Menopause

Manna Menopause Support

Oorwin die simptome van menopouse en voel wonderlik!

Sekere aanvullings kry ons nie in ons daaglikse dieet nie maar mens het hierdie aanvullings nodig om die liggaam se balans tydens menopouse reg te stel.

Manna Menopause Support information is also available in English

Manna Menopause Support is beskikbaar by

5/5

“Manna menopause support saved not only my relationships with other people, but also gave me new energy and I feel like my old normal self. My emotional rollercoaster days are gone and forgotten and I am again in control of my emotions. This product is highly recommended to women who wants to use a more natural product and remedy for their menopausal symptoms.“

Lize

Wat is Manna Menopause Support?

Manna Menopouse Support is ons eie, unieke formule wat goed nagevorste verbindings insluit om simptome verwant aan menopouse, te verlig.

Dit is nie ‘n medisyne of ‘n HVT (hormoonvervangingsterapie) nie, maar ‘n natuurlike, plantgebaseerde nutriëntaanvulling wat die liggaam help om estrogeen te vervaardig. Sodoende word die natuurlike siklus van menopouse en die verwante simptome daarvan teëgewerk.

Hoe werk Manna Menopause Support?

Manna Menopause Support help met die verbetering van vaskulêre stabiliteit. Die produk bevat fito-estrogeen en het soortgelyke voordele as estrogeen wat van diere afkomstig is. Die ander voedingstowwe is vir verhoogde beendigtheid.

Die verskillende bestanddele werk op ‘n sinergistiese wyse om te help om die simptome van perimenopouse en menopouse te verminder. Die kombinasie van hierdie bestanddele help om menopousale simptome te verlig.

Wat is "fito-estrogeen"?

“Fito-” is ‘n Griekse stamwoord wat “plant” beteken. Estrogeen is ‘n vroulike hormoon wat funksies in beide vroue en mans reguleer. Alhoewel fito-estrogeen van plante afkomstig is, funksioneer dit baie soos die estrogeen in ons liggame.

Voordele van Manna Menopause Support

  • Help om warm gloede te verlig
  • Help om gemoedskommelinge uit te balanseer
  • Verhoog energievlakke
  • Help om libido te verhoog
  • Help om vaginale droogheid om te keer
  • Kan help om slaap te verbeter
  • Help met die verbetering van geheue en breinfunksie
  • Help om stres te bestuur
  • Help om stamina te verhoog
  • Help om osteoporose te verminder
5/5

“Ek sal hierdie produk beslis aanbeveel vir enigiemand wat aan menopouse ly veral vir vroue met konstante warm gloede. Ek gebruik dit nou net vir ‘n maand en ek het die afgelope twee weke geen warm gloede gehad nie. Dit is ‘n wonderlike produk en dit is alles natuurlik. Ek is mal oor die Manna-produkte, want dit werk regtig”

Elsabe Swiegers

Aktiewe Bestanddele

Bloekomboombas-ekstrak (flavonoïede en polifenole) (1)

Hierdie ekstrak is ʼn anti-oksidant en help om die immuunstelsel te versterk.

Polifenole help om warm gloede en ander simptome van menopouse te verminder. Dit help ook met die voorkoming en teëwerking van osteoporose en borskanker.

Sojaboon-isoflavone – Fito-estrogeen (2)

Die hoofkomponente van soja is proteïene, sojaboonolie en koolhidrate. Al hierdie komponente het gesondheidsvoordele, maar die soja-isoflavone is verantwoordelik vir ongelooflik baie gesondheidsvoordele. Daar is in 100g gedroogde sojabone ongeveer 200mg soja-isoflavone.

Maca-wortel (Peruaanse Ginseng) – Fito-estrogeen (3)

"Peruaanse Ginseng" is van Suid-Amerika en word al hoe meer populêr in die Verenigde State vir die suksesvolle ondersteuning van energie, stamina en libido. Dit help ook met hormoonbalansering vir mans en vroue.

Maca word gebruik vir menopousale simptome en menstruele versteurings. Dit help ook om energievlakke ‘n hupstoot te gee en kan dien as ‘n anti-stresmiddel.

Kalsium laktaat – Kalsiumaanvullings (4)

Kalsium laktaat kan toegedien word om te help met lae bloedkalsiumvlakke (hipokalsemie), osteoporose en vir die vookoming van post-menopousale osteoporose.

Vitamien E (5)

Vitamien E is 'n noodsaaklike anti-oksidant wat deur die liggaam benodig word. Dit help om die menopousale simptome, veral warm gloede en nagsweet, te verminder. Dit dien as 'n plaasvervanger vir estrogeen en werk in perfekte sinergie met die res van die bestanddele in Manna Menopouse Support om die simptome van menopouse te verlig.

Vitamien D – Kanker voorkomende effek (6)

Hierdie klein wonder van 'n vitamien speel 'n sentrale rol in baie liggaamsprosesse en is noodsaaklik vir menopousale vroue. Studies het dit gekoppel aan die voorkoming van hartsiektes, osteoporose, diabetes, kanker en gewigstoename. Die probleem is egter dat soveel as die helfte van volwassenes 'n tekort aan vitamien D het en dus nie die voordele kan geniet wat hierdie vitamien bied nie. Manna Menopoase Support bevat genoeg vitamien D om aan jou aanbevole daaglikse vereistes te voldoen.

5/5

“Die beste natuurlike produk – ek wens ek kon veel vroeër hiervan geweet het. Ek moet sê dat ek reeds ‘n paar veranderinge sien. Die warm gloede en sweet, veral in die nag, word draaglik. Verder het ek opgemerk dat ek nou vir ‘n paar uur kan slaap sonder om onderbreek te word deur ondraaglike sweet, ‘n luuksheid vir iemand soos ek wat nie kan slaap nie. Ek kan nie wag om te sien hoe die resultate oor ‘n maand sal wees nie. Ek is so dankbaar dat ek op hierdie produk afgekom het, en ek sal dit met graagte aanbeveel vir enigiemand wat die ongemaklike simptome van menopouse ervaar.”

Thato

Koop Manna Menopause Support aanlyn nou!

Manna Menopause Support is beskikbaar by

5/5

“’n Baie goeie produk vir vroue wat die simptome van menopouse probeer verminder. Dit het my warm gloede geweldig verlig, ek slaap beter in die nag. Ek sal dit beslis aanbeveel. My simptome het nie verdwyn nie (geen tablet sal dit doen nie), maar die aanvulling het die menopouse simptome aansienlik verminder. Dames, dit sal dalk nie vir almal werk nie (ons is almal verskillend) maar probeer dit ten minste vir ‘n maand en kyk wat gebeur. Onthou, daar is geen wondermiddel nie. Ek sal voortgaan om hierdie produk te koop. Dankie”

Roshan

Dosis

Neem daagliks twee tot ses kapsules saam met kos. Begin met een in die oggend en een in die middag.

Die dosis sal van vrou tot vrou verskil volgens die erns van die menopousale simptome.

As die inname van twee kapsules per dag nie help nie, verhoog die dosis na vier en dan na ses per dag.

Vir groter doeltreffendheid en meer verligting van ernstige menopousale simptome, stel ons voor dat Manna Menopause Support saam met een van ons ander produkte, Manna CLA geneem word.

Indien op Warfarin, gebruik die produk twee ure voor of twee ure na die Warfarin.

Wie kan dit gebruik?

Hierdie produk is voordelig vir alle vroue ouer as 16 wat hul hormone wil reguleer. Dit is veral geskik vir vroue wat sukkel met menopousale simptome.

Indien op Warfarin, gebruik die produk twee ure voor of twee ure na die Warfarin.

Kontra-indikasies:

Slegs as allergies vir bestanddele

Swanger

Is dit veilig om te gebruik?

  • Natuurlik en Organies: Ja
  • Vervaardig in ‘n cGMP-fasiliteit: Ja
  • 100% vry van bymiddels: Absoluut
  • Potensiële allergene: Koring, bevat geen suiwel nie.
  • Diabetesvriendelik: Absoluut
  • Raklewe: Een jaar gewaarborg

Kan ek dit saam met my huidige medikasie gebruik?

Ja, Manna Menopause Support is veilig om saam met enige ander medikasie te gebruik.

As jy op HVT’s is, kan jy ook die produk gebruik, maar jy kan ook van HVT’s na die Manna Menopause Support oorskakel as jy menopousale simptome op die natuurlike manier wil teëwerk.

5/5

“Hierdie produk is ‘n juweel, ek is so bly ek het dit gevind en my familie bedank jou ook, want my gemoedskommelinge is stabiel. Baie dankie.”

Kerry

Koop Manna Menopause Support aanlyn nou!

Manna Menopause Support is beskikbaar by

5/5

“Ek gebruik hierdie produk nou al vir drie maande. Dit help baie met my menopouse simptome. Ek het gesukkel met warm gloede en kan sê dit is beter. Nie weg nie, maar beter. Dit is beslis die moeite werd om te probeer”

Anne-Marie

Navorsing oor die aktiewe bestanddele

  1. NTIMICROBIAL ACTIVITY AND PHYTOCHEMICAL ANALYSIS OF EUCALYPTUS TERETICORNIS BARK AND LEAF METHANOLIC EXTRACTS – International Journal of Pharmaceutical Sciences Review and Research – Volume 4, Issue 2, September – October 2010; Article 021
  2. Soy Isoflavones have a favourable effect on bone loss in Chinese postmenopausal women with lower bone mass: a double-blind, randomized, controlled trial. – J Clin Endocrinol Metab. 2003 Oct;88(10):4740-7
  3. Use of Gelatinized Maca (Lepidium Peruvianum) in Early Postmenopausal Women – Int J Biomed Sci. 2005 Jun; 1(1): 33–45
  4. The use of calcium and vitamin D in the management of osteoporosis – Ther Clin Risk Manag. 2008 Aug; 4(4): 827–836