Vetsug word by die dag ‘n groter probleem onder kinders.
Dit kan binnekort heeltemal handuit ruk, en dit is die ouers se skuld vir ongesonde kinders.
Dit klink dalk of ek oordryf, maar kom ons kyk na die feite vir ongesonde kinders:
- Wie koop die kos in die huis?
- Ouers laat die kinders toe om ongesonde goed soos sjokolade, koekies, tjips, end suiker-belaaide ontbytpappe te eet op ‘n daaglikse basis.
- Wie verkies om te ontspan voor die TV oor naweke, in plaas daarvan om buitemuurse aktiwiteite te reël?
- Wie besluit om eerder kitskosse en wegneem-etes te kry vir aandete in plaas van ‘n gesonde aandete?
Ja, dit is dalk soms meer gerieflik. En ja, daar is nie altyd tyd om vir die kinders gesonde kos in te pak skool toe nie.
Maar omdat ons nie die tyd vat om die gesonde keuses te maak nie, moet ons kinders met die gevolge daarvan lewe…
Hoe kan ons seker maak ons maak gesonde kinders groot?
Vir ons eie onthalwe, sowel as ons kinders, moet ons ‘n kopskuif maak en ophou maak asof dit ‘n straf is om gesond te lewe.
‘n Gesonde lewensstyl kan mens se lewe verryk. En die wonderlikste deel is dat dit hoef moeilik te wees nie.
Hier is 5 fantastiese wenke om jou op die regte spoor te kry na ‘n beter, gesonder lewensstyl om nie ongesonde kinders groot te maak nie…
Stap saam met hulle die pad
Jy kan net soveel baat vind by ‘n gesonde lewe. Laat die hele gesin sommer inkoop in die idee.
As jy jou kinders dit alleen laat doen, kan hulle baie maklik voel asof hulle gestraf word vir iets.
Wees die rolmodel en neem die leiding. Wys hulle hoe lekker dit is om gesond te lewe. Dit help om hulle aan te moedig.
Maak oefening pret
Oefening moet ook nie soos ‘n straf voel nie. Daar is talle maniere wat julle kan aktief wees en hope pret hê ter selfde tyd.
Hier is ‘n paar voorbeelde om jou aan die gang te kry…
- Ysskaats of rolskaats
- Pak staproetes saam aan
- Gesins fietsritte
- Swem
- Doen saam oefen-uitdagings by die huis
- Gaan speel “paintball”
- Doen ‘n bietjie tuinwerk – jy sal verbaas wees hoe baie oefening dit kan wees!
- Neem deel aan ‘n pretdraf of hardloop-resies
Die lys het eintlik geen einde, jy moet net bietjie kreatief wees en dink aan dinge waarvan julle hou!
Moet nooit kos gebruik as ‘n beloning nie
Moenie jou kinders belowe hulle kan roomys kry as hulle klaar is met hulle huiswerk nie. Of vir hulle sê julle kan pizza kry vir aandete as hulle goed doen in ‘n toets nie.
Wanneer kos as ‘n beloning gebruik word, skep dit ‘n ongesonde emosionele konneksie tussen sekere kosse en om goed te voel.
Kry eerder alternatiewe maniere om hulle te beloon en te motiveer soos sport toerusting, buitelig ervarings, of selfs ‘n goeie-ou kontant prysie.
Verwyder versoekings
Dit sal nie net jou kinders baie help nie, maar ook vir jou.
Dis baie makliker om op die gesonde pad te bly as daar nie sjokolade of ander lekker eetgoed in die kas of yskas is nie.
Maak eerder seker dat daar altyd gesonde versnaperinge in die huis is, soos vrugte, groente, sade, en neute. Die internet is ook propvol lekker resepte vir gesonde peuselhappie wat jy maklik by die huis kan maak.
Wees altyd ondersteunend
Wys jou kinders dat jy werklik daar is vir hulle, elke tree van die pad.
Kry die hele familie opgewonde oor die idee van gesond lewe, dan kan julle mekaar ondersteun en motiveer.
Onthou altyd dat jy die leier is en dat dit van jou afhang om die res te wys dat dit nie ‘n straf is om gesond te lewe nie.
Saam kan julle ‘n gesonder toekoms skep – vir jou kinders, en ook vir jouself.
Hoe kan Manna Blood Sugar Sugar Support help?
Een van die basiese boublokke van ‘n gesonde leefstyl is om seker te maak dat jou bloedsuiker vlakke altyd gebalanseer is. Dit geld vir kinders, sowel as grootmense.
Daar is baie dinge wat afhanklik is van jou bloedsuiker vlakke, soos:
- Hoe lank jy versadig bly na ‘n maaltyd.
- Jou energie vlakke.
- Om kos-drange (cravings) onder beheer te hou.
- Hoe om diabetes te voorkom of te behandel.
- Om insulien vlakke onder beheer te hou.
- Bloeddruk
So wanneer jy jou bloedsuiker vlakke onder beheer hou, help dit met al die bogenoemde faktore en op die ou end maak dit dit baie makliker om gesond te lewe.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Volg ‘n gesonde dieet soos die een wat jy in die GRATIS Manna Dieet e-boek kan kry.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.
“Ek kan regtig voel dat die pille my help, ek het nie daardie gevoel dat ek gedurig wil eet nie. Ek kan al klaar sien dat ek begin gewig verloor. Baie dankie.” – Onbekend
“Ek is baie gelukkig met die produk en indien ek wel vergeet om dit te neem laat my liggaam my gou besef iets kort nou. Help baie met my water retensie.” – Joey
Ek gebruik nou die produk so vir amper 2 weke. Voel baie goed, en het nie meer daai “cravings” nie.” – Onbekend
“Ek gebruik die pille nou vir 2 weke en ek het regtig nie meer “cravings” nie. Voel baie goed!” – Juarita