7 Kosse Om Menopouse Warm Gloede Af Te Weer

7 Kosse Om Menopouse Warm Gloede Af Te Weer

Kan mens ooit genoeg doen om menopousale warm gloede af te weer?

 

Menopousale warm gloede kan regtig ‘n demper op jou dag plaas – of ‘n goeie nagrus in ‘n nagmerrie laat ontaard.

Meeste mense sal vir jou kan sê watter kosse om te vermy wanneer jy met warm gloede sukkel. Maar hulle sê nie vir jou watter kosse jy moet eet om dit te beveg en beheer nie.

 

Die 7 kosse wat warm gloede die beste beveg is:

  1. Soja melk

Soja melk bevat hope fito-estrogene. Hierdie estrogeen-agtige stowwe help om gloede te beheer. Fito-estrogene boots sommige van die biologiese aktiwiteite van die vroulike hormone na, wat help om gloede by baie vroue te laat afneem. Die beste en veiligste manier om soja in te neem is om heel soja produkte, soos soja melk of tofu, by jou dieët in te sluit.

  1. Volgraan

Volgraan soos gort, hawer en bruinrys bevat baie vesel. Dit is goed, omdat vesel help om warm gloede te verlig. Vesel absorbeer water, wat help om die stoelgang sag te hou en vinnige beweging van stowwe deur die ingewande te bevorder. Wat meer is, vesel doen ook die volgende:

      • Voorkom ooreet en kosdrange.
      • Vertraag die verterings proses.
      • Ondersteun gewigsverlies.
      • Bevorder gereelde dermbewegings en gesonde funksionering van die kolon.
      • Help om normale bloedsuiker en insulien vlakke te handhaaf.

Vrugte en groente soos appels, piesangs, kool en broccoli bevat ‘n gesonde hoeveelheid vesel wat kan help om warm gloede te verminder of uit te skakel.

Nie alle koolhidrate is sleg nie. Kies net die regte soorte

  1. Laevet Joghurt

Hierdie kalsium-ryke kos kan help om menopousale warm gloede te verminder. Kalsium verwyder die oortollige estrogeen uit die lewer en dus is dit ‘n belangrike voedingstof om warm gloede te laat afneem. Daar is ook bevind dat, wanneer ‘n vrou menopouse binnegaan, sy vinnig beendigtheid verloor. Dit verhoog haar kanse op beenverwante gesondheidskwessies soos osteoporose.

Ander kalsium-ryke kosse sluit sardyne in olie, melk, kaas en raapblare in.

  1. Lewer

Lewer bevat groot hoeveelhede foliensuur. Foliensuur, of vitamien B-9, help om warm gloede te verminder. Warm gloede vind plaas weens versteurings in die brein se seine. Hierdie versteurings word veroorsaak deur ‘n afname in estrogeen. Foliensuur werk amper net so goed soos estrogeen vervangings terapie.

  1. Blaargroente

‘n Vegetariese alternatief tot lewer is blaargroentes. Die mees prominente een is spinasie. Blaargroente werk goed vir dieselfde rede as lewer – dit bevat baie foliensuur. Ander goeie bronne van foliensuur is blaargroente, gedroogde bone, rys, aspersies en avokado.

Is jy vergeetagtig? Dis dalk menopouse se skuld

  1. Pynappels

Pynappels is ryk aan die kragtige anti-oksidant Vitamien C. Dit kan warm gloede in sommige vroue verminder. Anti-oksidante beskerm die liggaam se selle en beveg vrye radikale. Vrye radikale is organiese molekules wat verantwoordelik is vir veroudering, weefselskade en moontlik ander siektes.

Vitamien C verminder ook hormonale oksidatiewe spanning. Dit beteken dit help om menopousale warm gloede te verminder. Ander uitstekende bronne van Vitamien C is pomelo’s, lemoene, aartappels en broccoli.

  1. Okkerneute

Okkerneute is ‘n goeie bron van Omega-3 vetsure. Dit help om warm gloede te beveg deur die sellulêre funksies in die liggaam te reguleer. ‘n Algemene voedsel verbinding wat in Omega-3 vetsure voorkom kan warm gloede in menopousale vroue verlig.

Salm, garnale en tofu bevat hoë vlakke van Omega-3 vetsure.

Wil jy selfs meer hulp met Menopousale Warm Gloede hê? Laai ons Warm Gloede e-boek af.

 

Natuurlike anvulling wat help om menopousale warm gloede te verminder:

Die Manna Menopause Support is geformuleer met fito-estrogene, soja isoflavone, kalsium en vitamien D om menopousale simptome soos warm gloede te beveg.

Manna Menopause Support help om

  • Warm gloede te verlig en jou minder sweterig te laat voel
  • Gemoed skommelinge te balanseer
  • Energievlakke te verhoog en jou te help om makliker deur die dag te kom
  • Libido te verhoog
  • Vaginale droogheid om te keer
  • Dieper te slaap
  • Geheue en brein funksie te verbeter
  • Stres te beheer
  • Stamina te verhoog
  • Osteoporose te verminder

 

Kyk wat sê ons kliënte…

“Uitstekende produk. Slaap heerlik en warm gloede minimaal. Gemoed skommeling ook iets van die verlede. Het gewoonlik baie angstig en gespanne wakker geword. Ek gebruik u produk nou 2 weke. Het aan die begin 2 in die oggend en 2 in die aand gedrink. Ek drink nou net 2 in die aand. Beveel dit ten sterkste aan.” – Marie

“Ek het in die nag vir uure wakker gelé . Nou slaap ek reg deur. WONDERLIK!!! Vat 2 voor ek gaan slaap. Kan dit verseker aanbeveel.” – Monika

 

“Ek gebruik die produk nou seker die afgelope 3 maande, dalk meer, en moet se die hot flashes is baie beter en ek slaap ook baie beter. Ek drink 2 pilletjies per maaltyd saam met die blood sugar support en moet se dit hou my gewig onder beheer. Baie dankie Manna! Ek het dit ook aanbeveel vir vriende.” – Gertrude Theron

More articles

Leave a Reply