Kan Kollageen Help Met Gewigsverlies?

Kan Kollageen Help Met Gewigsverlies?

This article is also available in English

Kollageen het baie gesondheids- en skoonheidsvoordele en kan dalk ook help met gewigsverlies

 

Wat is kollageen?

Kollageen is die volopste proteïen in jou lyf en is verantwoordelik vir die strukturele integriteit van jou liggaam. Dit skep struktuur binne jou bene, kraakbeen, senings, bindweefsel, spiere en vel. Sonder kollageen is jy net ‘n klomp selle wat deur ‘n paar neurone verbind word.

Soos alle proteïene, bestaan ​​kollageen uit aminosure. Kollageen is geneig om hoog in glisien, prolien en hidroksiprolien te wees. Aminosure het ‘n kettingagtige vorm en die aminosure in kollageen is styf aanmekaar geweef en lyk soos ‘n sterk, gedraaide tou.

Hierdie sterk en stabiele proteïen is ‘n anti-veroudering superster aangesien dit jou vel se elastisiteit verbeter, die voorkoms van plooie verminder en die vog in jou vel verhoog.

Kollageen kan ook:

  • Beenverlies verminder
  • Bros naels verbeter
  • Hare gesondheid bevorder
  • Hartgesondheid ondersteun

 

Kollageenaanvullings

Jou liggaam produseer sy eie kollageen, maar die maak van kollageen neem drasties af soos jy ouer word. Om die hoeveelheid kollageen in jou liggaam ‘n hupstoot te gee, kan jy beenbouillon, hoender of eierwitte eet. Alternatiewelik, kan jy ‘n kollageenaanvulling neem.

Kollageenaanvullings help jou liggaam om meer van die proteïen te produseer. Hierdie aanvullings word gemaak van die bene en weefsels van diere, soos koeie, perde, varke of visse en hulle is beskikbaar in baie vorme soos pille, gomlekkers, poeiers, stroop of in sommige kosse en drankies.

Om seker te maak jou liggaam absorbeer kollageen behoorlik en produseer genoeg van die proteïen, is dit belangrik om genoeg vitamien C in te neem .

 

Kan kollageen gewigsverlies verbeter?

Daar is nie genoeg navorsing wat bewys dat kollageen goed is vir gewigsverlies nie. Meer navorsing is nodig. Kollageen is nie ‘n towermiddel nie, en sal jou nie op ‘n magiese manier help om vet te verbrand nie. Tog kan die proteïen dalk help om spiere te bou, vetophoping te verminder en jou vinniger versadig laat voel na etes. Anders as dit, kan kollageen jou help om vinniger te herstel ná oefening.

 

Kollageen help om:

  • Spiere te bou

Om baie proteïene te eet, sal jou help om spiere te bou. Spiere verbrand baie kalorieë, selfs wanneer jy rus.

Een 2015-studie het opgemerk dat deelnemers wat kollageenpeptiede geneem het, meer spiere gebou het en meer vet verloor het as diegene wat ‘n placebo geneem het.

Dit is belangrik om daarop te let dat kollageen nie al die aminosure bevat wat jou liggaam nodig het nie – jy kan nie net ander vorme van proteïen vir kollageen uitruil nie.

  • Vetophoping te verminder

Sommige bewyse dui daarop dat kollageen die ontwikkeling en ophoping van vetselle kan vertraag.

Kollageen van ʼn kraakbeenagtige vissoort, is in ‘n 2018-dierstudie en ‘n 2019-studie met mense gebruik. Dit het gelyk of muise en mense ‘n bietjie vet verloor het, maar die resultate, veral by mense, was klein.

  • Versadig te voel

Omdat kollageen ‘n proteïen is, kan dit jou eetlus onderdruk en jou help om langer versadig te voel. Volgens ‘n 2020-studie verhoog ‘n hoëproteïendieet versadigingshormone en onderdruk dit grelin, ‘n hongerhormoon.

Weereens, dit is belangrik om daarop te let dat kollageen nie al die noodsaaklike aminosure bevat wat jou liggaam nodig het nie en jy kan nie net ander bronne van proteïen met kollageen vervang nie.

  • Gewrigspyn te verlig

Kollageen is in die verlede gebruik om gewrigs- en bindweefselbeserings te behandel. As jou gewrigte gesond is, is dit makliker om fisiese oefeninge te doen. As jy meer oefening en ander fisiese aktiwiteite kan doen, kan jy meer gewig verloor.

Sommige studies het bewys dat kollageen kan help met gewrigspyn. ’n Studie van 2017 het bevind dat atlete wat kollageenpeptiede geneem het, minder pyn in hul gewrigte gehad het.

 

Samevatting

Meer bewyse is nodig om kollageen aan gewigsverlies te koppel. Kollageen kan jou gewig beïnvloed want dit kan jou help om minder te eet aangesien jy gouer versadig voel. Dit kan ook vetophoping verminder en help om spiere te bou. Laastens kan kollageen gewrigspyn verlig wat oefening gemakliker maak.

 

Wat is Manna Collagen Peptides?

Manna Collagen Peptides is ‘n spesifieke tipe kollageen wat so gemaak is om maklik geabsorbeer te word. In plaas daarvan om jou liggaam te dwing om aminosure af te breek en dan daardie aminosure weer in kollageen om te skakel, slaan Manna Collageen Peptides daardie stap oor.

Hierdie produk gee basies jou liggaam klein, bruikbare kettingpeptiedes en aminosure wat gereed is om geabsorbeer te word.

Hierdie kollageenaanvulling word gemaak van hoëgraadse gelatien (onttrek uit beeshuide).

‘n Formule kan soos volg lyk:

– 83% proteïene

– 15% water

– 2% minerale

Hoekom gelatien? Gelatien bevat eintlik al die essensiële aminosure wat deur die menslike liggaam benodig word (behalwe een, triptofaan). Die aminosure sluit in glisien, prolien, hidroksiprolien, glutamiensuur, alanien, arginien, asparaginsuur en verskeie ander.

 

Hoe werk Manna Collagen Peptides?

Proteïene is noodsaaklike voedingstowwe vir die liggaam. Hulle word gemaak van lang kettings aminosure. Kollageenpeptiedes is proteïene wat hoogs biobeskikbaar is. Kollageenpeptiedes sal help om jou liggaam te voorsien van aminosure wat nodig is as boustene om jou vel, bene en gewrigte te vernuwe.

Daar is voorgestel dat kollageenpeptiedes as ‘n boodskapper na die selle kan optree en die sintese en herorganisasie van nuwe kollageenvesels kan aanwakker, wat dus die velweefselstruktuur ondersteun.

 

Gesondheidsvordele van Manna Collagen Peptides:

  • Velgesondheid
  • Litgesondheid
  • Spiergesondheid
  • Beengesondheid
  • Voorkom beserings
  • Herstel na ‘n oefensessie

 

Is Manna Collagen Peptides veilig vir gebruik?

Kollageenpeptiedes is ‘n suiwer en bioaktiewe proteïen, afkomstig van ‘n 100% natuurlike bron en vry van enige newe-effekte.

 

Wat is die bron van kollageenpeptiedes?

Kollageen word al vir lank in voedsel gebruik, hoofsaaklik in die vorm van gelatien wat in nageregte voorkom. Kollageen kom ook natuurlik voor in hoë hoeveelhede in sommige gekookte kosse, bv. beenbouillon en in die vel van vis en hoender. Kollageenpeptiedes word uit hoë gehalte grondstowwe onttrek, word gesuiwer en gedroog om ‘n suiwer proteïenpoeier te produseer.

 

Kan ek dit saam met huidige medikasie gebruik?

Hierdie produk is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik. Wanneer Warfarin, of enige ander bloedverdunningsmedikasie gebruik word, neem asseblief hierdie produk twee ure voor of twee ure na die medikasie.

 

Kan kollageenpeptiedes gelyktydig verskeie gesondheidsvoordele ondersteun?

Absoluut, kollageenpeptiedes word gerugsteun deur gepubliseerde wetenskaplike bewyse vir hul voordele op velskoonheid en gewriggesondheid. Verdere aanduidings van prekliniese modelle dui daarop dat kollageen help om bene gesond te hou. Kollageen is dus ‘n holistiese oplossing om die gesondheid van die muskuloskeletale stelsel te handhaaf en ook velskoonheid te ondersteun.

 

Koop Manna Collagen Peptides aanlyn…

More articles

Leave a Reply