Natuurlike Jig Behandeling

Natuurlike "Gout" Behandeling

Wanneer jig nie behoorlik behandel word nie kan dit lei tot erge ongemak en pyn.

 

Maar gelukkig hoef dit nie die geval te wees nie…

Mense wat sukkel met jig sal baie vinnig vertel hoe ongemaklik en seer mens se gewrigte word wanneer jig opvlam. Maar wat die meeste van hierdie mense nie weet nie, is dat hulle dit heeltemal natuurlik kan behandel.

 

Wat is jig?

Eerstens, ons weet dat die Afrikaanse naam vir “gout” eintlik “jig” is, maar min mense weet waarvan jy praat as jy jig sê!

So wat presies is jig? Om dit eenvoudig te stel is jig inflammasie wat veroorsaak word deur te veel uriensuur in die liggaam. Hierdie inflammasie affekteer die gewrigte deurdat kristalle daar rondom vorm.

Hierdie kristalle wat vorm as gevolg van die hoë uriensuur vlakke veroorsaak dan daai skerp, stekende, brandende pyn wat mens voel.

 

Wat is die simptome van jig.

Meeste van die tyd is die simptome van jig baie skielik en pynvol. Dit  gebeur ook dikwels in die middel van die aand, en kan soveel pyn veroorsaak dat jy wakker skrik daarvan.

Die algemene simptome van jig is:

  • Pyn in die gewrigte

Die mees algemene plek waar jig voorkom is in die gewrig aan die groot toon. Dit is ook gewoonlik die eerste ding waaraan ons dink as ons die woord hoor. Maar dit is nie al waar dit kan gebeur nie… Dit kan ook voorkom in ander gewrigte in die liggaam, soos die voete, enkels, knieë, hande, vingers, en die pols-gewrigte.

  • Konstante ongemak

Selfs al het die pyn verdwyn na ‘n jig-aanval, kan die ongemak daarvan steeds bly. Hierdie ongemak kan gevoel word vir ‘n paar dae, of selfs ‘n paar weke.

Die pyn wat gevoel word met opvolgende jig-opvlammings is gewoonlik erger as die eerste keer, en duur dikwels baie langer.

  • Rooiheid en inflammasie

Die geaffekteerde gewrigte swel gewoonlik op, word baie sensitief, en is rooi. 

 

Watter ander komplikasies kan jig na lei?

Jig kan na verskeie ander, en dikwels erger, kondisies of probleme lei.

Hier is ‘n paar algemene voorbeelde:

  • Herhalende jig

Sommige mense ervaar nooit weer jig in a spesifieke area na die eerste keer nie, maar in meeste gevalle is die probleem herhalend. Dit kan wees dat dit een keer elke paar maande gebeur, maar meestal is dit sommer elke paar weke of elke paar dae – en dis wanneer dit nou EERS ‘n probleem word!

  • Gevorderde Jig

Wanneer jig nie behandel word nie, kan die kristalle ook onder die vel vorm en word dan verwys na as “tophi” (uitgespreek as “tou-fie”). Dit is gewoonlik nie te pynvol nie, maar tydens ‘n jig opvlamming kan dit sensitief en opgeswel word.

  • Nierstene

Nog ‘n plek waar die uriensuur kristalle kan ‘n probleem veroorsaak is in die urienweg, wat dan kan lei tot nierstene.

 

Hoe kan jig behandel word?

Die maklike opsie is om net ‘n paar Manna pH Balance-kapsules te neem en voort te gaan met jou lewenstyl. Maar hier is ‘n paar wenke om dit verder te vat en jou leefstyl ook te verbeter…

Met die regte kombinasie van lewenstyl veranderinge, die eet van sekere kosse, sowel as die vermyding van sekere dinge, hoef jig glad nie ‘n probleem te wees nie.

So watter leefstyl veranderinge moet mens maak?

  1. Drink meer water

As jy jou dieet verander, kan jy chroniese jig hanteer en simptome soos gewrigspyn verminder. Begin deur meer water te drink, want dehidrasie kan jig aanvalle veroorsaak of vererger – dus is dit belangrik om dehidrasie te vermy.

  1. Verloor gewig indien nodig

Om oorgewig te wees verhoog de risiko vir jig. En al is dit dikwels makliker gesê as gedaan, is dit baie belangrik om te probeer gewig verloor en ‘n gesonde, gebalanseerde dieet te handhaaf om oortollige gewig as ‘n oorsaak van jig opvlammings te vermy.

  1. Pasop vir opvlam-kosse

Nog ‘n belangrike dieet aspek as dit kom by jig, is om seker te maak jy bly weg van kosse af wat jig kan laat opvlam waar moontlik. Algemene tipes kos wat hierdie opvlammings veroorsaak is kosse wat hoog is in purien, soos orgaan-vleis, spek,  sardiens en ansjovis. Maar die grootste oortreders is kosse wat hoog is in verfynde suiker of verfynde koolhidrate.  

  1. Kies die regte koolhidrate

Soos genoem is die verkeerde koolhidrate die grootste bydraer tot jig.

Maar dit is nie altyd moontlik om al hierdie kosse uit mens se dieet te sny nie, daarom is dit belangrik om seker te maak jy kies die beste opsie moontlik.

Die beste tipes koolhidrate om te eet is die wat baie vesel bevat, soos hawer, patats, boontjies, en groente.

  1. Vermy suiker sover moontlik

Die heel eerste ding om hier te verstaan is dat suiker nie net die goed is wat mens in koffie of tee gooi nie. Dit is ORAL in ons kos – selfs die wat nie eers soet proe nie! En wat dit erger maak is dat ons onder die indruk is dat baie van hierdie kosse eintlik gesond is!

Hier is ‘n paar van die mees algemene kos-produkte wat hopeloos te veel verfynde suiker bevat, sonder dat ons dit weet…

      • Tamatiesous (En ander soortgelyke souse)
      • Vrugtesap
      • Sport drankies (Energade, Powerade, ens.)
      • Ontbyt-pappe (Selfs sommige muesli is gelaai met suiker!)
      • Proteïen-stawe
      • Vitamien-water
      • Geblikte vrugte
      • Blikkies “baked beans”

Hierdie is net ‘n paar algemene voorbeelde, maar daar is soveel meer. Die beste is om op te lees oor die verskillende name wat voedsel-vervaardigers gee aan suiker, en dan die etikette te lees op jou kos voordat jy koop.

  1. Eet genoeg van die regte vette

Kos soos kouewater-vis (salm of tuna), vlassaad, avokadopere, sade (pampoen, sonneblom, ens.), en neute (pekan, amandels, kasjoe) bevat baie van die essensiële  vetterige-sure wat die liggaam nodig het om inflammasie laag te hou. Jy kan ook olyfolie of avokado-olie gebruik wanneer jy kos maak om seker te maak jy kry genoeg van hierdie goeie vette in.

  1. Moenie te veel alkohol drink nie

Hier is die een wat ons almal eintlik al weet. Te veel alkohol is een van die grootste oorsake van ‘n jig opvlamming. Baie mense – veral mans – kan sommer duidelik in hulle tone voel wanneer hulle te veel rooiwyn of bier gedrink het die vorige aand.

  1. Sny op die koffie – en tee!

Probeer om koffie te beperk tot 1 of 2 koppies per dag, en moenie dit in die middag drink nie. Dit geld ook vir gewone tee, want dit bevat net so baie kafeïne soos koffie! Drink eerder rooibos tee of groen tee.

  1. Eet minder vleis

Dit beteken nie jy hoef nou net een keer per week vleis te eet nie. Maar wanneer jy dit eet, halveer jou porsie. Dit is baie makliker om ‘n kleiner stukkie, meer gereeld te eet. En dan kan jy ook natuurlik jou vleis met salm of tuna vervang, dan kry jy jou proteïne in en ook jou gesonde vette!

  1. Neem Manna pH Balance

Manna pH Balance is ‘n natuurlike aanvulling wat help om ontslae te raak van uriensuur, die pH vlakke te balanseer, en jig & artritis te behandel.

 

Wat is die Manna pH Balance?

Die gebruik van botaniese- en kruie-behandeling as ‘n aanvullende benadering om die pH vlakke in die liggaam te balanseer, neem daagliks toe.

Dit is moontlik as gevolg van die nadelige gevolge wat verband hou met die gebruik van chemiese medikasie.

Manna pH Balance word slegs gemaak uit natuurlike bestanddele van die hoogste gehalte en is ontwerp om hoë uriensuur-vlakke en die pH van die liggaam onder beheer te hou. Dit help dan ook om artritis simptome en jig te verlig.

Die produk is vry van ALLE potensiële allergene en is vry van ENIGE bymiddels.

 

Hoe werk dit vir jig?

Manna pH Balance help om die tempo waarteen uriensuur uit die liggaam geskei word te verhoog, en die inflammasie-reaksie van die liggaam teenoor uriensuur te verlaag.

Hierdie produk help ook om die bloedsomloop deur die niere te verbeter.

Die verskillende bestanddele in die produk werk saam om die uriensuur vlakke te beheer en die pH vlakke te balanseer in die liggaam.

 

Die voordele van Manna pH Balance:

  • Help om die hoë uriensuur vlakke in die liggaam te verlaag.
  • Dit help met die verligting van artritis simptome.
  • Help om jig en jig-verwante simptome te verlig.
  • Help met die verligting van osteo-artritis.
  • Balanseer die pH van die liggaam.

 

Kom ons kyk wat Manna pH Balance gebruikers ervaar:jig

“Ever since I started using Manna pH Balance I knew I got the right and quality product when I noticed that the pain and burning in my legs and feet were gone from the high uric acid I had in my body. I can recommend Manna pH Balance to any person with high uric acid, it does the job.” – Robert

“My husband suffers from gout, he has to take puricos daily but he has had side effects from that medicine. Since he has been using Manna pH Balance he hasn’t had any attacks and there are no side effects.” – Sarah

Kry die Manna pH Balance by enige van hierdie winkels of aanlyn winkels: 

More articles

1 Comment

Leave a Reply