Insulien weerstandigheid is besig om vinnig te versprei onder mans.
Die hartseer van die saak is dat mans nie eers besef dat hulle in gevaar is van insulien weerstandigheid nie.
Dit mag dalk wees omdat hulle nie noodwendig so oplettend is oor hierdie tipe gesondheids probleme en die waarskuwende tekens van insulien weerstandigheid soos wat vrouens is nie.
Wat presies is insulien weerstandigheid?
Insulien weerstandigheid is ‘n gesondheidsprobleem waar die pankreas nie genoeg insulien vrystel nie, of waar die insulien wat vrygestel word nie effektief is nie.
Siende dat insulien die hormoon is wat bloedsuiker vlakke beheer, kan dit ‘n tragiese uitwerking hê op ons gesondheid.
Insulien weerstandigheid kom dikwels gepaard met gesondheidskwessies soos hoë bloedsuiker vlakke, vetsug, en diabetes.
Wat veroorsaak insulien weerstandigheid?
Die hoof oorsaak van insulien weerstandigheid is ‘n ongesonde leefstyl. Dit sluit dinge in soos slegte eetgewoontes en om nie aktief te wees nie.
Insulien weerstandigheid onder mans is besig om drasties toe te neem, so hier is die tekens en simptome om voor uit te kyk.
Wat is die tekens van insulien weerstandigheid in mans?
Donker kolle op die vel –
Dit is medies bekend as “acanthosis nigricans”. Hierdie donker kolle maak gewoonlik hul voorskyn op plekke soos die onderarms, elmboë, knieë, lies, kneukels, en op die agterkant van die nek.
Vleismoesies –
Dit is nou soos die Engelse taal sê “skin tags” en word dikwels op dieselfde plekke gevind as acanthosis nigricans. Dit is klein vel-knoppies wat so klein kan wees soos ‘n puisie, maar ook so groot soos ‘n albaster. Gewoonlik is dit dieselfde kleur as die vel, maar kan soms donkerder ook wees.
‘n Groter middellyf –
Insulien weerstand loop gewoonlik hand-aan-hand met gewigstoename. Dit is veral gevaarlik om ekstra gewig rondom die middel te dra, so wees op die uitkyk vir wanneer jou middel groter as 95cm is.
Aknee –
Insulien weerstandigheid kan maak dat ‘n volgroeide man se gesig lyk soos dié van ‘n tiener seun. ‘n Skielike uitbraak van aknee is gewoonlik ‘n baie duidelike teken van insulien weerstandigheid. Dit kan ook voorkom op die bors, rug, en nek.
Moegheid of uitputting –
As jy heeldag moeg en uitgeput voel vir geen duidelike rede, is dit ook ‘n moontlike teken van insulien weerstandigheid.
“Mood Swings” en depressie –
Hoewel daar heelwat fisiese tekens is van insulien weerstandigheid, is hierdie die grootste emosionele tekens daarvan.
Veranderinge in eetlus –
Insulien weerstandigheid kan maak dat jy ewe skielik begin lus kry vir soetgoed of gemorskos – al het jy nooit tevore nie. Dit gaan ook dikwels gepaard met ‘n uiterse dors.
Slaapapnee –
Daar is ‘n noue verband tussen insulien weerstandigheid en slaapapnee. Die presiese rede daarvoor is nog onbekend, maar die feit bly staan dat mans met insulien weerstandigheid ‘n groter kans het om dit te ontwikkel.
Seksuele impotensie –
Erektiele disfunksie kan enige man in die verleentheid stel. Maar ongelukkig vir mans met insulien weerstandigheid is dit die voorland. Om dan nog sout in die wond te vryf vererger seksuele impotensie emosionele probleme soos depressie en selfbeeld probleme.
Hoe kan ek insulien weerstandigheid stop?
Die beste manier om insulien weerstandigheid onder beheer te hou is deur ‘n paar eenvoudige leefstyl veranderinge aan te bring. Dit sluit in:
Oefening–
Oefen vir ten minste 30 minute per dag, vyf dae ‘n week.
Gewig–
Bereik en behou ‘n gesonde gewig.
Dieët –
‘n Gesonde, gebalanseerde en kalorie-beperkte dieët word aanbeveel.
Manna Blood Sugar Support –
Hierdie natuurlike produk help vir insulien weerstandigheid omdat dit help om die bloedsuiker vlakke onder beheer te hou.
Wat is Manna Blood Sugar Support?
Die Manna Blood Sugar Support is ‘n natuurlike gesondheidsaanvulling wat uit die peule van die Prosopis (Mesquite) boom gemaak word, en dit het geen negatiewe newe-effekte soos baie chemiese alternatiewe het nie.
Hoe werk Manna Blood Sugar Support?
Manna Blood Sugar Support meng met die kos wat ons eet en stel die suiker stadig uit hierdie kos in die bloedstroom vry. Wat dit beteken, is dat die bloedsuiker vlakke in die liggaam nie skielik opskiet nie, en die pankreas nie hoef ‘n klomp insulien vry te laat nie.
Nog ‘n ding om te doen wanneer jy probeer om jou bloedsuikervlakke stabiel te kry, is om op te hou om die ongelooflike effek van die Manna Blood Sugar Support te bestry deur dinge te eet wat heeltyd probeer om jou bloedsuikervlakke te skiet.
Neem dan ‘n Manna Blood Sugar Support tablet of twee met elke ete, en dit sal help om te verhoed dat jou bloedsuiker deur die dak skiet.