Beheer Die Soet Tand en Verloor Gewig

Beheer Die Soet Tand en Verloor Gewig

Dit gebeur gereeld dat ons dieet mooi loop en ons goed gewig verloor… tot ons ‘n “craving” kry vir so ietsie soets!

 

En stop dit dan by een blokkie sjokolade? Nee, gewoonlik nie. 

As ons weer sien het ons ‘n hele “slab” verorber! Maar wat kan ons maak oor die soet tand?

 

Hier is so paar wenke om jou soet tand se baas te word en die kilos weer te laat afsmelt…

1. Moenie soo hard wees op jouself nie!

Dit beteken nie ek kan eet wat ek wil nie, wanneer ek wil nie. Dit beteken dat ek myself elke nou en dan kan bederf met ‘n koekie of blokkie sjokolade. Op die einde van die dag is dit jou beloning vir daardie belustigheid en help dit om te sorg dat hulle nie gedurig gebeur nie.

2. Kreatiewe gesonde soetigheid?

Daar is heelwat verskillende soetighede wat heeltemal gesond is. ‘n Piesang, neute gedoop in donker lae-suiker sjokolade is ‘n gesonde en kreatiewe soetigheid bederf vir daardie soet tand.

3. Moenie jaag nie, maar moet ook nie te stadig doen nie!

Dit is vir baie mense moeilik om suiker alles op een slag uit te sny. Probeer jouself stadig maar seker jouself speen van suiker, maar moenie te lank vat nie. Onthou jy is nog steeds besig om radikale veranderings in jou eetplan en eetstyl te maak en hierdie is ‘n belangrike een. Gee jouself ‘n week en eet elke dag minder en minder suiker.

4. Kougom?

Regtig ? Ja, dit is ‘n wonderlike manier om daardie soet tand te stop, die kouaksie saam met die soet smaak is dalk net wat jy nodig het om die kou van die verbode te bekamp.  En daar is heelwat suikervrye kougom opsies op die rakke.

5. Oefening

Staan op, begin beweeg! Loop weg van jou lustigheid! En doen dit sommer letterlik, staan op en hou aan met loop. ‘n Stappie om die blok en die gymnasium is ‘n goeie manier om die lus te beveg.  Maar indien dit jou nou erg by die werk vang, gaan klim trappe in plaas van ry in die hyser? En die groot pluspunt is jy gaan kaloriee verbrand in plaas van om hulle in jou kies te sit?

6. Kwaliteit bo kwantiteit

Wanneer jy besluit om ‘n bederfie te geniet, eet liewer iets klein maar iets baie lekker en van goeie kwaliteit. ‘n Stukkie donker sjokolade is darem net te lekker om in jou mond aan te suig,  en die oomblik van die smaak te geniet, as om ‘n hele plak sjokolade te verorber? ‘n Klein bederf, ‘n kwaliteit bederf is ‘n goeie motiveerder vir aanhou tot die volgende keer. 

7. Eet gereeld

Jy mag dalk dink dat om ‘n ete oor te slaan jou gaan help met hoeveel kaloriee jy inneem? Om dit te doen kan meer kwaad as goed doen.

Wanneer jy ‘n maaltyd oorslaan is die kanse goed dat jy by die volgende ete jou gaan ooreet of ingee vir ‘n soetigheid. 

Om by ‘n gesonde eetplan te hou is ‘n goeie manier om te verseker dat jy hou by jou kalorie inname, dit sal ook van hulp wees met die lus na die verkeerde kos.

Dis nie maklik om lus te beheer nie, maar dit is moontlik. Ek het wonderlike hulp ontdek om die smag na die verkeerde te bekamp.

8. Manna Blood Sugar Support

Dit is seker die heel maklikste lewenstyl verandering om toe te pas. En dit werk soos ‘n bom!

Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou. En dan natuurlik, as jy iets soets eet – neem dan sommer ‘n ekstra Manna Blood Sugar Support  tablet om jou bloedsuiker onder beheer te hou ten spyte van jou oortreding!  

 

Hoekom moet ek my bloedsuiker vlakke stabiel hou om gewig te verloor?

Wanneer jou bloedsuiker vlakke stabiel bly na ‘n ete dan voel jy vir langer versadig. Dit help ook dat jou bloedsuiker nie op en af gaan soos ‘n wipplank nie.

Dit beteken dat jou liggaam jou nie nounou gaan vra vir ietsie om te eet om jou energie vlakke ‘n hupstoot te gee nie – want dit maak dat jy eet al is jy nie honger nie. En dit is onnodige kalorieë!

Dit is noodsaaklik om jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou as jy wil teen ‘n gesonde en veilige pas gewig verloor.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.

 

Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?

GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.

Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.

 

Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support

Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:

  • Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
  • Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
  • Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
  • Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.

 

Kry die Manna Blood Sugar Support NOU by enige van hierdie winkels:

More articles

Leave a Reply