Die Rol Van Dermbakterieë In Liggaamsgewig

Die Rol Van Dermbakterieë In Liggaamsgewig

This article is also available in English

Daar is meer as 1 000 spesies bakterieë in jou derms

Wetenskaplikes is gefassineerd deur hoe hierdie mikrobes die menslike liggaam beïnvloed – die impak van hierdie klein organismes is verreikend.

Wetenskaplikes is gefassineerd deur hoe hierdie klein organismes jou gesondheid beïnvloed. Hulle dink dat die bakterieë in jou derms ‘n rol speel in die ontwikkeling van Prikkelbare Dermsindroom en Inflammatoriese Dermsiekte. Hulle kan ook jou lewer beïnvloed en inflammasie help teweegbring. Wat meer fassinerend is, is dat hulle jou angstig of depressief kan laat voel. Die klein derm-inwoners kan ook bydra tot groot gesondheidsprobleme soos die ontwikkeling van vetsug, tipe-2diabetes en metaboliese sindroom.

Die rol wat dermbakterieë in gewigstoename speel, is kompleks. Hulle beïnvloed hoe sekere kosse verteer word en stel chemikalieë vry wat jou help om versadig te voel. Sekere dermbakterieë kan ook ontsteking veroorsaak en op sy beurt gewigstoename.

Lees oor die dinge wat dermbakterieë beskadig…

 

Dermbakterieë en vertering

Studies dui daarop dat mense met vetsug se dermflora verskil van diegene met ‘n normale gewig. Dit kan wees omdat dermbakterieë sekere kosse help verteer.

Die bakterieë, Prevotella, help byvoorbeeld om koolhidrate en vesel af te breek. Die menslike liggaam kan nie vesel verteer nie, maar wanneer Prevotella vesel afbreek, stel dit ‘n aantal chemikalieë vry. Hierdie chemikalieë kan die groei van bakterieë aanspoor wat jou kan help om gewig te verloor.

Ander dermbakterieë verteer flavonoïede. Flavonoïede is antioksidante wat kan help om liggaamsgewig te reguleer.

 

Dermbakterieë en inflammasie

Sommige spesies bakterieë veroorsaak inflammasie. Hierdie bakterieë produseer ‘n chemikalie genaamd lipopolisakkaried (LPS). Hierdie chemikalie veroorsaak inflammasie wanneer dit in die bloed opgeneem word. Die ontsteking kan chronies word en lei tot vetsug en tipe 2-diabetes.

Navorsers is eens dat die verfynde koolhidrate in die moderne dieet die groei van inflammatoriese bakterieë kan aanmoedig wat jou risiko van vetsug en inflammatoriese dermsiekte kan verhoog.

Daar is ook bakterieë wat help om inflammasie te verminder en gewigstoename te voorkom.

Studies het bevind dat die bakterieë, Akkermansia, help om inflammasie en gewigstoename te verminder. Akkermansia help om die dermversperring te verdik. Jou ingewande is waar miljoene mikrobes en omgewingsantigene met jou immuunstelsel in aanraking kom en ‘n sterk dermversperring kan jou teen inflammasie beskerm.

Sommige studies het getoon dat swakker dermversperrings nie net ‘n risikofaktor vir inflammasie is nie, maar ook ‘n risikofaktor vir vetsug. Die navorsing toon dat mense met vetsug swakker dermversperrings het.

Lees meer oor hoe om inflammasie te beveg hier…

 

Dermbakterieë en ‘n versadigde gevoel

Hormone beheer jou eetlus, maar dit blyk dat bakterieë ‘n rol speel in hoeveel van hierdie hormone geproduseer word. Dermbakterieë beïnvloed dus hoe vinnig jy versadig voel.

Die bakterieë wat vesel verteer, stel kortkettingvetsure vry. Kortkettingvetsure is chemikalieë en een van hierdie chemikalieë, genaamd propionaat, is goed vir gewigsverlies.

Propionaat beïnvloed die hormone wat jou eetlus beheer en een studie het bevind dat deelnemers wat propionaat vir 24 weke geneem het, minder geëet het en gewig verloor het.

 

Dermbakterieë en oefening

Of jy nou hardloop, tuinmaak of tafeltennis speel, fisiese aktiwiteite hou talle gesondheidsvoordele in. Navorsing toon dat aktiewe mense meer nuttige bakterieë in hul ingewande het. Een studie het bevind dat aktiewe mense meer butyraat het, ‘n kortkettingvetsuur wat vetsug en verwante siektes kan help beveg. ‘n Laer hoeveelheid van butiraat-produserende mikrobes word geassosieer met ‘n verhoogde risiko van metaboliese siekte.

Om gewigsverlies aan te moedig, kan jy die groei van nuttige bakterieë aanspoor. Jy kan dit doen deur die regte kos te eet en te oefen.

 

Hoe om jou dermgesondheid te verbeter sodat jy gewig kan verloor

Die manier waarop bakterieë versadiging, ontsteking en vertering beïnvloed, is kompleks. Daar is geen veilige manier om vinnig gewig te verloor nie. Algehele dermgesondheid sal gewigsverlies beïnvloed. Jy kan kos eet wat goeie bakterieë voed en wegbly van kos wat die groei van skadelike bakterieë bevorder. Oefening bevorder ook die groei van gesonde bakterieë.

  • Verander jou dieet

‘n Dieet met kosse hoog in vesel sal die groei van voordelige bakterieë aanspoor. Eet heel kosse soos vrugte, groente en volgraan sowel as neute. Jy kan jou dermfloraprofiel binne ‘n paar dae verander net deur baie vesel te eet.

Jy benodig ‘n verskeidenheid bakterieë in jou ingewande. Vandag se Westerse dieet het ‘n beperkte verskeidenheid kosse om van te kies. Slegs 12 plante en vyf dierspesies word vir 75% van die wêreld se voedselvoorraad gebruik. Eet ‘n verskeidenheid veselryke kosse.

Eet elke dag 30g platvesel en probeer verskillende kleure plante eet. Jy kan byvoorbeeld rooi soetrissies, oranje pampoen en pers wortels eet en so ‘n verskeidenheid bakterieë laat groei.

Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha, kefir en suurkool bevat reeds nuttige bakterieë wat die groei van skadelike bakterieë kan inhibeer.

Eet kos wat polifenol bevat. Polifenol kan nie deur die menslike liggaam verteer word nie, maar wanneer dit deur voordelige bakterieë afgebreek word, bevorder dit die groei van nuttige bakterieë. Voedsel wat polifenol bevat, sluit donkersjokolade, groen tee en rooiwyn in.

Om ‘n probiotiese aanvulling vir ‘n rukkie te neem, kan help om gesonde bakterieë te vermeerder.

As jy baie verfynde koolhidrate, suiker en versadigde vette eet, sal jy gewig optel. Hierdie kosse bevorder ook die groei van skadelike bakterieë. Om gewig te verloor en jou ingewande gesond te hou, sny geprosesseerde kosse uit jou dieet uit.

Wees op die uitkyk vir die effekvan antibiotika. Antibiotika, die bakteriedoder, vernietig nie net skadelike bakterieë nie, maar maak ook goeie bakterieë dood.

Gewoonlik veroorsaak antibiotika ‘n korttermyn-afname in voordelige dermbakterieë, maar dit kan ook langtermyn-effekte hê aangesien bakterieë nie altyd na dieselfde hoeveelhede teruggroei na antibiotikabehandeling nie. Een studie het bevind dat ‘n enkele dosis antibiotika die diversiteit van Bacteroides, een van die mees dominante bakteriese groepe, verminder. Hierdie effekte was merkbaar tot twee jaar na die gebruik van antibiotika.

Die neem van antibiotika kan lei tot gewigstoename aangesien hierdie medikasie die groei van dermbakterieë inhibeer en ontwrig. En dit is geen geheim nie. Industriële landbou gebruik lae dosisse antibiotika om gewigstoename by vee aan te spoor. Wanneer jy vleis eet, kan jy ook antibiotika inneem. As jy minder vleis eet, en eerder jou proteïne van plante kry, kan jy jou inname van antibiotika beperk.

  • Doen aërobiese oefeninge

Oefening kan die hoeveelheid butyraat in jou ingewande verhoog en jou dus help om gewig te verloor. Aërobiese oefeninge, soos fietsry, swem, draf en dans is veral goed vir jou ingewande.

 

Samevatting

Dermbakterieë het groot effekte op jou liggaam en beïnvloed ook liggaamsgewig. Hoe jou kos verteer word, hoe vinnig jy versadig voel en hoeveel inflammasie jy het, word deur hierdie klein organismes beïnvloed. Dit lyk asof oefening ook jou mikrobioom beïnvloed. Veselryke kosse sowel as gefermenteerde kosse sal help om die bakterie wat ‘n goeie uitwerking op jou gewig het, te laat groei. Aërobiese oefening beïnvloed ook jou dermgesondheid op ‘n positiewe manier. Daar is geen gesonde manier om vinnig gewig te verloor nie, maar deur jou ingewande gesond te hou kan jy jou liggaam help om daardie ekstra kilogramme af te skud.

 

Kry natuurlike verligting van derm- en spysverteringsprobleme

Manna Gut Support help om bakterie (goeie flora) in jou spysverteringstelsel en om noodsaaklike verteringsensieme te herstel wat help om jou spysverteringskanaal gesond te hou en jou immuunstelsel te versterk.

 

Wat is Manna GUT Support?

Manna GUT Support is ‘n natuurlike aanvulling wat help om die spysverteringsbakterieë (goeie flora) en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal te herstel. Dit help om die gesondheid van die mdermkanaal te verbeter en die immuunstelsel te versterk.

 

Hoe werk dit spysverterings probleme?

Manna GUT Support herstel die goeie bakterieë en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal, help met die verligting van spysverteringskanaal-verwante gesondheidsprobleme, en verhoog die immuunfunksie van die liggaam.

The Manna GUT Support bevat GEEN van die hoof potensiële allergene en bevat ook GEEN bymiddels

 

Wat is die voordele van Manna GUT Support?

  • Help om die natuurlike balans in die spysverteringskanaal te herstel
  • Help om verteringsgesondheid en die funksie van die immuunstelsel te verbeter
  • Geskik vir gewigsverlies, PCOS, IBS, insulien weerstandigheid, diabetes, candida, onvrugbaarheid, psoriasis, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.
  • Die verskillende bestanddele werk holisties om die mikroörganismes in die spysverteringskanaal te balanseer.
  • Spysverterings ensieme help met die afbreek van kosse
  • Probiotika verskaf die ‘vriendelike’ dermflora wat die ingewande beskerm teen skadelike bakterieë, en L-Glutamien help met die vernuwing van die binnekant van die spysverteringskanaal.

 

Vir die perfekte dag-tot-dag hupstoot in jou spysverterings gesondheid, kry die Manna GUT Support NOU vanaf hierdie winkels of aanlyn-winkels:

More articles

Leave a Reply