MSM is wragtig ‘n wonderlike ding!
Maar jy wonder seker nou “wat in die wêreld is MSM”?
Wat is MSM?
Metielsulfonielmetaan, of dan nou wel MSM, is ‘n organiese middel wat in mense, diere, en plante voorkom.
Dit is:
- Een van die belangrikste basiese boustene van glikosaminoglikane (Smeermiddel in die gewrigte).
- ‘n Belangrike strukturele komponent van kraakbeen.
- ‘n Belangrike rolspeler in die instandhouding van gewrigskraakbeen.
- MSM is ook ‘n organiese bron van swael vir die liggaam.
Waarvoor word MSM gebruik?
MSM word hoofsaaklik gebruik in die verligting van osteoartritis, gastro-intestinale (derm) ontsteking, mikrobiese infeksies, en muskuloskeletale pyn .
Dit help ook met stimulering en verbetering van die immuunstelsel, en die bestryding van allergieë.
Wat is die voordele van MSM:
Organiese en biologiese aktiewe swael is noodsaaklik vir die werking van elke sel, weefsel, en orgaan in die liggaam.
Nie-organiese swael moeilik opgeneem en verwerk word in die liggaam, wat beteken dat organiese swael noodsaaklik is om ‘n tekort van swael te voorkom.
Seker die mees merkwardige voordeel van MSM is die gebruik daarvan as ‘n effektiewe pynverligter. Daarom word MSM gebruik om verskillende tipes chroniese pyn te bestry, soos byvoorbeeld:
- Lae-rugpyn
- Osteoartritis en rumatoïede artritis
- Tennis-elmboog en ander sportbeserings
- RSI (herhalende spannings besering)
- Fibromialgie
- Spierpyne
- Persoonlike beserings en littekens weens brandwonde, operasies, of ongelukke
- Bursitis
- Sklerose
- Karpale sindroom
- Hoofpyne en migraine
Hoe werk Manna MSM vir seer gewrigte en meer?
Om MSM se werking te verstaan, moet ons kyk hoe dit elke probleem beïnvloed:
Natuurlike pynverligter –
MSM werk voorkom die geleiding van pyn-impulse deur senuwee vesel.
Voorkoming van inflammasie –
MSM voorkom inflammasie deur die aktiwiteit van kortisol te verhoog, wat ‘n natuurlike anti-inflammatoriese middel in die liggaam is.
Verbeter die opname van voedingstowwe –
MSM verbeter die opname van voedingstowwe soos vitamiene. Dit help ook om oortollige sellulêre vloeistowwe en afvalprodukte uit die liggaam uit te skei. MSM doen dit deur die selmembrane se deurlaatbaarheid te verhoog.
Verbeter bloedsirkulasie –
MSM verbeter die bloedsirkulasie deur bloedvate wyer oop te maak. Hierdie help dan ook met die herstel en genesing van beserings, omdat dit help om afvalstowwe uit die liggaam te verwyder.
Spierverslapper –
MSM is ‘n fantastiese spierverslapper. Dit help om chroniese spierspanning te verminder, wat help om baie tipes chroniese pyn te verlig.
Versterk die immuunstelsel –
MSM versterk en verbeter die immuunstelsel deur die vervaardiging van teenliggame, immuun komplekse, en die metabolisme van prostaglandiene, te reguleer.
So as jy sukkel met enige chroniese pyn, spierspanning, of gewrig beserings dan is Manna MSM die regte ding vir jou!