Hier is ‘n paar Menopous probleme en oplossings.
1. Warm Gloede, Koue Gloede
Warm gloede, is die liggaam se reaksie op ‘n afname in die hormoon estrogeen, wat natuurlik voorkom as vroue se menopous begin loer. Nie alle Evas ervaar warm gloede nie, maar meer as die helfde doen wel.
By sommige dames, daal die estrogeen vlakke geleidelik, die liggaam produseer minder estrogeen. Daar is ook vroue wie se eierstokke, estrogeen produksie summier en sonder waarskuwing staak. Vir hierdie vroue, kan warm gloede ‘n ware wipplank-rit te wees. En dan is daar die nag se weergawe van warmgloede bekend as nagsweet.
Hier is 9 natuurlike behandelings vir warm gloede…
2. Nagsweet
Nagsweet is die aand neef van warm gloede, maar tipies meer intens. Dit is nie ‘n slaap disfunksie nie maar wel ‘n sweet disfunksie wat plaasvind tydens jou nagrus as gevolg van menopouse.
3. Ek huil vir niks!
Was jy al op ‘n rollercoaster?
Net ‘n iemand wat al daarop gery het weet hoe vinnig dit op en af kan gaan. Op en af buie, is eie aan menopous. En die rollercoaster hou nie op met ry nie! Die buierigheid as gevolg van wip plank emosies is intens, skielik en buite beheer.
Chroniese en erge buierigheid is ‘n sielkundige versteuring, ‘n gesondheids probleem so eg soos ‘n fisiese kwaal. Trouens, soms is dit die gevolg van ‘n fisiese probleem, soos premenstruele sindroom, en daarvoor is OOK ‘n oplossing.
4. Ek is so moeg!
Moegheid is een van die mees algemene simptome van menopous. Dit is ‘n moegheid wat ‘n gevoel van swakheid en konstante verlaagde energie vlakke meebring. Dit moet onderskei word van lomerigheid,’n lomerigheid wat vir ‘n lekker slaap vra.
DIE moegheid behels ‘n gebrek aan energie, eerder as slaperigheid. En die gevoel van ek kan net nie meer nie, kan enige tyd kom aanklop!
5. My hare bly agter op my borsel?
Ag nee, ek het ‘n snor!?
Haarverlies en hare wat minder word, gesigshare wat te veel word kan direk gekoppel word aan ‘n tekort aan estrogeen. Haarfolikels word gevoed deur estrogeen. Soms is dit die eerste teken van menopouse wat kom kuier. DIE haarverlies kan ewe skielik gebeur of gelydelik toeneem, oral oor jou liggaam.
Jou hare kan ook droog en bros voorkom. Haarverlies en uitdun daarvan sluit in hare van die skaamdele.
6. Ek slaap sleg!
In die verlede het dokters geglo dat onderbroke slaap die gevolg is van nagsweet. Onlangse studies het egter bewys dat sulke probleme nie noodwendig met nagsweet of warm gloede te doen het nie maar wel nou verwant kan wees met menopouse.
Navorsing het bewys dat slaap probleme so vroeg as vyf tot sewe jaar voor die aanvang van menopous kan voorkom.
Wees eerlik met jouself, jou hormoon vlakke gaan jou lewe beïnvloed! (MAAR daar IS HOOP!)
7. Ek is ALWEER ‘n kilogram swaarder!
(Gewigstoename tydens menopouse.)
Gewigstoename, spesifiek ‘n verdikking rondom jou middel, is nog ‘n teken van die hormone wat aan die hardloop gaan. Terwyl ‘n aantal boeke en sommige dokters beweer dat menopouse niks te doen het met gewigstoename nie, vind gewigstoename wel plaas want met die ouderdom word die metabolisme ook stadiger. Daar is studies wat daarop dui dat die wisselende hormoon vlakke direk gekoppel is aan gewigstoename en die herverdeling van vet.
Pas jou dieët aan, oefen meer, gaan stap ‘n entjie saam met jou geliefdes, was jou eie kar, al DIE klein beweginkies kan jou metabolisme vinniger maak. Natuurlike alternatiewe aanvullings kan ook help.
Leer meer oor menopouse en gewigsverlies…
8. Ek is tog SO fyngevoelig!
Benewens talle fisiese effekte is emosionele simptome ‘n algemene kenmerk van die menopousale oorgang.
Trouens, tot 50 persent van alle pre-menopausale vroue ervaar versteurings in hul bui, insluitend irritasie.
Terwyl verskeie faktore kan bydra tot prikkelbaarheid in ons daaglikse lewens, is hormonale skommelinge as gevolg van menopouse dikwels die hoofoorsaak van geïrriteerdheid en ander negatiewe emosionele toestande gedurende hierdie oorgang in ‘n vrou se lewe.
Slaan die simptome van menopous vir ‘n ses!
1. Verander jou lewenstyl!
Baie keer kan ‘n paar eenvoudige veranderinge in jou elke dag se leef groot voordele inhou in die bekamping van die simptome van menopouse en die bereiking van ‘n beter algehele vlak van gesondheid.
Tegnieke om stres te verminder, soos meditasie gekombineer met gereelde oefening en ‘n verbeterde dieët is natuurlike medisyne vir menopouse.
Dieët speel seker die belangrikste rol. Studies het getoon dat ‘n dieët ryk in voedsel wat die bevordering van estrogeen vlakke (soos soja, appels,alfalfa, kersies, aartappels, rys, koring en yams(broodwortel)) ‘n belangrike hulpmiddel tot die behandeling van menopouse kan wees.
Laai die gratis Manna Gewigsverlies e-boek af en volg DIE program om gewig te verloor. Daar word ook vertel van hoe om jou dieët aan te pas met voordele vir jou totale gesondheid en welstand.
2. Alternatiewe medisyne
Alternatiewe benaderings behels min of geen risiko en kan ‘n baie doeltreffende manier bied om al 34 menopouse simptome te behandel. Hierdie benadering betrek verskeie terapieë, waarvan kruie aanvallings die grootste deel uitmaak. Manna Menopouse Support is gepak met fito-oestrogenen om hormoon vlakke te verhoog en om die simptome teen werk.
NB: Onthou indien jy die voorgeskrewe dosis van Manna Menopouse Support gebruik en jy kry nie verligting van die simptome nie, verhoog die dosis na 4 en selfs 6 capsules per dag, twee met elke ete.