Goeie bloedsirkulasie is belangrik vir meeste liggaamsfunksies.
Maar presies waarom is dit so belangrik?
Sonder goeie bloedsirkulasie word geen suurstof vervoer nie. Geen bloed bereik ons spiere nie. Ons vel het nie kleur nie. Ons het geen energie nie.
Met ons moderne leefstyl kan bloedsirkulasie maklik minder effektief word as gevolg van sekere kosse wat ons are verstop. Dit is hoofsaaklik weens die feit dat ons nie baie aktief is nie, want ons dit elke dag agter ‘n lessenaar en saans gaan sit ons voor die TV.
Dis glad nie so moeilik nie!
Gelukkig is daar maklike maniere om jou ‘n goeie bloedsirkulasie te help kry:
BEWEEG BAIE
Enige fisiese aktiwiteit kan bloedsirkulasie bevorder. Jy hoef nie 3 ure in die gimnasium te spandeer nie. Gaan stap net ‘n lekker ent langs die see of in ‘n park. Neem die gesin saam vir ‘n staptog oor ‘n naweek. Neem jou maat uit vir dans. Jy kan selfs begin touspring soos toe jy nog ‘n kind was. Begin net beweeg.
VRYF DIT IN
Ek praat van ‘n heerlike diep massering vir die hele lyf. Die vryf en trek en wat nog alles aan die vel wat mens kry van ‘n behoorlike massering is ‘n wonderlike manier om die bloed deur die liggaam te laat vloei. En dis ‘n lekker verskoning om jouself te bederf.
ASEM IN, ASEM UIT
Diep asemhaling is ongelooflik belangrik. Dit veroorsaak dat meer suurstof deur jou liggaam beweeg. Doen diep asemhalingsoefeninge om normale asemhaling te help verhoog. Meeste van ons is daaraan gewoond om vlak asem te haal, terwyl ons eintlik moet asemhaal asof ons pas 5km ver gedraf het.
EET VIR RESULTATE
Ek probeer nie sê jy moet eet totdat jy ‘n kosbaba sien nie – nee, nie daardie tipe resultate nie. Eet die regte kos om bloedsirkulasie te help, want dit kan baie handig wees. Eet dinge soos vrugte met baie vitamien C, bone, lensies, rooivleis en groen groente.
GEE SMAAK DAARAAN
Deur speserye soos brandrissies, borrie, cayenne en gemmer by jou kos te gooi kan help om die bloed te begin pomp. Dit is ‘n wonderlike manier om rond te sit en te begin sweet!
Hier is ‘n geurige resep om te probeer…
DRAAI DIE STORT SE KRANE OOP
Vir die beste resultate kan jy begin deur ‘n warm stort te vat sodat die bloed na jou vel kan beweeg. Draai dan die warm kraan toe en staan onder die koue water sodat die bloed na die organe sal beweeg om hulle warm te hou. Draai dan weer die warm kraan oop sodat die bloed weer na jou vel kan haas.
NATUURLIKE AANVULLINGS
Die Manna Blood Circulation Support produk is spesiaal geformuleer om te help met die verbetering van bloedvloei op die mees natuurlike manier sonder enige newe-effekte.
Manna Blood Circulation Support bevat:
Ginkgo Biloba Ekstrak
Wat help om bloedsirkulasie te verbeter en help dat jou brein, oë en bene beter funksioneer.
L-Arginine
Wat help om jou bloeddruk te verlaag deur jou are te laat ontspan en oop te maak.
L-Citrulline
Verhoog stikstofoksied produksie in die liggaam. Stikstofoksied help dat jou are ontspan en beter werk, en dit verbeter bloedvloei regdeur die liggaam.
Guarana
‘n Bestanddeel wat kafeïene bevat sodat bloedsirkulasie gestimuleer word.