7 Daaglikse Gewoontes Wat Die Risiko Van Diabetes Verhoog

7 Daaglikse Gewoontes Wat Die Risiko Van Diabetes Verhoog

This article is also available in English

Daaglikse gewoontes kan ‘n groot rol speel in die ontwikkeling van diabetes later in jou lewe.

As jy slegte gewoontes kan identifiseer en verander, kan jy dalk die ontwikkeling van diabetes teëwerk. Lees verder oor die 7 dag-tot-dag gewoontes wat jou risiko om diabetes te kry verhoog. Leer ook wat om te doen om hierdie gewoontes stop te sit sodat jy jou kanse op ‘n diabetesvrye lewe kan verhoog.

 

7 dag-tot-dag gewoontes wat jou risiko om diabetes te kry verhoog

1. Lang tye van stilsit

Om vir lang tye voor die rekenaar, TV of in jou motor te sit, kan jou insulienweerstand verlaag. Daar is onlangse studies wat fokus op die verband tussen lang tydperke van stilsit en die ontwikkeling van diabetes. Daar het 475 000 mense aan ‘n 2021 studie deelgeneem wat in Diabetes Care gepupliseer is. Die studie het gevind dat diegene wat vir 30 minute lank fisiese oefeninge gedoen het, in plaas van om te sit, ‘n 6 tot 31 persent laer risiko vir tipe 2-diabetes gehad het.

Wat om te doen: Raak bewus van hoe lank jy op een plek stilsit en probeer om onaktiewe periodes te onderbreek deur elke halfuur op te staan ​​en te beweeg. Jy kan ‘n alarm op jou foon stel om jou te herinner om op te staan ​​en aktief te raak.

2. Gebrek aan oefening

’n Daaglikse kardio-oefensessie kan die ontwikkeling van diabetes uitstel en help om jou bloedsuikervlakke te beheer.

Wat om te doen: Oefensessies hoef nie uitputtend te wees nie – ‘n vinnige stapsessie vir ‘n halfuur sal mense met prediabetes help om diabetes teë te wek. Dr Tim Graham, ‘n endokrinoloog en diabeteskenner, sê ‘n oefensessie van 30 minute, vyf keer per week, is voldoende.

3. Sigaretrook

Amerika se Sentrum vir Siektebeheer en -voorkoming (CDC) het bevind dat rokers 30-40 persent meer geneig is om diabetes te ontwikkel as nie-rokers. ’n Studie in die 2019-uitgawe van Diabetology & Metabolic Syndrome dui daarop dat sigaretrook die grootste rede vir die ontwikkeling van diabetes in minstens 25 miljoen gevalle wêreldwyd was.

Wat om te doen: As jy wil ophou rook, kan jy probeer om nikotienvervangingsterapie te gebruik (soos nikotienpleisters, suigtablette en neussproei). Oefening en ontspanningstegnieke (diep asemhaling, joga en visualisering) kan ook behulpsaam wees vir diegene wat wil ophou rook.

4. Te veel alkoholiese drankies

‘n Glas wyn of twee kan sekere gesondheidsvoordele inhou, maar as jy meer as dit drink, kan jy gewig optel. Vetsug is een van die grootste risikofaktore vir diabetes.

Om te veel alkohol te drink kan gewigstoename veroorsaak, maar dit lei ook tot chroniese inflammasie van die pankreas. Wanneer jou pankreas ontsteek is, kan insulienproduksie afneem. Laer vlakke van insulien kan diabetes veroorsaak.

Wat om te doen: Beperk jou alkoholinname tot een drankie per dag.

5. Die eet van geprosesseerde voedsel

Omdat geprosesseerde voedsel geen heelkosse bevat nie, lei dit nie vinnig tot ‘n gevoel van versadiging nie. Oor die algemeen sal mense wat baie geprosesseerde kos eet, meer eet aangesien dit lank neem vir hulle om versadig te voel. Hulle kan maklik gewig optel. ‘n Studie wat in JAMA Internal Medicine gepubliseer is, het bevind dat ‘n 10 persent toename in die hoeveelheid ultra- geprosesseerde voedsel in deelnemers se diet, ‘n 15 persent hoër risiko om diabetes te ontwikkel meegebring het.

Wat om te doen: Wanneer jy kos koop, kyk na die bestanddele op die pakkie. As jy ‘n lang lys van onuitspreekbare bestanddele sien, is dit heel moontlik dat dit geprosesseerde bestanddele bevat. ‘n Dieet van proteïene, vesel, noodsaaklike vette en komplekse koolhidrate sal help om bloedsuiker en insulienvlakke in die liggaam te beheer.

6. Gebrek aan slaap

Swak slaappatrone sal jou hormone ontwrig. Jou liggaam sal meer streshormone vrystel en dit sal jou bloedsuiker verhoog. Terselfdertyd stel jou liggaam minder insulien vry wanneer jy nie slaap nie, wat lei tot hoër bloedglukosevlakke. As jou liggaam meer streshormone en minder insulien oor ‘n lang tydperk produseer, loop jy die risiko om diabetes te ontwikkel.

Onvoldoende slaap kan ook jou eetlus verhoog en jy begin dalk lus kry vir koolhidrate en lekkers. Jy sal gewig optel as jy toegee aan jou eetlus en as jy oorgewig is, loop jy die risiko om diabetes te ontwikkel.

Wat om te doen: As jy sukkel met slapeloosheid, praat met jou dokter oor behoorlike behandeling. Jy kan ook ‘n rustige slaapomgewing skep, tegnieke toepas om stres e beheer en by ‘n slaapskedule hou om jou slaap te verbeter.

7. Gebrek aan kwaliteit verhoudings

Diabetologia het ‘n studie in 2020 gepubliseer en bevind dat die afwesigheid van kwaliteit menseverhoudings kan lei tot die ontwikkeling van diabetes. Studies is egter onseker oor wat presies die verband tussen ‘n gebrek aan menslike kontak en diabetes is, maar die ontwikkeling van kwaliteit verhoudings blyk wel gesondheid te verbeter.

Wat om te doen: Spandeer kwaliteit tyd saam met vriende en familie. Jy kan ook by ‘n klub aansluit om nuwe mense te ontmoet en verhoudings te bou.

 

Samevatting

Alhoewel ouderdom en genetika groot risikofaktore vir diabetes is, is daar baie wat jy kan doen om jou kanse om diabetes te ontwikkel te verminder. As jy jou daaglikse gewoontes verander om meer oefening, heelkosse, slaap en goeie gesprekke in te sluit en ophou rook en ophou oormatig alkohol gebruik, sal jy jou kanse om diabetes te kry verlaag.

 

Wat is Manna Blood Sugar Support?

Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheid aanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.

Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.

Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry. Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.

As jy jou bloedsuikervlakke wil balanseer en gewig verloor, kry Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels of aanlyn-winkels:

 

Waar kan ek Manna Blood Sugar Support koop?

More articles

Leave a Reply