Die Simptome van ADHD

Die Simptome van ADHD

This article is also available in English

Kinders en tieners met aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring (AGHS/ADHD) is dikwels rusteloos, sukkel met konsentrasie en kan baie impulsief optree.

Die aantal kinders wat met ADHD gediagnoseer word, groei by die dag, en dit kan ouers en onderwysers moeg en moedeloos maak. Die simptome van ADHD kan minder prominent onder ouer kinders wees, aangesien hulle leer om die simptome beter te hanteer. Tog sukkel volwassenes steeds met simptome van ADHD.

 

Wat is die simptome van aandaggebrek-hiperaktiwiteitsversteuring?

Mense met ADHD sukkel gewoonlik met twee tipes gedragsprobleme, naamlik: onoplettendheid en hiperaktiwiteit & impulsiwiteit.

In die meeste gevalle sal ‘n kind of tiener wat aan ADHD ly, simptome van albei tipes gedragsproblme toon. Die simptome van ADHD by kinders en tieners is normaalweg baie opvallend. In die meeste gevalle kan simptome al raakgesien word in kinders so jonk as vier jaar oud. Tog word kinders, in baie gevalle, eers gediagonoseer nadat hullle begin skoolgaan om rede daar heelwat afleidings by die skool is en onderwysers kan maklik opmerk dat ‘n kind sukkel om die nodige aandag aan ‘n taak te skenk.

 

Meer oor die twee tipes gedragsprobleme waarmee mense met ADHD sukkel:

1. Onoplettendheid

Onoplettendheid kan opgemerk word wanneer ‘n kind:

      • ‘n Kort aandagspan het en aandagafleibaar is
      • Onverskillige foute in skoolwerk of huiswerk maak
      • Vergeetagtig is of dikwels dinge verloor/verplaas
      • Nie vervelige of tydrowende take voltooi nie
      • Lyk asof hy/sy nie luister nie en nie instruksies kan uitvoer nie
      • Voortdurend van een aktiwiteit of taak na ‘n ander te verander
      • Dit moeilik vind om take te organiseer

2. Hiperaktiwiteit en impulsiwiteit

Die algemene tekens van hiperaktiwiteit en impulsiwiteit onder kinders en tieners sluit in:

      • Sukkel om stil te sit – veral in ‘n stil omgewing
      • Vroetel voortdurend
      • Toon swak konsentrasie
      • Toon oormatige fisiese beweging en die behoefte om voortdurend aktief te wees
      • Praat oormatig
      • Kan nie hul beurt afwag nie
      • Tree op sonder om te dink
      • Onderbreek gesprekke
      • Toon min of geen gevoel vir gevaar nie

Hierdie simptome kan hoogs problematies wees vir kinders en tieners. Hierdie kinders kan sukkel om hul potensiaal uit te leef, hulle kan dit ook moeilik vind om verhoudings toe bou met ander kinders en volwassenes. Verder sukkel hulle ook met dissipline. 

 

Ander toestande wat kan voortspruit uit ADHD by kinders en tieners

Alhoewel dit nie altyd die geval is nie, kan sommige kinders ook ander probleme of toestande saam met ADHD ontwikkel, soos:

  • Angsversteuring –

Kinders met angs is baie van die tyd bekommerd en senuweeagtig. Angsversteuring kan ook fisiese simptome insluit, soos ‘n vinnige hartklop, sweet en duiseligheid.

  • Teenkantingsversteuring (ODD) –

Dit kan geïdentifiseer word deur negatiewe en ontwrigtende gedrag, veral teenoor gesagsfigure, soos ouers en onderwysers.

  • Gedragsversteuring –

Neiging tot hoogs antisosiale gedrag, soos steel, baklei, vandalisme en skade aan mense of diere.

  • Depressie –

Die meeste mense besef nie dat ADHD by kinders en tieners tot depressie kan lei nie.

  • Slaapprobleme –

Kinders kan dit moeilik vind om snags aan die slaap te raak, wat lei tot onreëlmatige slaappatrone.

  • Outistiese Spektrum Versteuring (ASD) –

Dit beïnvloed sosiale interaksie, kommunikasie, belangstellings en gedrag.

  • Epilepsie –

’n Toestand wat die brein aantas en gereelde en herhaalde aanvalle veroorsaak.

  • Tourette-sindroom –

Hierdie toestand raak die senuweestelsel, gekenmerk deur ‘n kombinasie van onwillekeurige geluide en bewegings waarna verwys word as “TICs”.

  • Leerprobleme –

Soos disleksie, of sukkel om op studies te fokus.

 

Wat veroorsaak ADHD?

ADHD kan deur verskillende faktore veroorsaak word. Faktore soos genetika, breinfunksie en -struktuur, en leefstylfaktore speel ‘n rol en sal hieronder in meer besonderhede bespreek word.

  • Genetika –

ADHD kan oorerflik wees, dus kan dit van een generasie na die volgende oorgedra word.

  • Breinfunksie en -struktuur –

Studies dui daarop dat die struktuur van jou brein kan bydra tot die ontwikkeling van ADHD. Geen definitiewe gevolgtrekkings kan egter al gemaak word nie, daar moet meer navorsing gedoen word.

Studies het beinskanderings van mense met ADHD en mense sonder ADHD vergelyk. Alhoewel die data hieroor nog nie 100% duidelik is nie, wys breinskanderings dat sekere areas van die brein kleiner kan wees onder mense met ADHD, terwyl ander areas groter kan wees.

Verder blyk dit dat neuro-oordragstowwe anders funksioneer onder mense met ADHD. Die hoeveelheid neuro-oordragstowwe kan ook wissel onder mense met ADHD en hulle kan selfs ‘n wanbalans toon in die vlakke van neuro-oordragstowwe.

  • Leefstylfaktore –

Leefstylfaktore is die grootste oorsaak van ADHD by kinders en tieners. Gelukkig kan lewenswyses verander.
Daar is verskillende leefstylfaktore wat almal ‘n groot rol kan speel in die ontwikkeling van ADHD by kinders. Die belangrikste leefstylfaktore wat die grootste effek het, is ‘n ongebalanseerde dieet, en ‘n gebrek aan oefening.

  • Ongebalanseerde dieet –

Deesdae is daar soveel verfynde suiker en koolhidrate in die kos wat ons eet dat dit amper onmoontlik is om dit te vermy. Baie van hierdie suikers is ook versteek in hoogs verwerkte kos onder spoggerige name wat moeilik is om uit te spreek.

Geprosesseerde kosse veroorsaak dat die bloedsuikervlakke voortdurend op en af ​​beweeg. Daars ‘n direkte verband tussen wisselende bloedsuikervlakke en ADHD. Alhoewel wisselende bloedsuikervlakke dalk nie die hoofoorsaak van die probleem is nie, is dit heel waarskynlik die rede waarom simptome vererger.

Hier is slegs ‘n paar hoogs geprosesserde voedsel en bestanddele wat problematies is:
      • Kunsmatige voedselkleursel
      • Aartappelskyfies
      • Sjokoladestafies (Maar 80% kakao sonder bygevoegde suiker kan geëet word en kan selfs goed wees as gevolg van antioksidante)
      • Kitskos (McDonald’s, KFC, ens.)
      • Pasteie
      • Energiedrankies
      • Gaskoeldrank
  • Gebrek aan oefening –

Kinders en tieners is minder aktief as in die verlede. Die probleem word vererger wanneer kinders kos met hoë- kalorieë eet. Hierdie kosse bevat baie energie en dis moeilik om al die kalorieë wat hulle inneem te verbrand.

Behalwe dat dit ‘n massiewe oplewing in kindervetsug veroorsaak, verhoog dit ook die erns en die voorkoms van ADHD-simptome by kinders en tieners.

 

Hoe word ADHD by kinders en tieners gediagnoseer?

‘n Streng kriteria word gebruik vir die diagnose van ADHD by kinders. Om met ADHD gediagnoseer te word, moet jou kind ses of meer simptome van onoplettendheid of ses of meer simptome van hiperaktiwiteit en impulsiwiteit hê.

Om met ADHD gediagnoseer te word, moet jou kind ook:

  • Vir ten minste ses maande voortdurend simptome toon.
  • Simptome begin toon voor die ouderdom van 12.
  • Simptome by ten minste twee verskillende instellings toon – byvoorbeeld by die huis en by die skool. So word die moontlikheid, dat die gedrag net ‘n reaksie op sekere onderwysers of op ouerbeheer is, uitgeskakel.

 

Hoe kan ADHD behandel en beheer word?

Aangesien genetika en breinfunksie en -struktuur nie verander kan word nie, is leefstylveranderinge die beste manier om ADHD te behandel en te beheer.

1. Dieet

Soos genoem, is verfynde suiker en koolhidrate die grootste sondaars. Wanneer hierdie kosse bloedsuikervlakke beinvloed, vererger die simptome van ADHD aansienlik. Daarom is dit belangrik om verfynde suiker en koolhidrate tot die minimum te beperk en weg te bly van hoogs geprosesseerde voedsel.

Kies vir vars volvoedsel, en maak seker dat koolhidrate van goeie, ware lae GI-bronne kom en dat dit saam met genoeg vesel geneem word om te verseker dat die liggaam dit absorbeer met die kleinste bloedsuikerverandering moontlik.

Manna Low GI Shake is ‘n uitstekende opsie as ‘n maaltydvervanger aangesien dit baie vesel bevat, al die nodige voedingstowwe, en dit stabiliseer die bloedsuikervlakke deur middel van ‘n superkos genaamd Muskiet.

2. Aanvullings

Die gebruik van die regte, natuurlike aanvullings beteken dat jy ADHD sonder enige newe-effekte kan beheer en behandel – anders as die chemiese medikasie wat ernstige newe-effekte het.

Dit word aanbeveel dat jy jou kind of tiener die volgende aanvullings gee om te help om hul ADHD op die optimale vlak te bestuur:

      • Visolie (Omega-3-vetsure) –

Help om breinkrag ‘n hupstoot te gee, asook om serotonien en dopamien te verhoog en stres te verminder.

      • Sink –

Help om die immuunstelsel te verbeter, en help die liggaam om proteïene te produseer wat groei by selmembrane ondersteun.

      • Magnesium –

Magnesiumtekort is algemeen onder kinders met ADHD en moet dus aangevul word.

      • Probiotika –

Om seker te maak dat dermgesondheid op standaard is, is van kardinale belang, daarom moet jy altyd verseker dat jou kinders goeie probiotika neem en na hul dermgesondheid omsien. Kyk na die Manna Digestive Health Protocol vir die beste manier om jou ingewande gesondheid te herstel en maak seker dit is op standaard.

      • Manna Bloedsuiker Ondersteuning –

Soos genoem, is onstabiele bloedsuikervlakke een van die hoofoorsake van onbeheerbare ADHD simptome. Hoe bloedsuikervlakke laat kinders rusteloos en hulle sukkel met konsentrasie. Lae bloedsuikervlakke laat kinders uitgeput – hulle het nie die energie om voldoende aandag aan take te gee nie. Manna Blood Sugar Support kan help om jou kind se bloedsuikervlakke te beheer, en so die simptome van ADHD te bestuur.

 

Hoe werk Manna Blood Sugar Support?

Manna Blood Sugar Support help om bloedsuikervlakke te stabiliseer deur glukose stadig in die bloedstroom vry te stel. So word erge dalings en stygings in bloedsuikervlakke voorkom. Wanneer die bloedsuikervlakke stabiel is, sal dit vir jou kind baie makliker wees om te fokus, op te let en in beheer van hul ADHD-simptome te bly. So kan kinders met ADHD hul potensiaal ontgin en uitleef.

 

Manna Blood Sugar Support is beskikbaar by:

More articles

Leave a Reply