sjokoladestafies verslind nie.
Jou liggaam probeer bloot aan ‘n behoefte voorsien.
Dit is moeilik om nie sleg te voel nie, veral as jy bewus is van die verskriklike gevolge van hoë bloedsuikervlakke. Jy weet waarskynlik reeds dat uiterste vlakke jou oë, niere, vingers en tone ernstig kan beskadig.
Gelukkig is daar maniere om hierdie honger, wat onuitblusbaar voel, hok te slaan .
Hoe om eetlus te beheer
Deur bloot wilskrag te gebruik teen intense hongerpyne, sal jou nie die blywende resultate gee wat jy wil hê nie. Nog ‘n gierdieet gaan ook nie help nie.
Die beste manier om jou eetlus te blus, is om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer.
‘n Natuurlike manier om dit te doen, is om Manna Blood Sugar Support te neem. Hierdie unieke produk het duisende mense gehelp om hul bloedsuikervlakke te stabiliseer en hul eetlus te beheer. Jy hoef nie sonder selfbeheersing groot hoeveelhede koolhidrate te verorber nie en jy hoef ook nie slegs op selfdissipline staat te maak om die groot honger te weerstaan nie. Manna kan jou help om jou eetlus te demper sodat jy gesonder koskeuses kan maak. Manna Blood Sugar Support is 100% organies en kan saam met ander medikasie gebruik word.
Dit is moeilik om die drang om te eet te weerstaan wanneer jou liggaam jou smeek vir kos. Daarom is dit ook belangrik om met jou dokter te praat oor die aanpassing van jou voorskrifmedikasie, indien nodig. Vir baie diabeteslyers, werk die kombinasie van insulien en ander nie-insulienmedikasie die beste.
Behalwe om medikasie te neem, wil jy seker maak dat jou diabetesvriendelike-gewoontes in plek is.
Neem waar hoe jy met die volgende gewoontes vaar:
- Monitor jy jou bloedsuikervlakke gereeld?
- Oefen jy daagliks?
- Slaap jy genoeg?
- Is jy in voeling met jou innerlike wêreld? Bestuur jy jou stresvlakke?
- Vermy jy die gebruik van alkohol en tabak?
Nog maniere om honger hok te slaan
Dit is van uiterste belang om jou bloedsuikervlakke te stabiliseer, maar daar is ook ander maniere om te vermy dat jy ooreet.
Hier is ‘n paar wenke:
- Eet ‘n ontbyt met baie proteïene.
- Eet elke maaltyd op ‘n spesifieke plek. Moenie voor jou rekenaar of die TV eet nie.
- Eet stadig. Koester elke happie.
- Stop jou koskaste vol gesonde verversings.
- Drink baie water.
- Gebruik kleiner borde. Mense eet oor die algemeen alles wat hulle vir hulself opdis. As jy kleiner borde gebruik, sal jy minder eet.
- Doen iets wat jou aandag aflei. In plaas daarvan om jou tyd in die kombuis of kitskosrestaurant deur te bring, doen iets pret. Werk in die tuin, gaan stap of begin ‘n nuwe kreatiewe projek.
- Probeer nuwe, gesonde resepte. Hou jou kos interessant met ‘n verskeidenheid kruie en speserye.
Samevatting
Dit is moeilik om oormatige eet te bekamp. Maar jy kan jou honger beheer! Moenie te hard op jouself wees wanneer jy kos eet wat bloedsuikerspieke veroorsaak nie. Eerder as om hard op jouself te wees, kry die hulp wat jy nodig het. Praat met jou dokter oor die aanpassing van jou medikasie en probeer Manna Blood Sugar Support.
Manna Blood Sugar Support – jou sleutel tot natuurlike gewigsverlies en die beheer van voedseldrange!
Is jy moeg daarvoor om te sukkel met hardnekkige gewig en onbeheerbare kosdrange? Kyk nie verder nie! Manna Blood Sugar Support is hier om jou gewigsverliesreis te revolusioneer deur gesonde bloedsuikervlakke te ondersteun en daardie lastige kosdrange te bekamp. Met ons organiese aanvulling kan jy jou gewigsverliesdoelwitte bereik terwyl jy jou liggaam voed.
Wat Manna Blood Sugar Support onderskei, is sy unieke bestanddeel afkomstig van die Prosopis-boompeule. Verpak met noodsaaklike suikers, dieetvesel, minerale en proteïene, oortref hierdie formulering enige ander bloedsuikerondersteuningsproduk op die mark. Deur die glukemiese indeks van die kos wat jy eet met tot 43% te verminder, help dit om die vrystelling van glukose in jou bloedstroom te vertraag, wat ‘n volgehoue vrystelling van energie verskaf.
Die voordele van Manna Blood Sugar Support strek verder as gewigsverlies.
Deur gebalanseerde bloedsuikervlakke te handhaaf, sal jy meer tevrede voel na etes, sodat jy minder kan eet terwyl jy steeds gevoed voel. Sê totsiens vir die konstante honger en hallo vir beheerde kosdrange! Stabiele bloedsuikervlakke help jou om beheer oor jou eetlus te herwin en onderdruk daardie knaende kosdrange wat jou gewigsverliespogings kan saboteer.
Nie net help Manna Blood Sugar Support jou om daardie ekstra ponde af te skud nie, maar dit ondersteun ook algehele welstand. Dit help om hoë insulienvlakke te verlaag en hou jou energievlakke konstant, voorkom energie-ongelukke en bevorder ‘n gebalanseerde leefstyl. Deur gelyke bloedsuikervlakke te bereik, sal jy ook die risiko van diabetesverwante gesondheidskomplikasies en laer hoë bloeddruk verminder.
As jy doeltreffende gewigsverlies en vryheid van kosdrange soek, is Manna Blood Sugar Support jou uiteindelike oplossing. Ervaar die krag van gebalanseerde bloedsuikervlakke en herwin beheer oor jou liggaam en gesondheid. Moenie toelaat dat eetlus jou vordering langer in die wiele ry nie. Kies Manna Blood Sugar Support en ontsluit die pad na natuurlike gewigsverlies en ’n gesonder, gelukkiger jy. Probeer dit vandag en aanskou die transformerende effekte vir jouself!
Moenie dat ongebalanseerde bloedsuikervlakke jou gewigsverliesdoelwitte saboteer nie – probeer Manna Blood Sugar Support vandag! Beskikbaar aanlyn en by hierdie winkels…
Manna Blood Sugar Support
Die natuurlike oplossing vir kosdrange, eetlus, en konstante honger.
Manna Blood Sugar Support
Die natuurlike oplossing vir kosdrange, eetlus, en konstante honger.
Meer as 1.5 million eenhede verkoop!