- 021 852 8446
- info@mannaplus.co.za
- FREE SHIPPING in South Africa on all orders above R550!
Manna Immune Support
Word jy gereeld siek? Gee jou immuunstelsel ‘n hupstoot!
Manna Immune Support help om jou immuunstelsel te versterk, deur die regte voedingstowwe te verskaf om jou immuunstelsel op te bou en te herstel.
Manna Immune Support is beskikbaar by
5/5
“Manna Immune Support is die beste produk wat ek nog ooit geneem het om my immuunstelsel te ondersteun. Ek neem dit sedert 2013 en het tot op hede nog nie verkoue of griep gehad nie. Elke persoon wat ek aan Manna Immune Support voorgestel het, het terugvoer gegee dat hulle sterker voel en nie eens verkoue of griep opgedoen het gedurende die Covid-19-epidemiejaar nie. Ek is 64 jaar oud en beveel hierdie produk aan vir alle mense – jonk of oud.”
Deon Fourie
Wat is Manna Immune Support?
Die gebruik van kruie en botaniese medisyne as ‘n komplementêre benadering vir die behandeling van inflammatoriese siektes word al hoe gewilder. Dis is moontlik as gevolg van die nadelige effekte wat met die gebruik van nie-steroïdale anti-inflammatoriese middels geassosieer word.
Manna Immune Support, wat gemaak is van die hoogste gehalte natuurlike en organiese bestanddele, is spesifiek geformuleer om jou vermoë om infeksies af te weer, te verbeter, asook om diegene wat aan chroniese siektes ly, se lewenskwaliteit dramaties te verbeter.
Voordele van Manna Immune Support
- Help om die immuunstelsel te versterk
- Die bestanddele het baie hoë anti-oksidasie eienskappe
- Die produk help om voedingstowwe te verskaf vir die bou en herstel van die immuunstelsel
- Help om verlore voedingstowwe aan die liggaam te verskaf in ‘n formaat wat vinnig geabsorbeer kan word
Wat Manna Immune Support in die liggaam doen
Dit help met die versterking van die immuunstelsel, aangesien dit voedingstowwe verskaf om die immuunstelsel op te bou en te herstel. Die verskillende bestanddele werk op ‘n sinergistiese wyse om die immuunstelsel te verbeter.
5/5
“Ek is so beïndruk met hierdie produk. My seun het geen probleem om dit te neem nie en hy is gesonder in elke opsig. Ek sal hierdie produk sterk aanbeveel vir enigiemand wat sukkel met babas wat siek is.“
Michelle Steyn
Bestanddele in Manna Immune Support
As jy na die bestanddele hieronder kyk, kan jy sien hoekom hierdie produk uitstekend is vir die verbetering van die immuunstelsel. Ons gebruik slegs drie bestanddele in Manna Immune Support om die effekte van elke bestanddeel ten volle te benut.
Eucalyptus-ekstrak (flavonoïede en polifenole) (1)
Die antioksidant-eienskappe in die flavonoïede en polifenole van hierdie natuurlike eucalyptus-ekstrak is selfs hoër as druiwesaad-ekstrak.
Die anti-virale en anti-inflammatoriese eienskappe is ook baie hoog, wat help om inflammasie en immuunrespons siektes te veg.
Kankerbos (Sutherlandia frutescens) (2)
Sutherlandia is een van Suid-Afrika se beste immuunversterkers. Dit word al eeue lank gebruik om griep en chroniese siektes soos tuberkulose en kanker te behandel (en die afgelope tyd is daar baie teorieë oor die voordelige effek daarvan in MIV/VIGS-infeksies). Hierdie kruie moet nie as genesend beskou word nie, maar as 'n bykomende ondersteuning vir ‘n persoon wat aan siekte ly.
Spirulina (3)
Hierdie superkos is iets waarsonder niemand kan gaan nie. Die spirulina in hierdie produk is geoes uit 100% suiwer, natuurlike fonteinwater in die Franschhoek-vallei en is die suiwerste vorm van spirulina in die wêreld.
Gesondheidsvoordele van Spirulina:
Hoog in vitamien B-12 en B-kompleks
Versterk die immuunstelsel
5/5
“Dit is die tweede winter dat ek nie verkoue of griep gekry het nie weens die gebruik van Manna Immune Support. Ek begin die produk neem in Maart voor die winter en gebruik dit tot Augustus – ek neem twee tablette in die oggend en twee na aandete. Voorheen kry ek minstens twee keer elke jaar verkoue gekry. Ek beveel hierdie produk sterk aan om jou immuunstelsel te versterk gedurende winters.“
Deon Fourie
Koop Manna Immune Support aanlyn nou!
Manna Immune Support is beskikbaar by
5/5
“Ek is ‘n kankerpasiënt en neem nou al ‘n rukkie Manna Immune Support. Ek vind hierdie produk fantasties, my doktersondersoeke het goed afgeloop en geen ander siekte (dws griep, ens.) gedurende die wintermaande nie. Dit is ook ’n plesier om met so ’n doeltreffende maatskappy sake te doen.”
Ina Aberdein
Hoe om dit te neem
Dosis
Een kapsule drie keer per dag, met kos
Hoe veilig is dit?
Natuurlik en organies: Ja
Vervaardig in NSF CGMP fasiliteit: Ja
100% vry van bymiddels: Absoluut
Potensiële allergene: Koring, bevat geen suiwel nie
Diabeties vriendelik: Absoluut
Raklewe: Een jaar gewaarborg
Kontra-indikasies
Slegs as allergies vir bestanddele
Swangerskap en laktasie
Vrywaring
Manna Immune Support is ‘n nutriëntaanvulling en nie ‘n medisyne nie
Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?
Ja, jy kan Manna Immune Support saam met enige ander medikasie gebruik. Wanneer op Warfarin, neem hierdie produk twee ure voor of twee ure na jy Warfarin geneem het.
5/5
“My man gebruik Manna Immune Support vir die laaste drie jaar, vandat hy bestraling gekry het vir kanker in sy larinks. Tot nou toe is hy nog skoon. Manna Immune Support is suiwer Sutherlandia, die Suid-Afrikaanse kankerbos, wat voordelig is om kanker te genees en te voorkom.“
Anette Van Heerden
Koop Manna Immune Support aanlyn nou!
Manna Immune Support is beskikbaar by
5/5
“Very happy with the product”
Ronelle
Bestanddele in Manna Immune Support
- ANTIMICROBIAL ACTIVITY AND PHYTOCHEMICAL ANALYSIS OF EUCALYPTUS TERETICORNIS BARK AND LEAF METHANOLIC EXTRACTS – International Journal of Pharmaceutical Sciences Review and Research Volume 4, Issue 2, September – October 2010; Article 021
- May 1, 2003 vol. 133 no. 5 1286-1290
- Food Chem., 2005, 53 (21), pp 8162–8168
- Medical News Today November 24, 2008
- Proc Natl Acad Sci U S A. 2008 Jul 1;105(26):9099-104.
- J Agric Food Chem. 2008 Dec 24;56(24):11621-30.
- Nutr Cancer. 2009;61(3):381-9.
- Cancer Lett. 2011 Jun 1;305(1):1-7.
- Hypolipidemic, Antioxidant and Antiinflammatory Activities of Microalgae Spirulina – Cardiovasc Ther. 2010 Aug; 28(4): e33–e45.