Swangerskap diabetes word al hoe meer algemeen, en selfs nog meer van ‘n probleem.
Swangerskap diabetes, is ‘n vorm van diabetes wat talle swanger vroue beïnvloed. Dit ontwikkel gewoonlik iewers tussen week 24 en week 28 van die swangerskap, wanneer die liggaam nie genoeg insulien produseer om die verhoogde suikervlakke in die liggaam (wat help om die baba te laat groei) onder beheer te hou nie.
Swangerskap diabetes is een van die mees algemene swangerskap komplikasies, wat 1 uit elke 10 swanger vroue benadeel. Die kans vir die ontwikkeling van swangerskap diabetes is baie hoër indien jy oorgewig is of ly aan vetsug. As swangerskap diabetes nie behandel word nie, kan dit lei tot ernstige gesondheidskwessies vir beide die moeder en die baba. Gelukkig is daar goeie nuus… Indien die toestand vroeg opgespoor word, kan dit relatief maklik wees om onder beheer te bring. Wanneer dit behoorlik behandel word, is daar lae- tot geen risiko vir verdere gesondheidskwessies vir die moeder of die baba nie.
Wat Veroorsaak Swangerskap Diabetes?
Swangerskap diabetes kom gewoonlik voor wanneer hormone vanaf die plasenta verhoed dat die insulien in die liggaam behoorlik kan werk. Dit lei dan na hoë bloedsuiker vlakke, wat as diabetes geklassifiseer kan word indien dit nie behandel word nie.
Konstante hoë vlakke van bloedsuiker kan lei tot baie ander gesondheids komplikasies soos skade aan die senuwees , bloedvate en organe.
Dit is nog nie duidelik waarom sommige vroue swangerskap diabetes ontwikkel en ander nie, maar meer en meer navorsing word gedoen oor die onderwerp .
Wie Is Die Mees Vatbaar Vir Swangerskap Diabetes?
Navorsing het bevind dat mense ly aan ‘n hoër risiko vir swangerskap diabetes indien die volgende faktore betrokke is…
Om Oorgewig te Wees:
In hierdie geval word “oorgewig ” geklassifiseer as iemand met ‘n liggaamsmassa indeks van 30 of meer. Indien jy reeds oorgewig is wanneer jy begin met die swangerskap, of the veel gewig optel tydens die swangerskap, ly jy aan ‘n baie groter risiko vir swangerskap diabetes.
Wil jy gewig verloor? Hier is 8 Wenke om Gewigsverlies maklik te maak…
Oortollige Abdominale Vet:
Dit is heeltemal natuurlik om gewig op te tel tydens swangerskap, maar indien jy te veel gewig optel, veral rondom die middellyf, staan jy ‘n baie groter kans om swangerskap diabetes te ontwikkel.
Vrouens Bo Die Ouderdom Van 35:
Volgens verskeie doktors is die meeste vrouens wat inkom met swangerskap diabetes oor die ouderdom van 35 jaar.
‘n Familie Geskiedenis van Diabetes:
Dit sluit in tipe-1, tipe-2, asook swangerskap diabetes wat in die familie voorkom.
Hier is 5 Vrugte om Diabetes te Veg…
‘n Persoonlike geskiedenis Van Swangerskap Diabetes:
Hierdie is nou natuurlik vrouens wat al klaar ‘n kind of kinders gehad het. Indien jy swangerskap diabetes ontwikkel het met jou eerste kind of kinders, is die kanse baie goed dat dit weer gaan gebeur met die volgende swangerskap.
Pre-Diabetes:
Wanneer jy selfs voor swangerskap probleme het met hoë bloedsuiker vlakke, kan dit beteken dat jy ly aan pre-diabetes. Dit kan veroorsaak dat jy baie makliker vatbaar is vir swangerskap diabetes.
Wat is die Simptome van Swangerskap Diabetes?
In meeste gevalle is daar geen duidelike sigbare simptome nie, maar die volgende is algemene simptome van swangerskap diabetes:
- Konstante, uiterste dors.
- Gedurige Urinering
- Moegheid
- Snorkery
Hoe Word Swangerskap Diabetes Gediagnoseer?
Die mees gewilde manier is vir die doktor om ‘n urine monster te neem, waarop hulle dan sal toetse doen om die bloed suiker vlakke in die urine te bepaal.
Nog ‘n manier is om bloed monsters te neem, daarna vir elke uur vir die volgende paar ure bloed te trek, nadat jy ‘n suiker-gevulde drankie gedrink het. Sodoende kan die doktor dan vas stel hoe die suiker jou bloedsuiker vlakke beïnvloed.
Dit word voorgestel dat jy rondom 28 weke van swangerskap gaan of weer gaan vir hierdie toetse, siende dat dit dan die grootste gevaartydperk is vir swangerskap diabetes om te ontwikkel.
Sukkel jy om jou bloedsuiker vlakke onder beheer te kry? Hier is 6 Maklike Stappe om jou te Help…
Komplikasies van Swangerskap Diabetes:
Indien dit vroeg ontdek word, en behoorlik beheer word, behoort swangerskap diabetes geen ernstige gesondheidsprobleme op te lewer nie.
Alhoewel, indien dit nie vroeg opgetel word nie, of nie behoorlik beheer word nie, kan dit na baie ernstige gesondheidsprobleme lei vir die moeder asook die baba.
Onbeheerde bloedsuiker vlakke in die liggaam kan veroorsaak dat die baba vanaf geboorte al kan sukkel met hoë bloedsuiker vlakke, asook in groot gevaar is om later in sy/haar jeug probleme te ontwikkel soos diabetes en vetsug.
Hoe Voorkom Mens Swangerskap Diabetes?
Op die ou-end van die dag kom dit alles terug na gesonde bloedsuiker vlakke toe. As jy jou bloedsuiker vlakke onder beheer hou, is jou kanse om swangerskap diabetes te ontwikkel baie kleiner.
Die 3 belangrikste dinge om te doen om jou bloedsuiker vlakke onder beheer te hou is…
Aktief te Bly:
Dit word aanbeveel dat jy ‘n oefen program volg wat opgestel is deur jou gesondheidsorg praktisyn, sodat dit presies kan opgestel word volgens jou vermoëns en doele. Dit is ‘n fantastiese manier om oortollige suiker in die liggaam te brand, en dan hoef die pankreas nie so hard te werk om ekstra insulien te produseer net sodat die suikervlakke normaal gehou kan word nie.
‘n Gesonde Dieet te Volg:
Die beste is om ‘n gesonde, maar volhoubare eetplan te volg. Hierdie is dan die basis waarop gesonde eetgewoontes aangeleer kan word vir die res van jou lewe, wat vorentoe baie sal beteken vir jou gesondheid.
Maak seker om genoeg vars groente en vrugte te eet, minder vetterige kos, en probeer om verwerkte kosse sover moontlik uit te sny.
Die maklikste manier om dit te benader is om te dink “hoë vesel, lae vet en suiker”. Dit is ook belangrik om jou porsie grote fyn dop te hou.
Kyk na die Manna Low GI Diet vir gesonde kos keuses!
‘n Gesonde Liggaamsmassa te Volhou:
Werk saam met jou gesondheidsorg praktisyn om seker te maak jy hou ‘n gesonde gewig asook liggaamsmassa indeks vol. In terme van swangerskap beteken dit om net die regte hoeveelheid gewig op te tel wat nodig is, en dit dan na die tyd weer te verloor.
Hoe Word Swangerskap Diabetes Behandel?
Dit word natuurlik voorgestel dat swangerskap diabetes eerder voorkom word as behandel word, maar indien nodig kan dit gewoonlik heeltemal behandel word met die regte stappe…
Monitor Jou Bloedsuiker Vlakke ‘n Paar Keer Deur Die Dag:
Toets jou bloedsuiker vlakke vroeg in die oggend voordat jy iets geëet of gedrink het, om ‘n onbelemmerde basis punt te verkry. Neem dan weer ‘n lesing so uur nadat jy geëet het om seker te maak dat dit binne perke van gesonde vlakke bly.
Besoek ‘n Dieetkundige:
Hy/sy kan jou help om te kyk na die beste kos opsies en dit saam te stel in ‘n gesonde eetplan. Baie vrouens hou aan met hierdie eetplan selfs al is die baba reeds gebore. Kyk na die Manna Low GI Diet in die gratis eBoek vir resepte en spyskaart planne.
Skryf Neer Wat Jy Eet:
Kry vir jou ‘n boekie of ‘n plek op jou slimfoon waar jy na elke ete presies wat jy geëet het neerpen. Sluit ook in wat jou bloedsuiker vlakke voor n na die ete was, sodat jy kan verstaan watter kosse veroorsaak dat jou bloedsuiker vlakke opskiet.
Beweeg ‘n Bietjie:
Jy hoef nie elke dag 3 ure tussen die kragapies en poppies wat stap op die treadmill te spandeer nie, self net ‘n vinnige stappie om die blok of om die trappe bo die huisbak te kies is ‘n grot tree in die regte rigting.
‘n Aanvulling wat Veilig is Vir Vrouens Tydens Swangerskap en Borsvoeding:
Die probleem met chemiese diabetes medikasie is dat dit kan veroorsaak dat borsvoeding baie gevaarlik is vir die baba. Gelukkig is daar ‘n briljante, natuurlike en 100% organiese alternatief wat bekend staan as Manna Blood Sugar Support.
Manna Blood Sugar Support help nie net om bloedsuiker vlakke te beheer nie, maar dit het ook hoë vlakke van plant-gebaseerde kalsium wat die moeder broodnodig het tydens die swangerskap.
Manna Blood Sugar Support aanvulling word gemaak van peule vanaf die Suid-Afrikaanse Mesquite bome, wat volgens gepubliseerde wetenskaplike navorsing bewys is om gesonde bloedsuiker vlakke te bevorder.
Hoe Die Produk Werk:
Wanneer dit geneem word saam met die kos wat jy eet, bind die noodsaaklik suikers en organiese vesels in die produk saam met die kos wat dan veroorsaak dat glukose uit die kos nie so vinnig vrygestel word in die bloedstroom nie.
Manna Bloedsuiker Support is die enigste gesertifiseerde organiese bloedsuiker support aanvulling in die wêreld. Hierdie aanvulling word vervaardig in ‘n FDA geregistreerde farmaseutiese fasiliteit onder streng GMP-HACCP regulasies vir u veiligheid.