6 Verrassende Dinge wat Jou Bloedsuikervlakke laat Wipplank Ry

6 Surprising Things that Cause Blood Sugar Swings

Mense wat met tipe 2-diabetes leef, weet hoe onstabiel bloedsuikervlakke kan wees. Jou bloedsuikervlakke kan opskiet en weer vinnig val. Stygende bloedsuiker vlakke kan naarheid en braking tot gevolg hê of kan jou kort van asem laat. Wanneer vlakke drasties daal, kan dit verwarring, duiseligheid, probleme met visie, bewusteloosheid of selfs die dood veroorsaak.  

As jy jou bloedsuikervlakke stabiel wil hou, kan jy by ’n diabetesvriendelike dieet hou, gereeld oefen en slegte gewoontes soos rook en te lank stilsit uitskakel. Daar is egter ‘n paar ongewone faktore wat ook jou bloedsuikervlakke laat dobber. 

 

Wees op die uitkyk vir die volgende verrassende dinge:

 

  1. Dehidrasie

Dehidrasie en diabetes loop hand aan hand. As jy nie genoeg vloeistowwe in jou liggaam het nie, sal jou bloed meer gekonsentreerd word – wat jou bloedglukosevlakke opstoot. Hoë bloedsuikervlakke kan ook veroorsaak dat jy meer gereeld urineer, wat lei tot meer dehidrasie.

 

Vrouens met diabetes moet ongeveer 6,5 glase water per dag drink en mans sowat 8,5. Jy kan komkommerskywe, sitruswiggies, of ‘n bietjie vars lemmetjiesap in jou water sit vir ekstra geur. Ander drankies soos kafeïenvrye kruietee, afgeroomde melk en suikervrye koffie kan jou ook gehidreer hou sonder om jou bloedsuiker op te stoot.

 

  1. Sekere medikasie

Steroïede (wat gebruik word om inflammatoriese toestande, outo-immuunafwykings en asma te behandel) is berug om bloedsuikervlakke op te skiet. Ander medikasie soos pille vir geboortebeheer, sekere antidepressante en sommige diuretika kan ook jou bloedsuikervlakke laat styg. Daar is ander medikasie wat ook met jou bloedsuiker inmeng en laer lesings kan veroorsaak.

Voordat jy nuwe medikasie neem, of dit nou voorskrifmedisyne is of nie, maak seker jou dokter en apteker weet van jou diabetes. Maak seker dat jou nuwe medikasie nie met jou diabetesbehandeling inmeng nie.

 

  1. Siekte en infeksies

Verkoue, griep en infeksies kan jou bloedsuiker tot gevaarlike hoë vlakke stoot.

Hormone wat siektes beveg, sal veroorsaak dat meer glukose in jou bloedstroom vrygestel word om die siekte of infeksie teë te staan.

Siektes, soos diarree, kan ‘n daling in jou bloedsuikervlakke veroorsaak, aangesien jy nie die nodige voedingstowwe opneem nie.

Probeer jou bes om jouself teen siektes te beskerm deur aanvullings te neem wat sal help om jou immuunstelsel te versterk. Jy kan ook ‘n griepinspuiting kry. As jy wel siek word, drink baie vloeistowwe, hou jou bloedsuikervlakke dop en eet gesond.

 

  1. Kafeïen

Volgens Mayo Clinic is dit veilig om tot 400 milligram (mg) kafeïen per dag in te neem. Kafeïen kan egter inmeng met die werking van insulien. Dit is die hormoon, insulien, wat glukose uit die bloedstroom na die selle vervoer. As gevolg van die inmenging, kan bloedsuikervlakke styg.

Navorsers is egter in twee kampe oor die effek van kafeïen. ’n Studie wat in 2015 in die Journal of Clinical and Diagnostic Research gepubliseer is, meen dat kafeïen dalk kan help om diabetes te bestuur.

Al is die navorsing nie eenparig nie, kan jy die effek wat kafeïen op jou bloedsuikervlakke het, monitor. As jy wel baie drankies met kafeïne geniet, en sukkel om jou bloedsuikervlakke stabiel te hou, probeer om jou inname tot die minimum te beperk en kyk of jy in staat is om jou bloedsuiker te stabiliseer.

 

  1. Die dagbreek-verskynsel

Wanneer jy slaap, het jou liggaam nie soveel energie nodig nie, maar wanneer jou liggaam homself gereed maak om wakker te word, stel jou lewer gestoorde glukose in jou bloedstroom vry. Dit behoort die vrystelling van insulien te aktiveer sodat die glukose na die selle vervoer kan word.

Die probleem is dat mense met diabetes nie genoeg insulien maak nie of insulienweerstandig is. Dit veroorsaak dat glukose in die bloedstroom opbou en dus sal mense met diabetes soggens hoë bloedsuikervlakke hê.

Om die effek van die dagbreek-verskynsel in te perk, vermy die eet van suiker- en koolhidraatryke happies voor slaaptyd. Jy kan ook met jou dokter praat om die regte tyd te vind om jou diabetesmedikasie of insulien te neem sodat jy nie soggens met te hoë bloedsuikervlakke wakker word nie. 

 

  1. Vroue se menstruasie siklusse

Hormonale veranderinge wat net voor ‘n vrou se menstruasietydperk begin, kan ‘n styging in bloedsuikervlakke veroorsaak. 

As jy agterkom dat jou bloedsuikervlakke ‘n week voor jou tydperk konstant hoog is, kan jy jou bloedsuikervlakke verlaag deur die regte kos te eet. Bly weg van koolhidraatryke kosse en van suiker af. Jy kan ook oefening doen. As jy diabetesmedikasie of insulien neem, praat met jou dokter oor die aanpassing van jou medikasie met die inagneming van jou siklus.

 

Samevatting

 Daar is baie faktore wat fluktuasies in bloedglukosevlakke veroorsaak. Sommige faktore is bekend om jou suikervlakke op te stoot, maar jy moet ook oppas vir minder algemene faktore soos dehidrasie, die dagbreekverskynsel, die neem van steroïede en jou menstruasiesiklus.

 

Probeer Manna Blood Sugar Support om Bloed Suiker te Beheer

Manna Blood Sugar Support is ‘n heeltemal natuurlike gesondheidsaanvulling vir die bestuur van bloedsuikervlakke, gemaak van die peule van die Prosopis (Mesquite) boom, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie. Help om tipe 2-diabetes te bestuur, drange en insulien weerstandigheid te beheer.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Hierdie aanvulling is ‘n organiese en natuurlike manier om bloedsuikervlakke te help balanseer. Dit doen dit deur te “gel” met die kos wat ons eet en dan die suiker van hierdie kosse stadig in ons bloedstroom vry te stel. Daarom moet jy dit altyd saam met kos neem, anders mis jy die wonderlike voordele van Manna Blood Sugar Support en dit sal nie werk soos dit moet nie.

Dit beteken dat dit help om te keer dat die bloedsuikervlakke deur die dak styg nadat jy iets geëet het, en dan natuurlik ook help om die daaropvolgende suiker-vlak daling te vermy.

Dit help jou liggaam om die behoefte te vermy vir die optel van ‘n soet versnapering wat ons ken as ‘n lus. As jy jou bloedsuikervlakke kan stabiliseer en drange kan beheer, maak dit gewig verloor baie makliker.

Wanneer dit saam met kos geneem word, geleer Manna Blood Sugar Support saam met die kos in die maag om die glukemiese indeks van die kos en drank wat jy verbruik met tot 43% te verminder. Dit help dus om te verhoed dat bloedsuikervlakke te hoog styg.

 

Wat is die voordele van Manna Blood Sugar Support?

  • Help om gebalanseerde bloedsuikervlakke te handhaaf.
  • Hou jou meer tevrede ná ’n maaltyd, wat beteken dat dieselfde maaltyd jou baie verder kan neem en veroorsaak dat jy minder eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
  • Help om drange te beheer.
  • Help om energievlakke konstant te hou.
  • Gebalanseerde bloedsuikervlakke kan help om diabetiese gesondheids komplikasies te voorkom.

 

Waar kan ek dit koop?

More articles

Leave a Reply