Gewigsverlies is moeilik, maar dis byna onmoontlik wanneer bloedsuiker vlakke onstabiel is.
Om effektief gewig te verloor moet ons eers ‘n soliede basis vestig.
Onstabiele bloedsuiker vlakke maak enige poging om gewig af te skud soveel moeiliker as wat dit moet wees! Maar deur bloedsuiker vlakke onder beheer te kry kan gewigsverlies-pogings baie makliker en meer effektief gemaak word.
Maar wat het bloedsuiker vlakke met gewig te doen?
Wanneer ons eet, verander ons liggame verteerbare koolhidrate na bloedsuiker (glukose), dit is ons hoofbron van energie. ‘n Mens se bloedsuiker vlak bepaal hoe honger mens is en hoe energiek mens voel.
Albei is belangrike faktore wanneer ons kyk na wat ons eet en hoe ons oefen.
Dit bepaal ook of ons vet verbrand of stoor. Ons pankreas vervaardig ‘n hormoon met die naam insulien. Hierdie hormoon vervoer bloed suiker na die liggaam se selle waar dit gebruik word vir energie. Wanneer ons verfynde graan eet, waarvan die meeste vesel weggeneem is, suiker of ander koolhidraat-ryke kos wat vinnig omgeskakel word tot bloed suiker, gaan die pankreas hard aan die werk om die nodige insulien te vervaardig wat nodig is om al die bloed suiker om te skakel en as energie te gebruik. Hierdie insulien inspuiting vertel ons liggame dat daar genoegsame energie beskikbaar is en dat dit moet ophou om vet te verbrand en dit liewer stoor.
‘n Rede tot kommer is dat die insulien inspuiting te veel suiker uit ons bloed neem en die resultate is dat ons bloed suiker en insulien vlakke laer as normaal daal. Dit los ons moeg, honger en met die begeerte om nog en nog en nog te eet!
Nog ‘n nare gevolg is dat dit ons daarna dryf om kos met ‘n hoë suiker- of koolhidraat-inhoud te eet. Die bose kringloop begin dan net weer van voor af!
Laai die gratis Manna Dieet e-Boek af vir al die inligting, spyskaarte, en resepte om jou te help om jou bloedsuiker vlakke onder beheer te kry.
Hoe maak ek dan om dit te verhoed en gewig te verloor?
Hier is 7 goeie wenke om jou te help.
Pasop vir eenvoudige koolhidrate.
As gevolg van hul klein molekulêre grootte, kan dit makliker in die metabolisme opgeneem word en om die rede is dit heel waarskynlik dat dit ‘n insulien inspuiting kan veroorsaak. Eenvoudige koolhidrate sluit in verskeie vorms van suiker soos sukrose (tafel suiker), fruktose (vrugte suiker), laktose (suiwel suiker) en glukose (bloedsuiker.) Wees bedag op alles wat met ‘n “ose” eindig!
Wees op die uitkyk vir versteekte suikers.
Daar is heelwat van hierdie suikers in kosse soos brood, tamatie sous, slaai sous, geblikte vrugte, appel sous, grondboontjiebotter en kits soppe. Waar kruip suiker weg? Vind hier uit…
Onthou: daar is suiker in drinkgoed ook.
Hoeveel suiker gooi jy in jou koffie? Hoeveel suiker dink jy is daar in vrugtesappe en koeldrank? Dit kan so vinnig teveel word en die meeste drankies is nie vullend nie. Lees ook op die etiket WAT jy drink!
Wat van vet vrye kos?
Suiker word baie keer gebruik om die lekker proe terug te sit wanneer vet verwyder word en jy dan vetvrye kos kry. En asof dit nie erg genoeg is; sonder enige vet om die suiker te absorbeer word suiker dan vinniger in jou bloed vrygestel.
En minder-suiker kosse?
Alhoewel sekere ontbytpap minder suiker bevat is die kalorie, die koolhidrate, vet en vesel en ander voedingstowwe amper gelyk aan ontbytpap wat wel suiker bevat. Die vervaardigers het eenvoudig suiker vervang met ander verfynde en eenvoudige koolhidrate!
En wat dan van suiker-vrye kos?
Dit beteken nie dat die produk/kos nie natuurlik ‘n hele klomp suiker bevat nie! 100% Vrugte produkte/kos bevat gewoonlik vrugte sap konsentraat, nog ‘n vorm van fruktose of anders gestel, suiker. Tafel suiker (sukrose) bevat leë kalorie, juis omdat dit geen voedingswaarde het behalwe petrol vir energie nie. Heuning en ander natuurlike suikers word as gesond bestempel want daar is spoor vitamiene en minerale in wat noodsaaklik is vir die liggaam. Maar wanneer jy gewig wil verloor kan AL hierdie soetigheid nog steeds as suiker gesien word.
Gebruik Manna Blood Sugar Support
Manna Blood Sugar Support is ʼn natuurlike aanvulling wat bloedsuiker stabiliseer.
Dit kan help om bloedsuikervlakke onder beheer te hou wanneer iets geëet word wat nie goed is vir bloedsuiker nie, of wanneer ‘n oefensessie misgeloop word. Of selfs net om te voorkom dat vet gestoor word deur seker te maak dat die bloedsuikervlakke na elke maaltyd gebalanseer bly, selfs al is dit ‘n gesonde ete! Wanneer dit saam met ‘n maaltyd geneem word, meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat geëet word om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel.
Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygestel word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
Ontspoor kosdrange en aanhoudende honger jou gewigsverlies doelwitte?
Dit is tyd vir ‘n verandering. Ons stel Manna Blood Sugar Support bekend—die geheim om kosdrange te stop, honger te onderdruk en langer versadig te bly, sonder enige newe-effekte!
Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike produk wat wetenskaplik bewys is om jou te help met gesonde gewigsverlies, deur jou bloedsuikervlakke te balanseer, kosdrange te voorkom en jou vir langer versadig te laat voel.
Anders as ander produkte, is Manna Blood Sugar Support veilig en natuurlik, met geen skadelike newe-effekte nie. Dit is tyd om totsiens te sê vir onvolhoubare kits-dieëte, en eerder natuurlike gewigsverlies te verkry met Manna aan jou sy!
Neem ons gerieflike kapsules net voor etes, en ervaar die ongelooflike transformasie. Manna Blood Sugar Support help jou om beheer terug te neem, sodat jy ‘n gesonder en meer energieke lewe kan geniet.
Sluit aan by duisende tevrede kliënte wat hul gewigsverlies potensiaal ontsluit het met Manna Blood Sugar Support.
Manna Blood Sugar Support
Die natuurlike oplossing vir kosdrange, eetlus, en konstante honger.
Manna Blood Sugar Support
Die natuurlike oplossing vir kosdrange, eetlus, en konstante honger.
Meer as 1.5 million eenhede verkoop!
Manna Blood Sugar Support vir Konstante Honger
Wanneer bloedsuiker vlakke in balans is, dan voel mens vir ‘n langer tyd versadig na ‘n maaltyd.
Manna Blood Sugar Support vir Kosdrange
As bloedsuiker vlakke skielik daal na ‘n maaltyd, veroorsaak dit kosdrange. Manna Blood Sugar Support voorkom die skielike daal, en ook die kosdrange.
Manna Blood Sugar Support vir Eetlus
Onbeheerde bloedsuiker vlakke bepaal dikwels ongewone eetlus. Manna Blood Sugar Support kan help om eetlus te reguleer, en te voorkom dat mens oor-eet.
Jy kan NOU die Manna Blood Sugar Support koop by enige van hierdie winkels of aanlyn winkels
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Wanneer dit saam met kos geneem word, bind die Blood Sugar Support aan die kos in die maag.
Dit verlaag dan die GI (glukemiese indeks) van die kos met soveel as 43%, en help dan dat die glukose in die kos stadig vrygestel word in die bloedstroom.
Op hierdie manier help dit om die bloedsuiker vlakke te balanseer, en sodoende help dit met gewigsverlies deur kosdrange uit te skakel, konstante honger te voorkom, en eetlus te demp.
Voordele van Manna Blood Sugar Support
- Help om bloedsuikervlakke stabiel te hou
- Hou jou meer versadig ná ’n maaltyd, wat beteken dieselfde maaltyd kan jou baie verder neem en veroorsaak dat jy minder eet, wat kan help met natuurlike gewigsverlies.
- Help om hoë insulienvlakke te verlaag
- Help om eetlus te beheer
- Help om energievlakke konstant te hou
- Kan help om diabetiese gesondheidskomplikasies te voorkom
- Help om hoë bloeddruk te verlaag
Blood Sugar Support Bestanddele
Die Manna Blood Sugar Support se hoofbestanddeel is ‘n unieke mengsel van meel wat van die peule van die Prosopis-boom afkomstig is. Die boom groei in die harde, dorre Noord-Kaapprovinsie. Die spesiale kombinasie van noodsaaklike suikers, dieetvesel, minerale en proteïene bring mee dat hierdie produk beter is as enige ander bloedsuikerondersteunings-produk op die mark.
Kry vandag nog jou Manna Blood Sugar Support by onafhanklike apteke, Dis-Chem, Clicks, Checkers, Spar Pharmacy, en The Local Choice Pharmacy winkels. Of besoek www.mannaplus.com of Takealot vir aanlyn bestellings.
Koop Manna Blood Sugar Support aanlyn!
Manna Blood Sugar Support 60's (Organic)
R127.00Manna Blood Sugar Support 180's (Organic)
Manna Blood Sugar Support 3 Month Special (Organic)
“I have used Manna blood support for a long time. It works so well that I usually can stop using it after a while and don’t need it for a long time afterward. I love this product.”
Sonja (Takealot Review)
“The best blood sugar support product ever, and the weight loss is a BONUS!”
Liana
“Have been using this product for the past week and it seems to be helping me. it has curbed my appetite and reduced cravings for junk food which is actually what I needed as I have a sweet tooth. My energy levels are starting to elevate, hopefully the trend continues.”
Jenette (Takealot Review)