Veroorsaak Eet voor Slaapenstyd Gewigstoename?

Does Eating Before Bedtime Cause Weight Gain?

Kom meer te wete oor wat en wanneer om te eet vir optimale gewigsverlies.

Moet ek ophou om vaste stowwe te eet vyf uur voor ek gaan slaap, soos sommige raadgewers aanbeveel?

Tradisionele sienings en ons gesonde verstand stel voor dat swaar maaltye naby slaaptyd vermy moet word om spysverteringsongemak, gewigstoename en moontlike slaap-versteurings te voorkom. Onlangse navorsing dui egter daarop dat die verband tussen die tye van maaltye en slaapkwaliteit en gewigsbeheer baie meer kompleks is.

 

Voedsame happies in die aand kan gesond wees.

In teenstelling met die algemene opvatting, kan sekere kosse wat ons voor slaaptyd nuttig, ons eintlik help om beter te slaap. ‘n Goeie nagrus en kwaliteit slaap is deurslaggewend vir gewigsverlies. Sou jy slaap-apnee hê, sal jou liggaam deur die dag na slaap smag, en onwetend sal jy die verlies aan rus en energie, met kos vervang.

Voedsel wat ryk is aan triptofaan, verhoog die produksie van serotonien en melatonien, wat neurotransmitters is, maar ook betrokke is by die regulering van slaap.

Sommige algemene bronne van triptofaan is hawermout, piesangs, gedroogde pruimedante, melk, tunavis, kaas, brood, hoender, kalkoen, eiers, grondboontjies, pampoen- en sesamsaad en sjokolade.

 

Die veronderstelling dat laat-aand eet gelyk is aan gewigstoename –  is ‘n mite.

Kalorieë wat tydens slaaptyd verbruik word, sal nie jou metabolisme verander, of meer tel as kalorieë wat gedurende die dag verbruik word nie.  Alle onverteerde kalorieë sal uiteindelik as vet gestoor word in die liggaam.

Gewigstoename word bepaal deur die totale aantal kalorieë wat gedurende die dag ingeneem word teenoor die kalorieë wat deur die dag verbrand word, ongeag die tyd van die dag wat jy dit eet.

Fokus op algehele kalorie-inname en porsiebeheer eerder as om etenstye te beperk. Jou totale kalorie-inname behoort jou daaglikse aktiwiteite te balanseer.

 

Moenie gaan slaap terwyl jy honger is nie.

Om te gaan slaap op ‘n leë maag kan lei tot ‘n groot eetlus in die oggend, wat jou bloedsuiker tot ongesonde vlakke kan verhoog en jou metabolisme vir die res van die volgende dag deurmekaar gooi. Neem eerder ‘n paar gesonde happies voor slaaptyd.

’n Klein, gebalanseerde peuselhappie voor slaaptyd kan slapeloosheid weens hongerte gedurende die nag voorkom. Verhoed dus dat jy honger gaan slaap.

 

Metaboliese impak

Kommer oor eet voor slaaptyd draai dikwels om die potensiële impak daarvan op ons metabolisme en gewigstoename. Alhoewel dit waar is dat die verbruik van oortollige kalorieë laat in die nag tot gewigstoename kan bydra, is die algehele kalorie-inname deur die dag meer belangrik as die tydsberekening van spesifieke maaltye.

Boonop dui sommige studies daarop dat die eet van ‘n proteïenryke peuselhappie net voor slaaptyd eintlik metabolisme kan bevorder en spier-herstel tydens slaap kan bevorder.

 

Watter slaaptyd-happies is die beste vir gewigsbeheer?

Probeer een van die volgende gesonde kosse voor slaaptyd om te help om bloedsuikervlakke te bestuur en die nag se honger te stil:

  • ‘n Handvol neute.
  • ‘n Hardgekookte eier.
  • Laevetkaas en volkoringbeskuitjies.
  • Grondboontjiebotter.
  • Groente en hummus.
  • Baba wortels, kersie-tamaties, of komkommerskywe.
  • Selderystokkies met hummus.
  • Springmielies van ‘n mikrogolfoond.
  • Geroosterde kegerertjies.
  • ‘n Glas warm melk met heuning
  • Avokado met volkoringroosterbrood.
  • Griekse jogurt met bessies.
  • ’n Proteïenryke skommel.

 

Uitdagings wat verband hou met die eet van ‘n groot maaltyd voor slaaptyd.

Groot maaltye laataand kan die volgende simptome inhou:

  • Sooibrand

Selfs as jy nie gewoonlik spysverteringsprobleme gedurende die dag het nie, en jy eet ‘n vol maaltyd (veral kos met baie speserye) en klim dadelik in die bed, kan dit suur refluks veroorsaak. Hierdie maagsuurafskeiding kan slukderm irritasie veroorsaak.

  • Slapeloosheid

‘n Swaar maaltyd met ‘n biefstuk, net voor slaaptyd, sal jou spysverteringstelsel vir ‘n rukkie besig hou. Sensitiewe slapers kan wakker gehou word totdat hul kos verteer is. Biltong sal byvoorbeeld ook ‘n langer verteringstyd benodig.

 

  • Verhoogde Bloedsuikervlakke

Indien jy diabetes het, word ‘n groot maaltyd net voor jy gaan slaaptyd nie aanbeveel nie. Bloedsuikervlakke kan gedurende die nag te hoog styg.  ‘n Proteïenryke versnapering -soos hierbo genoem – sal ‘n beter keuse wees.

Deur goeddeurdagte dieet-beplanning te doen en aandag te gee aan jou individuele behoeftes, kan jy ‘n balans vind wat beide optimale lewenslus en rustige slaap bevorder.

 

Om weg te neem:

Om gesonde peuselhappies voor slaaptyd te eet, kan jou help om jou bloedsuiker te beheer, beter te slaap en uiteindelik jou gewig te optimaliseer.

 

Stop die Kosdrange met Manna Blood Sugar Support

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n heeltemal natuurlike gesondheidsaanvulling gemaak van die peule van die Prosopis (Mesquite) boom, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Dit bind saam met die kos wat jy eet en stel dan die suiker uit die kos stadig vry in jou bloedstroom.

Om 2 tablette saam met elke maaltyd te neem, help om die glukemiese indeks van die kos wat jy geëet het met tot 43% te verlaag!

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n organiese dieetaanvulling wat kan help om bloedsuikervlakke te beheer, eetlus te onderdruk en kosdrange op die natuurlike manier te bekamp sonder enige newe-effekte. Deur bloedsuikervlakke te beheer, verminder die insulienvlakke ook, wat verhoed dat vet die vetstoor-aksie verhinder.

 

Hoe help dit my om gewig te verloor?

Dit help om jou bloedsuikervlakke te balanseer, voedseldrange te beheer en die insulien behoefte van die liggaam te verminder. Laer insulienvlakke en kos-drang beheer kan jou help om minder te eet en meer vet as energie te verbrand om op gesonde manier gewig te verloor.

 

Stop die kos-drange en verloor gewig met Manna Blood Sugar Support

  • Keer insulienweerstandigheid om.
  • Help om bloedsuikervlakke te balanseer.
  • Vertraag die opname van suiker.
  • Help die liggaam om minder insulien te benodig.
  • Voorkom drange.

Kry die Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie afsetpunte en sien die voordele

5/5

“I have been buying Manna Blood sugar support for a few years now. My blood sugar levels have stabilised. Excellent product. Service delivery, unbelievable.”

Chris

Manna Blood Sugar Support

The natural solution to food cravings, appetite, and constant hunger.

Blood Sugar Support 180 with Box

Manna Blood Sugar Support

The natural solution to food cravings, appetite, and constant hunger. 

More than 1.5 million units sold!

Tevrede kliënte terugvoer van Manna Blood Sugar Support

Koop Manna Blood Sugar Support aanlyn!

5/5

“Found this not only useful to reduce and stabilize blood sugar, but it is also an excellent product if you are trying to lose weight. It really helps to eliminate that hungry feeling, so it is then easier to reduce meal portions without losing energy. Highly recommend!”

Calvyn (Takealot Review)

More articles

Leave a Reply