Dit klink dalk vreemd om te sê dat insulien ‘n mens laat gewig optel, maar is dit REGTIG so vreemd?
As ons kyk hoe die liggaam vet in die selle stoor maak dit heeltemal sin dat hoë insulien vlakke veroorsaak dat ons gewig optel.
Daar is darem goeie nuus… Dit beteken dan ook natuurlik dat wanneer ons insulien vlakke onder beheer het, kan dit help met gewigsverlies.
Dit is nou al amper algemene kennis dat hoë bloedsuiker vlakke ons laat gewig optel, en dit is heeltemal waar.
So wanneer ons sê dat hoë insulien vlakke veroorsaak dat ons gewig optel, verduidelik dit eintlik net meer HOEKOM hoë bloedsuiker vlakke veroorsaak dat ons gewig optel…
Hoe werk insulien?
Om dit eenvoudig te stel:
- Wanneer ons kos met baie suiker of verfynde koolhidrate eet veroorsaak dit dat die bloedsuiker vlakke opskiet.
- Dan stel die pankreas insulien vry om die bloedsuiker vlakke onder beheer te probeer kry.
- Die insulien help om bloedsuiker vlakke stabiel te kry deur die suiker en koolhidrate wat uit die kos kom te gebruik as energie vir liggaamlike aksies en funksies, of om dit te stoor as vet om later te gebruik vir energie.
Hoekom maak insulien ons vet?
Die groot probleem sluip in wanneer suiker en koolhidrate nie dadelik gebruik word vir energie nie. Die insulien stoor dan hierdie as vet binne in die liggaam se selle. Teoreties is dit veronderstel om later gebruik te word vir energie, maar in realiteit eet ons gewoonlik weer iets met suiker of koolhidrate voordat die liggaam die vet kan gebruik, en dan word die kos eerder gebruik vir energie – en nog vet word gestoor.
Wat is die gevare van hoë insulien vlakke en vet wat gestoor word?
Die twee grootste gevare van hoë insulien vlakke is insulien weerstandigheid, en tipe 2 diabetes. Hierdie twee kom gewoonlik hand-aan-hand voor.
Sodra die pankreas genoeg insulien vrygestel het om te sorg vir onmiddellike energie sowel as energie wat gestoor is as vet, dan hou die liggaam op om te reageer op insulien.
As die aanhou, dan hou die liggaam uiteindelik op om insulien te vervaardig of die insulien is heeltemal oneffektief. Dit word dan verwys na as insulien weerstandigheid. En dit lei dan tot tipe 2 diabetes siende dat die bloedsuiker vlakke die heeltyd abnormaal hoog is.
Leer Hoe Om Insulien Weerstandigheid te Behandel…
So hoe beheer ek my insulien- en bloedsuiker vlakke?
Hier is 5 stappe om jou te help om jou insulien vlakke te beheer vir gewigsverlies…
Beheer die GI en GL van kosse
- Die GI is hoe lank dit neem vir jou bloedsuiker vlakke om op te skiet nadat jy ‘n sekere kossoort geëet het.
- Die GL is die totale koolhidrate wat die liggaam opneem uit ‘n sekere kossoort, maak nie saak hoe lank dit vat nie.
Wanneer jy een of twee Manna Blood Sugar Support tablette neem saam met ‘n maaltyd, help dit om die GI te verminder met sowat 43%. Dit beteken die suiker en koolhidrate word stadiger opgeneem in die bloedstroom, en die bloedsuiker- en insulien vlakke skiet nie die hoogte in op nie.
Maar dit beteken niks as jy net die GI en GL van kosse beheer nie…
Bly weg van hoë GI en GL kosse
Bly so ver as moontlik weg van hierdie tipe kosse af as jy probeer gewig verloor. Hulle veroorsaak dat jou bloedsuiker- en insulien vlakke skielik opskiet, en dan net so skielik duik wat dan die bekende “sugar crash” veroorsaak.
Sulke kosse sluit dinge soos koekies, koek, witbrood, aartappels, skyfies, lekkergoed, koeldranke, bier, wyn, en vrugte sappe in.
Maar dit gaan nie net oor WAT jy eet nie, maar ook oor HOE jy eet…
Eet meer gereeld, maar eet kleiner porsies
Dit is baie belangrik om in ‘n goeie roetine te kom wat jou etes aanbetref. Dit help jou om vooruit te beplan wat jy gaan eet, wat dit baie makliker maak om seker te maak dat jou volgende maaltyd ‘n gesonde een gaan wees.
Is ook beter om 5 of 6 klein maaltye ‘n dag te eet, in plaas van die tradisionele 3 groot maaltye. Dit help om jou metabolisme aan die gang te hou, en dit sorg ook dat jy nie honger word tussen etes nie.
As jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee saam met etes neem, help dit om kos drange (Cravings) te voorkom deur jou bloedsuiker vlakke stabiel te hou. Die Manna Blood Sugar Support doen dit deurdat jou liggaam nie vir jou sê dit soek nou ewe skielik suiker om dit ‘n hupstoot te gee nie, want jou bloedsuiker vlakke val nie ‘n tydjie nadat jy geëet het nie.
Maar ‘n goeie dieet is niks sonder ‘n goeie oefen roetine nie…
7 Wenke vir Suiker-Vrye Gewigsverlies…
Oefen gereeld
Oefening is noodsaaklik maak nie saak wie jy is nie. Maar dis nog meer belangrik wanneer jy probeer gewig verloor. Maak seker dat jy ten minste 3 keer ‘n week vir ‘n halfuur elke keer oefen.
Oefening kan help dat die liggaam se selle beter reageer op die insulien wat vrygestel word, en dus nie soveel insulien benodig nie. Sodoende kan dit jou help om gewig te verloor.
Maar kom ons wees eerlik… Jy soek eintlik ‘n bietjie van ‘n hupstoot om jou insulien vlakke te beheer en gewig te verloor, nê?
Manna Blood Sugar Support
Gebruik 1 of 2 Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete, en sien die resultate…
Hoe werk dit vir hoë insulien vlakke?
Wanneer jy dit saam met ‘n maaltyd neem meng die Manna Blood Sugar Support met die kos wat jy eet om die suiker daarin stadig en egalig in die bloedstroom vry te stel. Dit voorkom dat bloedsuiker vlakke opskiet, wat beteken dat baie minder insulien vrygelaat word, en die kans dat vet gestoor word, word geweldig verminder.
As jy die Manna Blood Sugar Support tablette saam met elke ete neem, sal dit help om jou bloedsuikervlakke en kosdrange te beheer, want hierdie produk verminder die GI van alles wat jy eet met tot 43%. En wanneer die bloedsuiker vlakke onder beheer is, dan help dit om gewig te verloor!
Wat is die risiko’s en newe-effekte van Manna Blood Sugar Support?
GEEN! Manna Blood Sugar Support word gemaak van die peule vanaf die Prosopis (Mesquite) boom, en bevat geen slegte bymiddels nie. Dit beteken dat dit heeltemal natuurlik is, en dat dit gemaak word van organiese bestanddele.
Daarom het dit geen negatiewe uitwerking of newe-effekte op ‘n mens nie.
Wat kry ek daaruit? – Die voordele van Manna Blood Sugar Support
Sodra Manna Blood Sugar Support jou bloedsuiker vlakke stabiliseer:
- Neem dit kos drange (Cravings) weg, omdat jou liggaam nie meer voel asof dit nog suiker benodig vir energie nie.
- Laat dit jou toe om jou gunsteling sjokolade of soetgoed te geniet elke nou en dan, solank as wat jy ‘n Manna Blood Sugar Support tablet saam met dit neem sodat dit nie jou bloedsuiker te veel verhoog nie.
- Help dit jou om daai ekstra paar kilogram af te skud wat jy nooit kon nie.
- Bied dit jou ‘n hoër gehalte leefstyl omdat Manna Blood Sugar Support jou toelaat om maaltye te geniet saam met vriende en familie wat jy nie altyd sou kon nie, omdat dit jou sou laat gewig optel.
- Dit voorkom dat jy ‘n skielike sugarcrash kry, wat daardie moeë gevoel is wat jy kry so uur nadat jy ‘n maaltyd of ‘n peusel happie met baie suiker in geëet het.
Daar is nog vele meer voordele van Manna Blood Sugar Support, maar as jy nog steeds nie dink dat jy hierdie No-Brainer aanvulling benodig om jou te help gewig verloor nie… dan moet jy die artikel weer lees!
Kyk bietjie wat sê die verbruikers…
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita