Dit wil vir ons voel asof ons leefstyle al hoe minder aktief word.
En met goeie rede – want dit doen.
Baie van ons is al vertel dat vroetel ‘n teken van angstigheid, ongeskiktheid of gebrek aan konsentrasie is. Maar gewoontevroetel – tik van voete, wriemel, behoefte om rond te beweeg – kan eintlik help dat ons langer en gesonder leef teenoor gesondheid van te veel stilsit.
Maar hoe dan nou so?
‘n Onlangse groot studie het duisende vroue vir meer as ‘n dekade gemonitor. Hulle het bevind dat vroetel geassosieer word met ‘n merkbare laer risiko van voortydige dood, liggaamsgewig en insulien weerstandigheid (‘n voorloper van diabetes) in vergelyking met vroue wat stilsit.
Dit beklemtoon die feit dat vroetel – beweging, selfs in kort sarsies, of teen ‘n lae intensiteit – goed is vir ons gesondheid en welstand. En die rede hiervoor is omdat Moeder Natuur wil hê ons moet alle liggaamsdele gereeld beweeg ten einde te oorleef – jag, versamel en rondbeweeg.
Ons samelewing vandag is meer staties. Al hoe meer werke behels stilsit. Daarbenewens het die rekenaar, internet en slimfoon die hoogte ingeskiet. En dan moet ons nie vergeet van ander sit-aktiwiteite soos televisie kyk en pendel nie. Studies het bewys dat ons gemiddeld 7.7 ure per dag sit (amper die helfte van die tyd wat ons wakker is), en sommige resultate bereken dat mense tot 15 uur per dag sit!
Is stilsit regtig die nuwe rook?
Hoewel dit is soos om appels met donkies te vergelyk, weet ons dat onaktiwiteit gevaarlik is. Sekere studies het bewys dat daar ‘n merkbare toename in diabetes, vetsug, hartsiektes en voortydige dood is weens stilsit. Een studie het getoon dat, vir elke uur wat ‘n persoon sit en televisie kyk, verloor hulle 22 minute van hul lewensduur. In vergelyking hiermee verloor ‘n persoon 11 minute vir elke sigaret wat hy of sy rook.
Kan sit bydra tot vetsug?
Beweging van ons liggame vereis dat ons brandstof verbrand, net soos voertuie. ‘n Man van 70 kg sal gemiddeld 84 kalorieë verbrand deur te sit, 108 deur te staan, en 324 deur te stap. Deur die loop van die dag verbrand staan en stap meer kalorieë. Dit kan ons slank hou. Vetsug is ‘n bekende risiko faktor vir ‘n aantal kroniese siektes, insluitend diabetes, kardiovaskulêre siektes en sekere kankers.
Kan stilsit die risiko vir kanker verhoog?
Die Amerikaanse Kankervereniging beweer dat vroue wat vir langer as 6 ure per dag sit, ‘n 10 persent groter kans het om kanker te kry, in vergelyking met vroue wat vir minder as 3 ure per dag sit. Om meer spesifiek te wees – hulle is 65% meer geneig om veelvuldige melanoma te ontwikkel, 43% meer geneig om eierstokkanker te ontwikkel, en 10% meer geneig om indringende borskanker te ontwikkel.
Watter uitwerking het stilsit op ons slegte cholesterol?
Wanneer ons sit, neem ons liggaam se produksie van ‘n sekere ensiem, lipoproteïenlipase, af. Hierdie ensiem is belangrik omdat dit slegte cholesterol omskakel na goeie cholesterol. En wanneer slegte cholesterolvlakke toeneem, kan dit bydra tot die opbou van plaak in ons hartvesels wat bloedvloei belemmer (ook bekend as atherosklerose of kardiovaskulêre siekte). Daar is bewys dat matige fisiese aktiwiteit hierdie swak effek op lipoproteïen lipase vinnig omkeer.
Hoe beïnvloed dit insulien weerstandigheid?
Selfs korttermyn onaktiwiteit hou verband met die ontwikkeling van insulien weerstand. Insulien is ‘n hormoon wat as “sleutel” optree om glukose toe te laat om die liggaam se selle binne te dring en op te tree as brandstof om sy metaboliese behoeftes te bevredig. Die weerstand lei dus tot die opbou van glukose in die bloed, terwyl ons selle “honger is” vir energie. Insulien weerstand kan met verloop van tyd lei tot pre-diabetes of Tipe 2 diabetes.
Kan jy dalk insulienweerstandig wees? Leer meer…
Ons is nie gemaak om stil te sit nie
Ons is veronderstel om te beweeg. En ons moet dit regdeur die dag doen. Net soos werkgewers en onderwysers, sit werknemers en studente al hoe meer. Die werksplek en klaskamer is ‘n belangrike omgewing om gesonde lewenstylgedrag te beïnvloed.
Studies het bewys dat daar ‘n verbetering in werksverrigting en moraal, laer afwesigheidsyfers en omset, verminderde gestremdheidsdae en selfs laer mediese kostes is wanneer gereelde fisiese aktiwiteit binne besigheids- en werksplekke geïnkorporeer word.
Hoe kan ek meer aktief word?
- Oorweeg dit om op een plek te stap of te draf, gewigte op te tel, of beenoefeninge, opsitte en opstote te doen terwyl jy televisie kyk, veral gedurende advertensies.
- Treadmill werkstasie/stapstasie. Dit vereis spasie en is dus nie vir almal ‘n opsie nie. Daar is verskeie kommersiële toestelle op die mark, maar dit kan so eenvoudig wees soos om ‘n platform op die handvatsels van ‘n treadmill te sit om ‘n skootrekenaar of dokumente daarop te kan neersit.
- Rangskik jou kantoor vir beweging: Deur items in jou kantoor verder as “armlengte” te rangskik, sal beweging aanmoedig word regdeur die dag.
- Beweeg gedurende jou werkspouses: Stel die alarm op jou foon om elke 1-2 ure af te gaan om jou daaraan te herinner om te beweeg of te strek. Jy kan dit eenvoudig hou deur ‘n paar keer diep asem te haal, jou arms te swaai of eers jou voete en dan jou kop te raak en dan stadig jou nek-, skouer-, arm-, maag-, gluteale -, dy-, bobeen- en toonspiere te beweeg/saam te trek.
- Pedometer: Sulke toestelle is bekostigbaar en kan jou beweging regdeur die dag meet. Jy moet vir jouself ‘n mikpunt stel van 6,000-10,000 treë per dag. Daar is ook ‘n hele paar nuwe toestelle wat ons kan help om ons aktiwiteit te monitor.
- Staan soveel as moontlik. Oorweeg ‘n kopstuk sodat jy telefoonoproepe kan maak terwyl jy staan en beweeg. En maak ‘n gewoonte daarvan om eposse te beantwoord terwyl jy staan. En as jy inligting moet gee, stap rond in die vertrek.
- Gebruik die trappe in plaas van die hysbak.
Wat kan ek nog doen om meer gesond te lewe?
Dieët –
‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel. Jy kan die GRATIS Manna Dieet E-Boek hier aflaai wat wys hoe om gesond en gebalanseerd te lewe. Dit verduidelik volledig wat en hoe om te eet om gesond te eet sonder om jouself weg te hou van die lekker dinge in die lewe.
Manna Blood Sugar Support –
Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.