Wil jy gesond bly gedurende die koue maande? Goeie dermgesondheid kan help!
Jy weet wat om te doen om virusse en bakteriële infeksies weg te hou: was jou hande gereeld, eet vitamienryke kosse en neem immuunversterkers.
Iets wat jy dalk nie aan gedink het nie, is om jou dermgesondheid te verbeter.
Gesonde ingewande kan ook jou immuunstelsel versterk. As jy jou derms gesond hou, kan jy makliker siektes afweer en dan hoef jy nie gereeld platgetrek te word deur ‘n nare verkoue nie.
Wat is jou immuunstelsel?
Die immuunstelsel is ‘n uitsonderlike sekuriteitstelsel.
Die immuunstelsel is ‘n komplekse netwerk van selle, weefsels en organe wat jou liggaam help om infeksies en siektes te weerstaan. Hierdie stelsel vind vreemde indringers in jou eie liggaam en produseer teenliggaampies om hulle uit te roei. Die immuunstelsel werk ook om te verhoed dat skadelike stowwe, soos virusse, bakterieë en gifstowwe, jou liggaam binnedring.
Die mees algemene dele van die immuunstelsel sluit in:
– Witbloedselle
– Teenliggaampies
– Limfatiese stelsel
– Beenmurg
Daar is ander liggaamsdele soos jou vel, longe en spysverteringskanaal wat ook skadelike stowwe afweer.
Navorsing oor die funksie van die spysverteringskanaal het die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei en wetenskaplikes het gevind dat jou ingewande baie meer doen as om net kos te verteer.
Hoe beïnvloed my ingewande my immuunstelsel?
Jou spysverteringstelsel is nie net ‘n goeie manier om die noodsaaklike elemente – soos vitamiene, minerale, energie, proteïene en vet – uit die kos wat jy verbruik, te onttrek nie. Dit werk ook in samewerking met ander stelsels binne die liggaam, insluitend die bloedsomloopstelsel, die senuweestelsel en die limfatiese stelsel.
Die sportdieetkundige en voedingkundige, Mitch Smith, gebruik die beeld van versterkte kasteelmure om te verduidelik hoe ingewande jou help om gesond te bly. Hy verduidelik:
Die voering van die dermwande bevat gespesialiseerde weefsel wat in Engels Gut Associated Lymphoid Tissue (GALT) genoem word en hierdie weefsel kyk uit vir enigiets wat in die bloedstroom opgeneem is wat moontlik skadelik kan wees.
GALT is dig gepak met Peyer se plakette, wat klein, gespesialiseerde massas limfatiese weefsel is. Hulle werk is om slegte bakterieë op te spoor, te vang en te neutraliseer.
Dink aan GALT as ‘n kasteelgrag en mure, terwyl die Peyer se plakette die boogskutters is wat net die vyand (slegte bakterieë) afskiet terwyl hulle vrye toegang aan die vriendelike magte (goeie bakterieë) gee.
Ons liggame het immuunselle wat ons teen skadelike bakterieë verdedig, maar om ‘n gesonde dermflora te hê, help hierdie selle om hul werk doeltreffend te doen.
Vesel wat in jou ingewande deur “goeie” bakterieë afgebreek word, produseer butiraat, ‘n vetsuur, wat sirkulasie na die dermwand verhoog.
Hierdie proses is noodsaaklik vir die herstel en groei van gesonde kolonselle, en dit help om “slegte” bakterieë in toom te hou sodat die Peyer se plakette hul werk kan doen om jou te beskerm.
As die vyand (slegte bakterieë) eksponensieel groei en oor jou fortmure begin klim, sal jou boogskutters sukkel om hul werk te doen.
Goeie dermgesondheid help dus om die vryhand te verminder sodat jou immuunstelsel sy werk makliker kan uitvoer.
Alhoewel vriendelike bakterieë nie direk met ‘n virus self interaksie het nie; bevorder hulle dermgesondheid en, gevolglik, ‘n gesonde immuunstelsel.
Hoe verbeter ek my dermgesondheid?
Om jou ingewande se gesondheid te verbeter, wil jy hê goeie bakterieë moet groei, groei, groei.
Hier is wat jy kan doen:
Voed jou goeie bakterieë
Eet baie vesel. Voordelige bakterieë floreer op vesel. Eet voedsel soos vrugte, groente en volgraan, wat veselryk is. Dit kan die groei van voordelige bakterieë bevorder.
Eet kosse met probiotika. Gefermenteerde kosse soos jogurt, kombucha, kefir en suurkool bevat reeds nuttige bakterieë wat kan help om reaksies van die immuunstelsel te reguleer. Jy kan ook ‘n probiotiese aanvulling neem.
Neem ‘n aanvulling. Die neem van ‘n probiotiese aanvulling kan die aantal goeie bakterieë in jou ingewande verhoog en hulle help om vinniger te groei. Jy kan Manna Gut Support probeer. Hierdie aanvulling help om spysverteringsbakterieë (goeie flora) en noodsaaklike verteringsensieme te herstel.
Eet ‘n verskeidenheid kosse. Hoe meer divers jou mikrobioom is, hoe gesonder sal jy wees. As jy ‘n groter verskeidenheid mikro-organismes in jou ingewande wil hê, moet jou dieet alle soorte kosse insluit. Sluit meer gesonde bestanddele in wat nie deel van jou huidige maaltydplan is nie.
Verhonger jou slegte bakterieë
Voel jy lus vir ‘n soet doughnut (oliebol) wat drup met ryk sjokoladeversiersel? Slegte bakterieë sal ook daarvan hou. Slegte bakterieë floreer op hoogs verwerkte voedsel en kosse met baie suiker.
Die meeste verwerkte voedsel in supermarkte kom in pakkies en boksies en voedseletikette het lang lyste bestanddele. Probeer om hiervan weg te bly en kies eerder iets veselryks en vars.
Kry genoeg slaap
Om elke nag sewe tot nege ure te slaap, kan help dat gesonde dermbakterieë groei. As jy swak slaap kan inflammasie vermeerder en die aantal voordelige bakterieë in die ingewande kan verminder.
Beheer jou stresvlakke
Wetenskaplikes sê dat angs en depressie deur die ingewande beïnvloed word. As jou mikrobioom ongebalanseerd is, kan dit jou bui beïnvloed. As jy angstig is, kyk mooi na jouself. Maak tyd om aktiwiteite te doen wat jy geniet. Jy kan ook in ‘n joernaal skryf, mediteer of met ‘n vriend praat.
Vermy antibiotika
Jy sal dalk antibiotika moet neem as jy ‘n bakteriële infeksie het. Maar die gebruik van antibiotika maak nie net slegte bakterieë dood nie, dit vernietig ook nuttige bakterieë.
Gewoonlik veroorsaak antibiotika ‘n korttermyn-afname in voordelige dermbakterieë, maar dit kan ook langtermyn-effekte hê, aangesien bakterieë nie altyd teruggroei tot dieselfde hoeveelhede na antibiotika-behandeling nie.
Dit is die beste om proaktief te bly – sorg goed vir jou immuunstelsel sodat jy skadelike bakterieë kan afweer en antibiotika kan vermy.
Samevatting
Moenie dat verkoue en griep die koue maande vir jou ellendig maak nie – wees proaktief deur jou ingewande gesond te hou. Om dit te kan doen, moet jy jou goeie bakterieë laat groei. Eet veselryke kosse en vermy hoogs verwerkte, suikerryke goed. Jy kan ook jou stresvlakke bestuur en goeie slaap inkry.
Veg verkoue op ‘n natuurlike manier
Manna Gut Support help om bakterie (goeie flora) in jou spysverteringstelsel en om noodsaaklike verteringsensieme te herstel wat help om jou spysverteringskanaal gesond te hou en jou immuunstelsel te versterk.
Wat is Manna GUT Support?
Manna GUT Support is ‘n natuurlike aanvulling wat help om die spysverteringsbakterieë (goeie flora) en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal te herstel. Dit help om die gesondheid van die mdermkanaal te verbeter en die immuunstelsel te versterk.
Hoe werk dit spysverterings probleme?
Manna GUT Support herstel die goeie bakterieë en noodsaaklike ensieme in die spysverteringskanaal, help met die verligting van spysverteringskanaal-verwante gesondheidsprobleme, en verhoog die immuunfunksie van die liggaam.
The Manna GUT Support bevat GEEN van die hoof potensiële allergene en bevat ook GEEN bymiddels
Wat is die voordele van Manna GUT Support?
- Help om die natuurlike balans in die spysverteringskanaal te herstel
- Help om verteringsgesondheid en die funksie van die immuunstelsel te verbeter
- Geskik vir gewigsverlies, PCOS, IBS, insulien weerstandigheid, diabetes, candida, onvrugbaarheid, psoriasis, hoë bloeddruk en hoë cholesterol.
- Die verskillende bestanddele werk holisties om die mikroörganismes in die spysverteringskanaal te balanseer.
- Spysverterings ensieme help met die afbreek van kosse
- Probiotika verskaf die ‘vriendelike’ dermflora wat die ingewande beskerm teen skadelike bakterieë, en L-Glutamien help met die vernuwing van die binnekant van die spysverteringskanaal.